Media

HET FW DE KLERK MOED GEHAD?

WAS HY ‘N LEIER?

Die opskrif in Rapport van 6 Maart 2011 lui:  Die moed van ‘n leier wat weet wanneer om uit te tree.   Dít is die afleiding van Bill Keller van die New York Times wat hierdie artikel geskryf het.

Hy sê onder andere in die berig dat sowel Gorbatsjof as de Klerk het begin as hervormers, oftewel politici wat ‘n aaklige stelsel minder aaklig wou maak, eerder as om dit af te skaf.  Hy sê verder dat as ‘n mens kyk na vandag se outokrasieë in die Midde-Ooste, het de Klerk en Gorbatsjof die bykans ondenkbare vermag. Die vraag wat dadelik by ‘n mens opkom is, wat is die motivering vir só ‘n berig wat deur Rapport geplaas word van ‘n vyandige Amerikaanse verslaggewer, juis nou?

Dat Keller ‘n opperste leuenaar is, word weerspieël in feitlik elke stelling wat hy maak!  Stellings soos: “Die mag van ‘n onregmatige elite prysgegee sonder om ‘n bloedbad in sy land te skep.”  “’n Suid-Afrika waarin swart mense geslagte lank onderdruk is.”  As Keller hierdie soort onsin in die buiteland kwytgeraak het, sou mens dit nog kon verstaan.   As hy egter dink om daarmee de Klerk se verraad en Amerika se betrokkenheid daarby te verdoesel, sit hy die hele Afrikaanse pot mis!  Miskien is dit ook sommer die beste beskrywing vir dit wat hy in bo-vermelde artikel kwytraak, ‘n pot mis!  Die bedoeling met die berig is egter bedenklik.

Miskien sal dit goed wees om eers te kyk na wie hierdie Bill Keller is!  

Columnist Biography: Bill Keller

Bill Keller became Op-Ed columnist and senior writer for The New York Times Magazine as well as other areas of the newspaper in September 2001. reviously, he served as managing editor from 1997 to September 2001 after having been the newspaper’s foreign editor from June 1995 to 1997. He was the chief of The Times bureau in Johannesburg from April 1992 until May 1995.

Before that, he had been a Times correspondent in Moscow from December 1986 to October 1991, the last three years as the newspaper's bureau chief. He won a Pulitzer Prize in March 1989 for his coverage of the Soviet Union.

Mr. Keller joined The New York Times in April 1984 as a domestic correspondent based in the Washington bureau. Before coming to The Times, Mr. Keller had been a reporter for The Dallas Times Herald since October 1982. From 1980 until 1982, he was a reporter for the Congressional Quarterly Weekly Report in Washington, covering lobbyists and interest groups. He was a reporter for The Portland Oregonian from July 1970 until March 1979.

Born on January 18, 1949, Mr. Keller graduated from Pomona College with a B.A. degree in 1970 and completed the Advanced Management Program at The Wharton School of the University of Pennsylvania in July 2000. He is currently a member of the board of trustees of Pomona College. Mr. Keller is married to Emma Gilbey. Ms. Gilbey is a writer and the author of a biography of Winnie Mandela.

Met die datums wat hierbo aangedui word vir die tydperke wat hy in Moskou en daarna in Suid Afrika betrokke was, is dit duidelik dat nie alle sameswerings bloot teorie is nie!

Dat Keller ‘n glasie wil klink op dié twee leiers wat soos hy dit stel, op “waardige” wyse opsy gestaan het, is vir ons Afrikaners glashelder duidelik!  Sy blatante verdraaiing van die feite en misdadige verswyging van die waarheid bestempel hom egter allermins as ‘n waardige verslaggewer aan wie ruimte gegun kan word in enige Suid Afrikaanse koerant!   Maar nou ken ons mos ook die rol van die huidige media.

Die enigste positiewe ding uit Keller se berig is dat ons nou nog ‘n naam ken wat as definitiewe vyand van die Afrikaner bekend geword het.  Keller se lofrede vir die feit dat in de Klerk se oorgawe bloedvergieting en ‘n oorlog vermy is, laat ‘n wrang smaak in ‘n mens se mond as ons die daaglikse moorde, verminkings en verkragtings in aanmerking neem waarvan die omvang deur geen onlangse of  huidige oorlog ge-ewenaar kan word nie!  Klaarblyklik is dit nie vir Keller te aaklig nie!

As Keller-en-genote dink dat hulle die “demokrasieë” wat hulle gevestig en help vestig het se gevolge gaan vryspring, is daar heelwat van beheer en bestuur en van reg en geregtigheid wat hulle nie verstaan nie!