1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5746680

Besoekers aanlyn

Ons het 58 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Godsdiens

LEEF EK MET CHRISTUS?

BybelTitus 2:11-3:11

“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het – nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.” (:4-7).

Ons leef in ‘n samelewing waarin mense amper verleer het om verantwoordelikheid vir hul eie optrede te aanvaar.  Mense sal alewig verskonings en verwyte kan uitdink oor waarom hulle in slegte omstandighede verkeer, maar weinig sal erken dat dit menigmaal as ‘n gevolg van hul eie verkeerde optrede en/of besluite is.  Dit is makliker om die verskoning van moeilike kinderomstandighede te gebruik om ‘n lewe van verslawing te probeer regverdig as wat dit is om daarteen te veg en die mag van die bose te oorwin.  Dit is maklik om alewig kollegas en werkgewers te blameer vir jou finansiële verknorsing terwyl jy gedurig na geleentheid soek om nie deur harde arbeid jou brood te verdien nie.

  Dit is makliker om altyd die skuld vir jou verkeerde optrede en gedrag op ander te plaas en die fout by ander te soek om sodoende jouself te verontskuldig en jou persoonlike verantwoordelikheid te probeer ontduik.

 

Die maklike uitweg, is selde die regte uitweg.  Die maklike uitweg kry jou dalk uit die onmiddellike spervuur, maar laat jou meestal in ‘n groter verknorsing beland waar jy weer sal moet bontstaan om verskonings uit te dink om jouself te verplaas na ‘n ander plek waar jy kort-voor-lank weer op hete-kole gaan staan.  Dit is egter heeltemal onnodig om jou lewe soos ‘n voortvlugtige te leef deur alewig op die vlug te slaan vir jou omstandighede en probleme.  Die antwoord lê daarin dat jy sal vrede sluit met jou Skepper en die geskenk van saligheid uit Sy Hand sal aanneem.  Dit is nie nodig dat jy jou hele lewe prysgee om ‘n sendeling in Afrika te word en daar te gaan soek na die geskenk wat Hy u bied nie.  Inteendeel, daar is niks wat u kan doen wat verdienste aanbetref om hierdie geskenk te verdien nie, maar die keuse is egter of u dit wil aanvaar of nie. 

Die reddende genade wat aan die mense bewys is deur die versoening wat Jesus Christus vir elke ware gelowige bewerk het op Gólgota, word u onverdienstelik aangebied.  Dit is egter nodig dat u u hand sal uitsteek om dit aan te neem.  Dit is nodig dat u daadwerklik in u lewe sal ondersoek instel of u werklik wedergebore is in Jesus Christus of nie?  Dit is van kardinale belang om doodeerlik te wees met uself in die beantwoording van laasgenoemde vraag, want , onthou! – daar is inderdaad ‘n verskil daartussen om van Jesus Christus te weet en om Hom waarlik te ken.  Onthou tot watter ontnugtering Nikodémus moes gekom het onder Jesus se Woorde in Johannes 3:10:”Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?”  Ons kyk ook na Jesus se Woorde in vers 3 van dieselfde hoofstuk - “Jesus antwoord en sê vir hom:  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”  Laasgenoemde teksvers bevestig vir ons dat hierdie vraag, antwoord en keuse wat elke individu vir homself moet maak, met die hoogste eerlikheid en diepste selfondersoek gemaak moet word om te verseker dat jy jouself nie misgis met die ware stand van sake in hierdie verband nie. Hierdie is ‘n saak van hoogste erns, aangesien daar dalk nie ‘n kans is vir regstelling op ‘n latere stadium nie.

Daar is soveel mense wat hulself as Christene beskou, maar tog is hul eie eer en heerlikheid in hul lewens vir hul van groter belang as die eer van God en Christus.  Die Afrikanervolk is byvoorbeeld ook as ‘n Christenvolk gekenmerk, maar ons eie eer en tradisie is verhef bo ons God se eer en in die proses het ons vergeet dat ons Sy volk, Sy eiendom is, aangesien die klem te hard daarop geval het dat Hy mos ONS God is wat ons eintlik maar kan voorskryf soos wat ons Hom nodig het.  Ons het vergeet dat ons deur Hom in die lewe geroep is as ‘n volk om Sy eer en deugde te verkondig en ywerig in goeie werke voor Hom te leef.  Ons het vergeet dat ons veronderstel is om dood te wees vir die wêreldse begeerlikhede en sinsgenot en lewendig moet wees om ywerig vir Hom te leef om saam te bou aan Sy huis, aan Sy koninkryk hier benede, soos wat ons plegtig beloof het om as Sy volk te doen. 

Ons lees in 2 Tim. 2:13:”As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.”  Wanneer ons hierdie woorde lees, word ons eintlik skaam as ons dink aan ons lewenswandel voor Hom.  Ons besef hoedat Hy die reg in stand hou en dat katastrofies sou wees as Hy maar sou toegee soos wat ons as sondige mense toenemend afvallig en sondig raak.  Hy is egter getrou en daarom bly Hy onbeweeglik  staan om in Sy trou - menigmaal met sware straf en tug - ons tot inkeer te dwing wanneer ons nie vrywillig tot inkeer wil kom nie.  Hierdie is mos ware liefde – dit is ware trou, want as Hy Sy standaarde sou verslap en verlaag het, sou dit veroorsaak het dat ons verder en verder kon wegsink in ellende.  Hy verlaag egter nie Sy standaard nie, maar tree in goedertierenheid en trou tot ons beswil op deur ons in liefde te dryf tot die hoogtes waar Hy graag wil hê dat ons moet beweeg – sou ons tog maar net in gehoorsaamheid Sy Leiding volg.

Dit is vir ons so maklik om volgens God se riglyne te leef wanneer dit vir ons gerieflik is.  Ek kan my beginsels maklik by die kerk en in my huisgesin uitleef, want die mense hier voel immers soos ek en praat ook soos ek.  Inteendeel, ek kan dalk vir myself ‘n lang sedepreek op die hals haal wanneer ek op hierdie terreine anders as Christelik optree.  Die toets van opregtheid kom egter daarby in of ek bereidwillig is om op elke lewensterrein ‘n getroue dienskneg vir my Heer te wees.  Ons lees maklik met ‘n hofvaardige houding van Petrus se verloëning van Christus en dink hoe gemeen dit van hom was om skaam te wees om te moes erken dat Hy ‘n volgeling van Christus was.  Dit is seker waar, maar doen ek en u nie menigmaal dieselfde nie?  Bevind ek en u nie onsself ook somtyds in situasies en op lewensterreine waar ons ook te skaam is om openlik en opreg te erken dat ons volgelinge van Christus is nie? 

Dit is van uiterste belang dat ons weereens sal ag gee op die wekroep om in waarheid ons eie lewens in oënskou te neem om vas te stel wat die ware verhouding van myself met Jesus Christus is – Weet ek van Hom, of ken ek Hom regtig?  Kan ek met versekering sê dat ek met Hom gesterf het en van daardie oomblik af met Hom lewe of is ek nog besig om op die wêreld se dwaalweë te soek na die weg van die lewe?

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie