1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5279430

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

BROEDERTWIS?

“AS JY IN DIE STELSEL INGAAN, SAL JY NOODWENDIG IN DIE STELSEL OPGAAN.” (Jaap Marais)  

Broedertwis in Malema hofsaak?

Hierdie vetletter opskrif op die voorblad van Rapport is swanger van uiteenlopende betekenisse.  Enersyds aksentueer Rapport die diepgaande verdeeldheid tussen Afrikaners.  In ’n tyd waar Afrikaners geledere behoort te sluit, bly die hoofstroom Afrikaanse media die instrument wat die verdeeldheid lewendig hou.

Andersyds word die veragtelike en doemwaardige blatante opsweping om Boere te moor, asook die bedenklike wyse waarop die “hofsaak” ingerig is en hanteer word totaal ignoreer. Dit ten spyte van die wreedaardigste en mees barbaarse wyse waarop Boere en hulle gesinne nog daagliks om die lewe gebring word nadat hulle vir ure lank gemartel, verkrag en vermink is.  In die lig hiervan sluit die woord Boer vanuit Malema en genote se geledere, duidelik  alle Afrikaner blankes in.

Die AVP se kritiek teen AfriForum, Solidariteit, Agri SA en ook TLU-SA was en is deurgaans dat onderhandeling, deelname en gesprek met die Regime geen heil vir die vryheidstryd van die Afrikaner inhou nie.  Dit is Kallie Kriel se openbare uitlating, dat dit mense soos advokaat Roelof du Plessis is, TLU se regsverteenwoordiger, teen wie hy nog sy hele lewe lank baklei, wat veral AfriForum en Solidariteit se “stryd vir die Afrikaner” in helder perspektief plaas.

Hulle uitgangspunt is nie om die Afrikaner sy regmatige erfenis te laat terugkry nie, maar om die huidige stelsel van rasgemengdheid te laat werk!  Adv. du Plessis se geregverdigde opmerking wat verwys na FW de Klerk en die Broederbond se werkwyse, belig AfriForum se aandeel in die verdeeldheid onder Afrikaners nie as verdeeldheid oor strategie nie, maar as aversie teen die de Klerk metode om tyd te koop vir ’n politieke skikking soos met die NP-regering se 80/20 benadering.  Dat Kriel hom kan vererg omdat du Plessis beswaar het oor adv. Martin Brassey wat AfriForum verteenwoordig, waar Brassey aan Malema verklaar het dat hy begrip het vir die Jeugliga se aandrang op vinniger grondhervorming, kan nouliks anders vertolk word!

Dit is duidelik dat die Blanke Mynwerkersvakbond, net soos die NP, die NG-Kerk, die ATKV en talle ander Afrikanerorganisasies gekaap is en van binne na links geswaai is deur sogenaamde “goeie Afrikaners”.  Dit het telkens begin met die “oopstelling” vir alle rasse en uiteindelike aanvaarding van die “Nuwe Suid-Afrika” van de Klerk en genote.

Dit was mnr. Jaap Marais wat telkens gewaarsku het dat as jy in die bestel ingaan sal jy in hom opgaan soos Jan Smuts.  Jan Smuts wat ’n ge-eerde Veggeneraal in die Anglo-Boereoorlog was, maar later die Engelse oorheersing aanvaar het en deel daarvan geword het, het so daarin opgegaan dat hy nie geskroom het om ’n Boere held soos Jopie Fourie voor ’n vuurpeloton te laat sterf nie!

Met Flip Buys van Solidariteit wat verklaar  in ‘n onderhoud met Rapport van 17 April  dat Julius Malema hom laat dink aan “vêrregse ekstremiste” en Kallie Kriel wat nog sy lewe lank veg teen mense soos adv. Roelof du Plessis wat  beswaar het oor adv. Martin Brassey wat,  aan Malema verklaar het dat hy begrip het vir die Jeugliga se aandrang op vinniger grondhervorming, wat het ons dan anders as ’n verlengstuk van die de Klerk verraad, die IDASA Komplot of die Conservative Dialogue Program?  Organisasies en party wat almal deel was van die voorbereiding en uiteindelike onderwerping aan die Rasgemengde, Kommunistiese, Swart Meerderheidsregime, waarvoor sommige van ons nou nog ontvanklik gemaak moet word?

Ek wil weer verwys na die waarde van die Doleansie van Hervormde gemeentes en die effek daarvan op die liberales wat die mag uit hulle hande sien glip!  Quo Vadis Afrikaner?

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie