1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5229015

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

KAN MALEMA-SAAK AFRIFORUM EN SOLIDARITEIT TOT BESINNING BRING?

Die haatspraak-saak wat Afriforum (Solidariteit) teen Julius Malema aanhangig gemaak het en wat vanaf 11 April 2011 in die hof aangehoor sal word, mag vir ander redes as wat Afriforum dink, dalk vêrreikende gevolge hê.

Volgens Willie Spies, regsverteenwoordiger van Afriforum, kan ‘n uitspraak ten gunste van Afriforum, die vrese wat onder mense bestaan oor die “Kill the Boer”- aanhitsing van Malema, moontlik besweer. Malema en die ANC is weer van mening dat die lied “onskuldige” bedoelings het en deel van hulle “tradisie” is. Die waarheid is dat die lied met ‘n doel gesing word en deel van ‘n proses is om Swartes aan te hits om die Blanke “verdrukkers” te vermoor. Swartes leef met ‘n blaam-kultuur waarin ander altyd die blaam moet kry vir hulle eie onvermoë.

Hulle onbevoegdheid, agterlikheid, agterstande, gebrek aan intellek, luiheid, armoede, ensovoorts, is alles die Blankes se skuld. Die woord Blank is met apartheid vervang en daarom kry jy die belaglike situasies waar enigiets vandag apartheid se skuld is.

 

Wat ook al met die hofsaak gebeur, die ANC en Malema gaan nie van hierdie tipe haatspraak en die blaam kultuur afsien nie. Wat wel gaan gebeur is dat Afriforum en Solidariteit nou ook in die visier van die ANC gaan kom. Want hulle het met hierdie saak die ware ANC ontbloot eerder as om net ‘n liedjie te probeer verban. Afriforum het ‘n waarheid oopgekrap – dat die ANC die Blankes in hierdie land wil uitwis - iets wat die ANC nie wou sien die Blankes moes besef nie. Afriforum het gekrap waar dit nie veronderstel was om te jeuk nie.

 

Tot dusvêr was die verhoudinge tussen Afriforum (Solidariteit) en die ANC gemoedelik en is eersgenoemde as laasgenoemde se bondgenoot gesien om die “nuwe” Suid-Afrika te laat werk. Dit was met hierdie “gematigde” Afrikaners dat die ANC ‘n pad wou loop. Afriforum moes die Afrikanerdom oorreed dat sy toekoms in “konstruktiewe betrokkenheid”, eerder as verset lê. Met hierdie hofsaak kan die prentjie dramaties verander. Afriforum kan nou, net soos die “regse” Afrikaners, as opstokers, “rassiste” en elke skeldnaam waaraan gedink kan word, getipeer word. Iets wat Afriforum ten alle koste wou verhoed.

 

Malema se steun lê in radikale Swart geledere. Sou hy daarin slaag om weer as president van die ANC-Jeugliga herkies te word, sal sy steun oornag ongekend groei en sy uitsprake nog meer radikaler word. Vir Zuma self sal die stoel waarop hy sit baie ongemaklik word. Want dan sal Malema ook vir hom ‘n probleem raak. Dit sal Zuma noop om ook meer radikale uitsprake te maak om die massas te paai. Wat verdere verwydering met Afriforum kan beteken.

 

Wanneer Afriforum en Solidariteit gaan besef dat die Afrikaner se antwoord in verset, eerder as gematigdheid lê, sal nog ‘n stap nader aan vryheid gemaak word. Want dan sal baie Afrikaners besef dat die ANC ons almal vir die gek hou.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie