1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5316099

Besoekers aanlyn

Ons het 34 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Godsdiens

VERTROOSTING IN KRISISSE

Lees: Matt 5:4

Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word – Matt 5:4

Wanneer treur ‘n mens? ‘n Mens treur in krisistye. In die gelykenis van Lasarus en die ryk man het Lasarus ook getreur. Hy het baie krisisse gehad. Hy was oud, siek, honger en sonder vriende. Hy moes bedel vir krummels. Die honde het aan sy swere gelek. Aan die ander kant was die ryk man gesond, goed geklee en het elke dag vrolik en weelderig gelewe. In die oë van die mense was die ryk man ‘n gesiene persoon terwyl Lasarus ‘n boemelaar was. Jesus sien dit egter anders.

Hy gee nie eers in sy gelykenis vir die ryk man ‘n naam nie. Want hy is nie vir Hom so belangrik nie. Maar vir Lasarus gee hy ‘n naam. En ook nie enige naam nie. Hy gee hom die naam van die vriend van Hom wat Hy uit die dood opgewek het; die naam Lasarus.

Lasarus het swaar gekry op aarde. Hy het baie krisisse gehad. Hy het getreur. Maar hy het sy vertroosting in die hemel gekry. Hy is met sy dood deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. In teenstelling met hom is die ryk man wat geen krisis geken het op aarde nie, met sy dood na die hel. Nou treur hy weer sonder enige hoop. Is u lewe ook besaai met krisisse? Plaas u vertroue in God. Hy sal vertroos. Hy gee nie net vertroosting op aarde nie, Hy skenk ook die ewige lewe as troos.  Salig is diegene wat treur, wat krisisse het, wat swaarkry, want hulle sal vertroos word. Lê u bekommernisse in Jesus se hande neer. Hy gee vertroosting.

Gebed: Here Jesus, ek lê al my bekommernisse in U hande. Gee U vir my vertroosting. AMEN.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie