Media

REGSE AFRIKANERS DEMONSTREER HULLE ONGEDULD MET LINKSES

Die groot ontevredenheid wat onder lidmate van die Hervormde kerk ontstaan het omdat die kommissie van die algemene kerkvergadering van die Hervormde Kerk, die beswaar van ontstelde lidmate teen die kerk se verwerping van apartheid, koelbloedig van die hand gewys het, is besig om vinnig na die oppervlak te kom. 

Ten spyte van die chaos en uiterste ellende wat deur die afskaffing van apartheid onder Afrikaners ontketen is, was dit nie genoegsame rede vir die kommissie van die algemene kerkvergadering van die Hervormde Kerk om na sy beswaardes te luister nie.

Beswaarde lidmate van die Hervormde Kerk   het by die algemene kommissie beswaar gemaak teen Besluit 54 van verlede jaar se algemene kerkvergadering, waarin die kerk apartheid verwerp het.
 Dit verskil nie wesenlik van die Belhar-belydenis nie en volgens hulle weerspreek dit die kerk se reformatoriese teologie.
Die algemene kommissie het nie een van die besware gehandhaaf nie, maar het die teologiese kwessies wat die beswaardes geopper het na die algemene kerkvergadering in 2013 verwys.
Die kommissie het egter reeds op sy onlangse vergadering besluit om op grond van Besluit 54 aan die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke oor die Hervormde Kerk se moontlike hertoelating tot die gereformeerde ekumene te skryf.

Hierdie blatante arrogansie van die alewige klompie liberale humaniste wat hulle weg na beheer posisies in die kerke op geveinsde behoudende wyse beding en dan hulle liberale suurdeeg daarvandaan begin versprei, is besig om die wind van voor te kry!

Die “opstand” wat reeds kulmineer het in dertien dolerende gemeentes het nou die algemene kerkvergadering tot ander insig gebring!   Hulle verwys na die dreigende kerkskeuring wat afgewend moet word terwyl die beswaardes duidelik te kenne gegee het dat hulle nie van plan is om te loop nie.

Dit is duidelik dat die finansiële verlies wat die moontlikheid het om al groter te word, waarskynlik die grootste oorweging vir die “gemoedsverandering” van die liberales is.

Dit het tyd geword dat die liberale teoloë in ons Afrikaanse kerke uitgewerp word en nie bloot net aan bande gelê word nie.

Die onberekenbare skade wat ons volk al gely het deur kerk en staat te laat oorneem deur liberaliste, kom tot uiting in die uiterste vorm van verontregting, nl. volksmoord en onteiening van ons totale besitreg  soos in die vooruitsig gestel deur Malema in sy onderhoud “hard talk” van die BBC.  Sy bekentenis dat die bespreking van onteiening in die vergaderings wat hý bywoon, nie strook met die ministers se verklarings na buite nie, kan sonder twyfel as waar aanvaar word..

 Volgens ’n verklaring van die kerk, het die kommissie verskeie kundiges se advies ingewin.   “Die “oorweldigende”  meerderheid van hulle stem nie saam met die wese van die beswaardes se argumente nie, “  (Beeld van Donderdag 17 Maart  2011.)   Daar word egter geriefshalwe nie gesê wie of hoeveel “kundiges” geraadpleeg is nie.

 

Dit het tyd geword vir Afrikaners om op te staan teen hierdie “stert swaai die hond” sindroom waaraan ons nou al vir jare blootgestel is.  Apartheid is nié sonde nie, dit is nié ‘n verwerplike beleid nie, dit is ‘n Godgegewe lewenswyse wat die skeidings beginsel van die Bybel handhaaf  tot verheerliking van ons Skepper  in die verskeidenheid van volke, nasies en tale, maar wat deur die magte van die duisternis vernietig wil word!  Magte wat deur Afrikaner predikante gesteun word sonder wie ons kan klaarkom!

 

As doleansie ‘n afskrikmiddel is, dan moet ons dit maar deurtrek na al die ander terreine waar ons veronreg word.  As skeuring vir die linkses ‘n bedreiging is, dan word dit nog ‘n wapen in ons hand, ook op ander terreine dan die kerk!