1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6123179

Besoekers aanlyn

Ons het 38 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

STYGENDE BRANDSTOF KOSTE: GEEN EINDE IN SIG NIE.....

Die prys van alle petrol styg op 2 Maart met 43c en die prys van diesel met 63c per liter vir motor diesel (diesel met 'n swawelinhoud van 0,005%). Dit beteken dat 95-oktaanpetrol in Suid-Transvaal R9,42  en 93-oktaanpetrol R9,27 per liter sal kos. Op 'n tenk van 60 liter veroorsaak die die verhoging 'n kostestyging van sowat R26,00, wat meebring dat die motoris wesenlik drie liter minder petrol as tans vir dieselfde bedrag geld ontvang. Vir diesel is die toestand selfs erger. Die prysverhoging van 63c per liter beteken dat 'n tenk van 60 liter in Maart R38,00 meer as in Februarie sal kos – die gelyke van byna vier liter.

Hierdie styging is die sesde agtereenvolgende vir petrol en die vyfde agtereenvolgende vir diesel. In September 2010 het 95-oktaanpetrol in Suid-Transvaal R8,07 per liter gekos (93-oktaan petrol kos 15c per liter minder). In Maart vanjaar sal 95-oktaanpetrol R9,42 per liter in suid-Transvaal kos – 'n verhoging van R1,35 oftewel 17 persent. Motor diesel sal daarteenoor in Maart R8,77 per liter kos – R1,42 of byna 20 persent meer as die vorige laagtepunt van R7,35 in Oktober 2010.

Verhogings van hierdie omvang raak uiteraard die sak en beplanning van die verbruiker. Teenoor sy verlies staan dat die petroleumbedryf se kontantinvloei skerp toeneem het, met gevolglik aansienlik groter winste. Daar word tans 2,5-miljard liter brandstof per maand verkoop. Op die veronderstelling dat dit half-om-half uit petrol en diesel bestaan, sal die maatskappye in Maart R540 000 meer uit petrol verkope en R790-miljoen uit dieselverkope ontvang as in Februarie - 'n toename van R1,3-miljard. Word die maandelikse verhogings sedert September 2010  in aanmerking geneem, sal die petroleummaatskappye se totale bykomende kontantinvloei uit petrol sedert September 2010 byna R3,5-miljard bedra. Soortgelyk kan aangetoon word dat die bykomstige kontantinvloei uit diesel sedert September 2010 teen die einde van Maart minstens R3-miljard sal bedra. Dit sal die bedryf se totale bykomende invloei op R6,5-miljard bring.

Hierby moet bykomend besef word dat dit nie die laaste verhoging gaan wees nie. Volgens die Departement Minerale en Energie (DME) se dagverslag was daar op 24 Februarie 'n onderverhaling van meer as 78c per liter op petrol. Die prysverhoging van 43c laat dus steeds 'n onderverhaling van 35c per liter petrol wat op 7 April by wyse van 'n verdere verhoging reggestel sal (moet) word. Dan tree ook die verhoogde aksyns (10c per liter) en die bydrae tot die Padongelukkefonds (8c per liter) in werking – 'n ongelooflike stommiteit wat die kommunistiese ANC-minister van finansies Pravin Gordhan in sy begrotingsrede aangekondig het. Die toestand vir diesel is soortgelyk.

Motoriste moet hulle derhalwe gereedmaak vir 'n verdere verhoging van sowat 50c per liter petrol en diesel op 7 April. Dit beteken dat nóg R1,25 miljard in April uit die sakke van verbruikers en vervoer gebruikers onttrek sal word en in die sakke van die petroleummaatskappye sal beland. Dit sal die totale bykomende invloei sedert September 2010 op naby R8-miljard te staan bring. Vervoermaatskappye sal die verhoogde diesel koste ook na die verbruiker deurgee. Sodoende sal oor die agt maande September 2010 tot April 2011 R8-miljard besteebare geld uit die verbruiker sak na brandstofkoste gevloei het. Geen wonder dat die handel en bepaaldelik die kleinhandel eenvoudig nie aan die groei kom nie en dat aanbiedings en uitverkopings steeds voortduur, ook op gewone verbruiksgoedere soos suiker, melk, rys en toiletpapier van goeie gehalte, ook deur die groot kettingwinkelgroepe.

Doelbewuste verswakking van die Dollar deur die VSA self

Daar word deurentyd deur die media verkondig dat die stygende olieprys daarvoor verantwoordelik is. Op die oog af lyk dit so. Word daar egter net effens dieper gekyk, word dit gou duidelik dat hier 'n grootskaalse misleiding plaasvind. Dit is moontlik omdat alle petroleum pryse in Dollar uitgedruk word. Die VSA volg egter 'n beleid wat doelgerig daarop ingestel is om die ruilwaarde of koopkrag van die Dollar te verswak. Reeds maande lank pomp die owerheid daar elke maand $60-miljard kontant in die ekonomie in. Dit beteken dat so 'n hoeveelheid papiergeld in die hande van die Amerikaanse bevolking geplaas word sodat hulle kan kóóp. Die hoeveelheid goedere en dienste wat daar in die ekonomie kom, het egter wesenlik tot stilstand gekom. Daar is derhalwe al hoe meer geld in omloop om die byna konstante produksie te koop. Dit is eenvoudig gestel inflasie in die grofste volle betekenis.

Ook internasionaal daal die Dollar waarde teenoor ander geldeenhede. Dit word doelbewus deur die VSA gedoen sodat Amerikaanse goedere en dienste “goedkoper” na ander lande uitgevoer kan word. Die Duitse invoerder hoef byvoorbeeld nou minder Euro as voorheen vir 'n miljoen Dollar te betaal. Omgekeerd is 'n vat olie nou meer van die nuwe goedkoper Dollar werd as van die duurder Dollar van voorheen. Oënskynlik styg die olieprys – maar net in Dollar waarde wat die enigste prys is wat bestaan. Let egter daarop dat daar geen verandering in die vraag na olie plaasvind nie. Wat gebeur is dat die ruilwaarde van olie teenoor die Dollar ten gunste van olie verander. Enkele maande gelede het verkeer in 'n groot deel van Europa weke lank tot stilstand gekom tydens die ongekende sneeuval. Effens later het dit ook die Noordelike deel van die VSA asook Kanada getref, asook dele van die Ooste. Dit het noodwendig 'n drastiese vermindering van petroleum verbruik tot gevolg gehad, wat die onmiddellike vraag na olie laat krimp het. Ook die heersende onrus in die Arabiese olielande wat nou aangevoer word waarom die olieprys in Dollar styg, is niks meer as verdoeseling van die werklikheid nie, naamlik dat dit geen wesenlike uitwerking op olie verskaffing sal hê nie.

Nog 'n werklikheid is dat Europa se grootste ekonomie, naamlik Duitsland, 'n kwart van sy totale olie invoer van 93,3-miljard ton in 2010 van sy naaste bure Brittanje, Denemarke en Noorweë ontvang, en byna die helfte van Oos-Europa af waar Rusland met 34-miljard ton die grootste aandeel in Duitsland het. Saam het Wes- en Oos-Europa 69,3-miljoen ton in 2010 aan Duitsland verskaf – byna driekwart van daardie land se olie aankope in die buiteland. Net Libië met 7,8-miljoen ton is onder die Arabiese lande noemenswaardig. Hoewel Suidelike Europa en by name Italië en Frankryk moontlik sterker op Noord-Afrika leun wat hulle olie invoer betref, toon Duitsland se oorheersende ekonomiese plek in Europa dat daardie wêrelddeel baie minder afhanklik van die Arabiese lande se olie is as wat met mediaberigte te kenne gegee word. Daarteenoor het die Arabiese olie uitvoerlande wesenlik geen ander bate nie en is hulle sonder twyfel meer afhanklik van die olie invoerders as omgekeerd.

