1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6339898

Besoekers aanlyn

Ons het 46 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

HOE BESKERM DIE AFRIKANER HOMSELF TEEN MISDAAD?

Wanneer ons na misdaad verwys, verwys ons na enige handeling wat deur wetgewing verbied word en strafbaar is deur ‘n regsproses.   In enige beskaafde land met ‘n verantwoordelike regering, word misdaad dus beperk deur die mate waarin oortreders van die wet effektief vervolg, gevonnis en gestraf word. Die Afrikanervolk word huidig deur ‘n vlaag van moord, verkragtings, kapings, aanrandings en talle ander misdadige optredes van hoofsaaklik swart barbare geteister.

Na 17 jaar se blootstelling hieraan behoort elke blanke in ons land te begryp dat die regime nie die wil het om dit stop te sit nie en dat ons derhalwe self verantwoordelikheid daarvoor moet aanvaar as ons wil oorleef!  Dít is op die oomblik die belangrikste gemeenskaplikheid waaraan aandag gegee behoort te word omdat daar niks is wat gedoen kan word as jy dood en begrawe is nie!

As ons onsself effektief wil beskerm, is dit egter noodsaaklik dat ons ‘n deeglike kennis van die krimineel, sowel as die struktuur wat hom moet beheer moet hê.  Die doelwit van dié kennis het alles te make met die voorkoming en beheer van die misdaad waaraan ons blootgestel is.

In ‘n boek met die titel Misdaad Voorkoming Strategieë, geskryf deur CMB Naudé en R Stevens in 1988, is daar interessante studies oor die moontlike oorsake en aanleidende sosiologiese faktore tot die krimineel se misdaad geneigdheid waarvan ek met erkenning aan hulle, net kort aanhalings vir perspektief op ons toestand vir u voorhou.   

DIE BIOFISIESE BENADERING

  1. Vanuit ‘n kriminologiese oogpunt kan die volgende faktore bydra tot misdadigheid:
  2. Liggaamsbou en misdadige gedrag
  3. Oorerwing
  4. Chromosoom afwykings
  5. Fisiese gebreke
  6. Intelligensie
  7. Biochemiese en neurologiese steurnisse.

DIE INTRA EN INTER PSIGIESE BENADERING

Volgens die intra psigiese benadering word afwykende of versteurde gedrag verklaar na aanleiding van interne patologiese prosesse in die mens self, wat normale aanpassing in die gemeenskap belemmer.

Hoewel verskillende sielkundige benaderings ten opsigte van aspekte soos persoonlikheid kenmerke en sielkundige steurnisse ontwikkel het, was die basiese uitgangspunte dat:

  1. Die oorsake van misdadige gedrag binne die individu setel,
  2. Misdadige gedrag die manifestasie van innerlike steurnisse is,
  3. Psigiese probleme reeds in die vroeë kinderjare ‘n aanvang neem
  4. Hoewel die omgewingsfaktore moontlik tot die probleem kon bygedra het, die hoofrede vir die probleem in die individu self setel.(Shoemaker 1984:41)

DIE SOSIOLOGIESE BENADERING

Vanuit ‘n kriminologiese uitgangspunt word gekonsentreer op ‘n verskeidenheid afwykende sosiale of maatskaplike omstandighede wat met misdaad gepaard gaan.

  1. Armoede
  2. Swak behuising
  3. Ontoereikende ontspanningsfasiliteite vir jeugdiges.
  4. Ontoereikende opvoedkundige en beroepsopleiding
  5. Sosiale ongelykhede
  6. Hoë mobiliteit en snelle sosiale veranderinge
  7. Aanleer van anti sosiale en misdadige gedrag en normale gedragspatrone.

DIE MEGANIESE EN FISIESE-MILIEU BENADERING

Eers gedurende die sestiger en sewentiger jare het daar ‘n klemverskuiwing gekom a.g.v. die geskrifte van Jane Jacobs 1961, Newman 1973 en Jeffrey 1973 wat beweer dat misdaad meer effektief kan voorkom word deur beter beheer uit te oefen oor die fisiese milieu waar die misdaad gepleeg word.  Daar word dus eerder gekonsentreer op die misdaadsituasie en nie soseer op die misdadiger nie.   Die belangrikste uitgangspunt hier is dat die geleenthede vir misdaad pleging in die fisiese omgewing voorkom moet word, aangesien die pleeg van ‘n misdaad meestal ‘n rasionele besluit is en nie soseer te wyte is aan patologiese, biofisiese, psigiese of sosiale faktore nie.

Daar is bevind dat ‘n misdadiger by die besluit om ‘n misdaad te pleeg, die risiko, beloning en toeganklikheid in ag sal neem, terwyl faktore wat hom van misdaad sal weerhou, bewoning, alarms, bure se teenwoordigheid of sigbaarheid, verbygangers wat sy aktiwiteite kan waarneem, en honde is.

Wat interessant is, is dat slotte, diefwering en ander maatreëls as minder effektiewe faktore in die afweer van die misdadiger se besluit is om misdaad te pleeg.  Die  beter beheer  oor die fisiese milieu waar die misdaad gepleeg word is natuurlik in baie gevalle kostig en waar effektief toegepas, bloot die misdadiger se fokus na ‘n meer toeganklike gebied verskuif.

WETLIKE SANKSIES EN STRAF AS MISDAADVOORKOMING MODEL

Die klassieke skool, gestig deur Beccaria1738-1794 en Bentham 1748-1832 wat die mens as vrye individu beskou het wat rasioneel en logies kan dink en handel, het daarop neergekom dat hy ‘n doelbewuste keuse(vrye wil) kan uitoefen wat sy gedrag betref.   Bentham het verder ook geglo dat die mens inherent gemotiveer word om plesier te soek en pyn te vermy.   Om misdaad te voorkom en individue van misdaad te weerhou, moes die gemeenskap dus ‘n sekere graad van pyn (straf) oplê om die voordele  (plesier) van misdaad te neutraliseer.  Straf moes by die misdaad pas en nie soseer by die oortreder nie.),

Reeds sedert die ontstaan van die klassieke skool word dus sterk klem gelê dat wetlike sanksies en die vrees vir straf ‘n belangrike metode is om ‘n gemeenskap en misdadigers van misdaad te weerhou.   Misdaadvoorkoming word omskryf as die voorkomende effek  wat die werklike straf of strafbedreiging van oortreders op voornemende oortreders het.

Die sekerheid en felheid van straf sal dan voornemende oortreders afskrik en sodoende misdaad voorkom.   Navorsing het egter daarop gewys dat sekere vorme van misdadige gedrag nie deur wetlike-en strafmaatreëls voorkom word nie, veral in die geval van geweldsmisdaad.   Professionele misdadigers en dwelmgebruikers word ook nie daardeur afgeskrik nie.   Tot sovêr uit die boek Misdaadvoorkoming strategieë.

In ‘n tweede aflewering kyk ons dan meer indringend na ons eie benarde posisie en moontlike maatreëls om onsself te beveilig

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie