Media

BLAME THE MEDIA, M’LUD!

As daar waarde geheg moet word aan Malema se uitlatings oor nasionalisering, en geglo kan word dat beslaglegging op blanke eiendom sonder vergoeding die swartes se voorneme is, is BLAME THE MEDIA, M’LUD, waarskynlik een van die intelligentste opmerkings wat hy tot nog toe gemaak het! Die rol van die media in die internasionale gedruis van volkere as ook hier plaaslik, word heeltemal onderskat!  Klimaatskepping en meningsvorming is tot ‘n  fyn kuns ontwikkel wat massas mense in ’n vooraf bepaalde rigting lei.

DIE SWYE VAN DIE KERK:

Terwyl die onmenslikste wreedhede daagliks deur swartes teen blankes gepleeg word en die Regime daaroor voete sleep en selfs doof en blind is daarvoor as daar nie gróót bohaai oorgemaak word nie, swyg die kerk in al elf tale!

Miskien is dit nie heeltemal waar nie!  Die kerk spreek hom wel uit.  Die kerk beskou dit as noodsaaklik om juis in hierdie tyd sterk standpunt in te neem oor apartheid, oor rassisme en oor die Belhar belydenis, waarin die media hom voorgaan! Die kerk het hierin die Afrikanervolk se grootste vyand geword!

Na 1986 se verklaring van apartheid as sonde deur die NG-Kerk, word begrippe soos Afrikanerskap, konserwatisme en volkskap verdag gemaak uit kerkgeledere terwyl nie ’n woord oor die verwerplikheid van Kommunisme, liberalisme en humanisme gesê word nie!

In ’n berig in die Beeld koerant se dr. Isak Burger van die AGS:  “Dis ’n tragedie dat dieselfde foute skaars 17 jaar ná die val van apartheid herhaal word”.

DIE ROL VAN DIE MEDIA

Die vetletter opskrifte op die voorblaaie van koerante soos:  “EK IS ’N RASSIS, SÊ DS. PIET”,

‘KERKLUI OPGEWONDE OOR BELHAR-BESLUIT’, “NET NIE VERWOERD!”, “DEEL JULLE GROND, BOERE”, LERAARS BID VIR VREDE BY HOF”, is die soort berigte wat daarop gerig is om ’n bepaalde klimaat en/of denkrigting te propageer.

Die verswyging van behoudende- en standpunte wat die handhawing van eiesoortigheid beklemtoon, het bv. die gevolg dat sommige eertydse konserwatiewe Afrikaners nou selfs openlik oorweeg om ’n party soos die DA te ondersteun met hulle kruisie op 19 Mei .

Die DA wat deur middel van hulle Leidster in die openbaar verklaar dat sy die Freedom Charter onderskryf en  sedert Jan Smuts en genl. Louis Botha se SAP-party nog strykdeur teen die Afrikaner opgestel was, is nou deur die media só vooropgestel dat dit vir sommige behoudende Afrikaners aanvaarbaar geword het!

Selfs ’n sogenaamde “Vryheid stasie” soos Radio Pretoria staan soveel tyd aan woordvoerders van die DA af, dat sy luisteraars nie anders kan as om die indruk te kry dat dit die enigste uitweg is om iets vir die Afrikaner te bereik nie. Die waarheid dat dit juis die pad van totale en onafwendbare vernietiging van die Afrikanervolk is, word so volledig verswyg dat die sosio-ekonomiese kwellings, wat slegs die simptome van die DA se integrasiebeleid is, die sluier oor die politieke werklikheid van beleid en beginsel getrek het! Soos uitgespel in die Freedom Charter,  wat nou openlik deur die DA onderskryf word, is elke Afrikaner wat vir die DA in hierdie komende verkiesing stem, sy eie grootste vyand!

Nie net is daar géén beginsel en beleidsverskil tussen die DA en die ANC nie, maar is daar ook géén vordering op die vryheidspad van die Afrikaner deur te stem om die lewering van dienste te verbeter nie!  Die  beste benadering is om weg te bly van die stembus af omdat daar géén moontlikheid is om in ’n een-mens-een-stem situasie iets anders te doen dan om die Afrikaner verder te benadeel met erkenning aan die wetmatigheid van die Regime deur die trek van jou kruisie nie!