Wat die VSA betref moet in gedagte gehou word dat benewens sy eie oliebronne hy 'n nou verhouding met die Suid-Amerikaanse olieprodusente Brasilië, Venezuela en Meksiko het, asook met Kanada wat in 2009 byna 100-miljoen ton olie uitgevoer het, stellig die meeste na die aangrensende VSA. Verder het Amerika deur bepaalde mense en families sterk bande met die oliebelange in onder meer Saoedi-Arabië, die grootste uitvoerder van olie in die wêreld - 3131-miljoen ton in 2009 (15 persent van alle olie uitvoer), met Rusland met 247-miljoen ton (12%) tweede, waarna Iran en Irak elk met sowat 110-miljoen ton (5%) kom. Selfs in die VSA se geval staan die Arabiese lande stellig nie so sterk as wat hulle graag sal wil staan nie.

Daar bestaan dus geen rede waarom die olieprys as sulks hoef te styg nie, allermins oor die onluste in Noord-Afrika. Die styging van die Dollarprys van olie is niks anders as skyn en misleiding nie. Die algehele oorsaak van die skerp toenames in die binnelandse brandstofpryse hoef nie daar gesoek te word nie. Dit berus in die formule vir die binnelandse pryse wat tagtig jaar gelede opgestel is met die doel om Caltex oor te haal om 'n raffinadery by Durban op te rig. Daarvolgens is bepaal dat die plaaslike kus prys van petrol (diesel was toe nog nie algemeen in gebruik nie) vasgestel sal word op die gelewerde prys van petrol in Durban hawe vanuit enkele raffinaderye in die Midde- en Verre-Ooste. By die vry-aan-boord prys is vervoerkoste, versekering en ander koste gevoeg terwyl daar ook oor 'n winsmarge (groot- en kleinhandel) ooreengekom is. Dit was daardie tyd 'n billike ooreenkoms vir albei die partye.

Intussen het omstandighede egter deurlopend verander. Ander petrol produsente het op dieselfde grondslag toegetree. Die Tweede Wêreldoorlog het bykomende geleenthede geskep, asook die verbetering in die ekonomiese omstandighede en die toename in werkgeleentheid wat tot hoër inkomste gelei het. Petrol- en later diesel gebruik het sterk toegeneem en die petroleumbedryf het spoedig die punt bereik waar hy op eie stoom kon aangaan. Die prysformule is egter nie aangepas nie. Ook is die petroleummaatskappye om strategiese redes vrygestel van die Maatskappywet se bepaling dat 'n maatskappy jaarliks 'n finansiële verslag moet bekendmaak. Tydens die sogenaamde sanksie tydperk is hierdie bepaling sterk propagandisties misbruik. Merkwaardig is wel dat selfs na die Kommunistiese rewolusie van 27 April 1994 die vrystelling van wins verklaring steeds gehandhaaf word. Dit terwyl daar al byna twintig jaar gelede vasgestel is dat die petroleumbedryf in Suid-Afrika vier keer so winsgewend as die wêreldgemiddelde is. Pleidooie om die formule te verander of selfs die brandstofprys van beheer te onthef word al jare lank uitgespreek, egter sonder dat daar aandag aan gegee word. Dit spreek vanself dat die oliemaatskappye heeltemal tevrede met die toedrag van sake is. Die Suid-Afrikaanse verbruiker is in hierdie opsig 'n gedwonge melkkoei van die oliebedryf.

 

Die prysformule en Dollar wisselkoerse

Die prysvasstellings formule is uiteindelik die hoofrede waarom brandstofpryse in Suid-Afrika drasties styg. Tydens die tydperk van vaste wisselkoerse die eerste twee dekades na die Tweede Wêreldoorlog het die formule vir alle partye bevredigend gewerk. Daar was weinig wisseling in die Rand-Dollarwisselkoers, en trouens in die Dollarwisselkoers met alle lande. Dollar is beskryf as good as gold en ten spyte van die anti-Amerikaanse gevoelens wat wêreldwyd bestaan het, is die VSA as die sogenaamde wêreldleier op elke gebied aanvaar, terwyl sy geldeenheid die verloop van transaksies met, tussen en selfs tot binne lande min-of-meer gerig het.

