1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7446754

Besoekers aanlyn

Ons het 190 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

SKREEU EERS!

deur Izak de Vllliers

" Toe skreeu die manskappe en die ramshorings blaas. Toe stort die mure inmekaar en die manskappe gaan oor, die stad in. ( Jos. 6:20 )

 "Dit moes 'n drama gewees het om te ervaar. Die optog van die priesters wat die ramshorings blaas, die gewapende manne, die verbondsark van God, sewe dae rondom die verskanste, ommuurde stad Jerigo. En die opdrag is: alles wat gebuit word moet in die skatkis van die Here kom.

Weer is die Here se aanvalsplan en metode net mooi andersom as wat ons sou verwag het. Ons sou dink dis strategies beter dat die ark as heilige simbool liefs so ver as moontlik van die gevegstoneel gehou word. Maar nee, die ark gaan voor.

Ons sou dink die priesters kon na hartelus die ramshorings blaas, maar liefs in die laer, weg van die geveg af. Ons sou dalk reken dat die vyand ter wille van die verrassingselement so min as moontlik van ons moes opmerk, wat nog te se ons blootstel deur rondom die mure geraas te maak.

Les bes: as dit dan 'n geloofsgeveg moes wees met die aanvoerder van die Here en die ark vooraan, sou ons seker kon verwag dat die mure eers moes val voordat ons die aanvalskreet uitskreeu om te storm.

Ons verwag immers vandag nog dat God in ons lewe eers die wonder moet doen en die mure laat val, voordat ons hard jubel en begin optree. God verwag dat ons eers in die geloof moet jubel en "skreeu" in verwagting...en dan laat Hy die mure voor ons ineenstort.

'n Mens weet nie presies wat God hier laat gebeur het nie. ' Aardbewing? 'n Skudding? By die opgrawings van Jerigo is dit duidelik dat 'n katastrofe die mure laat tuimel het. Maar God maak seker dat Hy die grondslag van die opvolgende oorwinnings le. Soos Hy seker gemaak het dat Jesus self die grondslag van alle toekomstige oorwinning oor die dood le, en van ons klein alledaagse oorwinnings. Daarmee kan ons Hom vertrou: of ons tot Hom fluister...en of ons skreeu."

Dit sekerlik iets om oor na te dink in ons stryd.

Here ek glo, kom tog my ongeloof te hulp. Ons glo maar ons wag in ongeloof, versigtig tot die wonder gebeur!

Is dit nie dalk 'n geval van" nog 'n bietjie slaap nog 'n bietjie sluimer nie", en so word ons volk uitgemoor?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie