Media

MALEMA KLAAR PRESIDENT?

DIE “PRESIDENSIËLE”  BEHANDELING VAN MALEMA DEUR DIE SUID-AFRIKAANSE REGSTELSEL

Die platform wat die media vir Malema geskep het vir sy verdediging in die Gelykheidshof, kan vergelyk word met dié van ’n president vir die lewering van sy begrotingstoespraak!  Terwyl hy teregstaan op klagtes van haatspraak, wat beter verstaan sou kon word as dit beskryf was as aanstigting om Boere te vermoor, word terselfdertyd op die bedenklikste wyse denkbaar, in die hof hanteer.

Asof hy reeds die president van Suid-Afrika is, word hy met handskoene hanteer en toegelaat om  bykans elke vraag met ’n hele toespraak tot groot vermaak van sy ondersteuners te be-antwoord. Hy word toegelaat om die betekenis van woorde en uitlatings belaglik te maak en sy eie vertolkings daaraan te heg wanneer dit hom pas.


 

’n Beeldradioskerm van formaat word buite die hof opgerig asof sy verwronge begrip van die betekenis van woorde soos “skiet die Boer” nie kan beteken dat dit bedoel word om Boere te skiet nie, van internasionale belang is!  ’n Beter platform vir steun werf onder mense met dieselfde begripsvermoë as hy, kon die reg nouliks bedink het!

Wat hopelik positief uit hierdie futiele oefening kan uitkom, is die bewys van die vrugteloosheid van debat tussen Blank en Swart!  Hulle verwysingsraamwerk verskil só drasties van dié van die blanke, dat sinvolle gesprek oor wat regverdig en wat onregmatig is, nie bestaan nie.

Daarbenewens is daar vir dié Blankes wat dit tot nou toe nie wou glo nie, sonder omhaal van woorde gesê dat:

  1. Die Freedom Charter steeds die bloudruk van die ANC is,
  2. Die Blankes se besit sonder vergoeding (soos in Rhodesië) gevat gaan  word,
  3. Verbod op die dra van wapens in openbare plekke slegs op blankes van toepassing is
  4. Die Boere op plase vermoor word omdat hulle die werkers mishandel
  5. Dat die regstelsel aangepas gaan word
  6. Dat waar wette bestaan wat hulle nie pas nie, dit verander sal word! (demokraties, natuurlik)

Op “JuJu”, (Beeld se troetelnaam vir Malema) se aanbeveling sal daar nou ook buite die hof liewer met mekaar gepráát word op soeke na ’n oplossing.  Dit terwyl hy onomwonde verklaar dat die rewolusie nie verby is nie.  Dit kan ’n geweldige bydrae tot die Afrikaner se vryheidsideaal wees indien TLU en AfriForum na dese wil erken dat daar nog nóóit ’n rewolusie met gesprek en/of onderhandeling gestuit is nie.  En om te dink dat dit in Afrika deur ’n hof aksie bereik kan word, kan slegs in die denke van post moderniste  setel.  Die uitslag sal deur die gesindheid van die gepeupel bewys  lewer van die naïwiteit, indien nie die berekendheid van die vyande van die Afrikanervolk nie!