Gedurende die jare-sestig en veral die jare-sewentig van die vorige eeu het hierdie toestand van nirvana egter tot 'n einde gekom. Die las wat sy self geneemde leierskap op Amerika geplaas het, het binne- en buitelands bo sy vermoë uitgestyg. Afgesien daarvan dat die naoorlogse euforie nie meer deur die nuwe geslag aangevoel en voortgedra is nie, het ander lande, en by name Wes-Europa (Duitsland) enersyds en die Verre-Ooste (Japan) andersyds tot ekonomiese kragte ontwikkel, terwyl kleiner lande soos Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland tot binnelandse selfstandigheid gegroei. Dit het 'n bedreiging vir die destydse Amerikaans geleide wêreldorde geword wat uiteindelik tot die val van die Dollar vier jaar gelede gelei het.

Die onbestendigheid wat daar in hierdie opsig ontstaan het, het 'n sterk uitwerking op die brandstofprysformule wat tagtig jaar gelede in heeltemal ander omstandighede opgestel is. Daar is tans wisselende wisselkoerse wat vir verskillende lande verskillend verloop, bepaaldelik ten opsigte van die Dollar. Dit verloop ongeveer so:

1. Die daaglikse plaaslike pryse van brandstowwe word in sekere lande aan die Middellandse See en in Singapoer as uitgangspunt geneem.

2. Hierdie pryse word volgens die heersende wisselkoers van elke land se geldeenheid met die Dollar tot Dollar waarde omgereken.

3. Die gemiddelde omgerekende Dollarprys word volgens die gemiddelde Rand-Dollarwisselkoers daagliks na Rand omgereken en word die sogenaamde basisprys vir die dag.

4. Die berekende eind prys word dan teen die pompprys vir petrol en die maksimumprys vir diesel verreken. As die eind prys hoër as die pompprys is, is daar 'n onderverhaling, en as dit laer is, 'n oorverhaling.

5. Die onder- en oorverhalings word gaandeweg bymekaar getel oor 'n tydperk wat strek van die laaste Vrydag in een maand tot die Donderdag voor die laaste Vrydag in die volgende maand.

6. Die eindresultaat verskaf die inligting op grond waarvan die prysaanpassing geskied.

Die eerste drie stappe is bepalend. Veronderstel dat die prys net in Singapoer as uitgangspunt gebruik word. As die pompprys van petrol in Singapoer van dag tot dag dieselfde bly, maar die Singapoer dollar verstewig met 5 persent teen die VSA-dollar, sal die omgewerkte Singapoer prys van petrol in Dollar waarde met 5 persent styg. As die Rand-Dollarwisselkoers dieselfde bly, sal die Randwaarde van Singapoer petrol eweneens met 5 persent styg. Dit is ooglopend die gevolg van gebeure buite die invloedsfeer van Suid-Afrika, maar as dit voortduur gaan die petrolprys in Suid-Afrika die volgende maand met 5 persent styg. So word die brandstof gebruiker genadeloos aan gebeure buite die land onderwerp.

Verantwoordelike optrede in eie belang

Intussen is die brandstofverbruiker in Suid-Afrika genoodsaak om toenemend sy ry gewoontes en ry vereistes aan die toets van die werklikheid bloot te stel. As gevolg van die Depressie het die verkope van petrol die afgelope tyd sterk gedaal, selfs tot tien persent. Daar word nou berig dat mense hier soos in die VSA toenemend nader aan die huis vakansie hou en waar hulle ook al heengaan hulle ritte strenger beheer. Die gevolg is dat vulstasies in sommige streke noustrop trek, wat die voorsienings patroon nadelig raak. Dit geld veral dieselverkope aan vervoerders wat in die Depressie baie minder kontrakte ontvang om goedere te vervoer.

Motorryers word aangemoedig om die patroon van groter verantwoordelikheid nie net te aanvaar nie, maar ook vol te hou as dit miskien weer beter gaan. Ook boere en ander verbruikers van diesel word terwille van oorlewing gedwing om oplettender te wees. Terwyl die stelsel onregverdig en ongeregverdig is, ontneem dit die verbruiker en gebruiker nie van die verantwoordelikheid om elkeen in sy eie belang sy sake goed te beheer nie. Dit het reeds voelbare gevolge gehad en daar is geen rede waarom juis langs hierdie weg die onregverdigheid van die stelsel aandag sal geniet nie.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie