1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5522359

Besoekers aanlyn

Ons het 73 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Godsdiens

VERWAG SY VERLOSSING!

BybelLukas 1:67-80

“dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid, voor Hom, al die dae van ons lewe.”  (:74&75)

Dit was die Afrikanervolk ook ‘n tyd lank gegun om selfs ‘n Grondwet in ons Vaderland daar te kon stel wat ten doel gehad het om ‘n volk te rig om in heiligheid en geregtigheid voor God se Aangesig te leef en om Hom sonder vrees te dien.  Dit het nie beteken dat ons ‘n volk sonder sonde was en die volmaakte aardse bestel gevestig gehad het nie, maar veel eerder was ons Afrikanervolk bewus van ons afhanklikheid van God vir ons verlossing en vir ons lewensbestaan.  Ons het besef dat wanneer ons Hom verlaat en van Sy weë afdwaal, ons sal ondergaan en sal wegsink in ‘n modderpoel van ellende en verval a.g.v. die mens se sondige natuur. 

 

Die Afrikanervolk het op ‘n tyd sy roeping verstaan om die pad van heiligmaking te stap en voor God se Aangesig te wandel.  Dit was op hierdie weg dat ons van krag-tot-krag gegaan het op feitlik elke lewensterrein en wat ons laat skyn het soos ‘n verblindende lig in ‘n donker wêreld.  Ons was sigbaar tot aan die verste uithoeke van die aarde vir diegene wat in donker en doodskaduwee gesit het weens hul verstrengeldheid aan die vleeslike begeertes en hartstogte van die wêreld.    Daar was broederliefde en eensgesindheid onder volksgenote omdat ons nie elkeen “eiegeregtig” geleef het in die waan dat ons sonder sonde is nie, maar juis omdat elkeen geleef het in die wete dat daar vergifnis vir ons sondes is wanneer ons dit voor ons Saligmaker bely en laat staan.  Ons het die pad van vrede bewandel, aangesien mense mekaar in liefde vermaan het en nie uit afguns of om ander te verkleinneer of te belaster nie. 

 Die vraag op soveel van ons volksgenote se lippe vandag is dan weer natuurlik:  “Is daar nog redding vir ons volk van ons vyande?”  Sal God ons weer besoek om vir ons verlossing teweeg te bring in ‘n land wat inmekaarval weens die boosheid daarvan?  Menslikerwys kan ‘n mens seker baie vinnig “NEE” antwoord op hierdie vrae, maar vergeet ons dan WIE die God is wie ons aanbid?  Wanneer ons besef dat ons grootste vyand nie so seer ander volkere is nie, maar ons eie sondige en verkeerde natuur, laat dit ons fokus ‘n bietjie verskuif.  Dit laat ons ophou fokus op die gedugte teëstaander, terwyl ons eerder selfondersoek instel oor ons swakhede en tekortkominge.  Dit laat ons dalk tot die ontnugterde besef kom dat ons volk in breë trekke dalk sy eie grootste vyand geraak het.

Wanneer ons egter vir ‘n wyle ons fokus van die Afrikanervolk afneem en dit rig op die God van die oorblyfsel van ons volk, verdwyn die sondigheid van ons volk in die skadu van Sy barmhartigheid en genade.  Die troueloosheid van ons volk word oorskadu deur Sy onvernietigbare trou wat vir ewig bly staan.  Die suksesse en eer van ons volk se verlede word soos ‘n portret vir ons geskilder en ons besef dat die kosbaarste deel daarvan juis die raam van ons geloof was wat dit omsluit het.   Ons besef dan dat dit nie die duisternis is wat in ons Vaderland die oorhand gekry het nie, maar dat dit ons volk se lewenslig was wat al flouer begin skyn het en nie meer die duisternis verdryf het nie.  Ons word op hierdie punt dalk ontnugter deur die besef dat duisternis nie sondermeer kan bestaan nie, maar dat duisternis bloot die afwesigheid van lig is. . .

Waarom is dit dat ons lewenslig so verdof geraak het?  Is ons dalk verstrik in die genietinge van die lewe?  Is die eentonige deuntjie van geld, sport en vermaak wat ons liefde vir ons God en Sy Koninkryk hier op aarde laat verflou het, nie dalk soos die blaas van ‘n aanhoudende basuin waarop mense nie reageer nie, omdat hulle nie die erns hiervan verstaan nie?  As mense dan nie die basuin hoor wat blaas om ons op te roep om die stryd met volharding te stry  vir die Evangelie van Christus nie, wens ek dat hulle ten minste nie só doof sal wees vir die klop by hul harte se deure wanneer Hy daar aandoen nie. 

Dit is met diepe dank dat ek vandag besef wat ‘n voorreg dit is om deel te mag wees van ‘n volk wat deur God geroep is  om Sy werktuig te wees.  Dit is met groot teleurstelling dat ek besef dat hierdie volk nie aldag die erns van ons roeping besef nie.  Dit is met geloof dat ek glo dat Hy self die oorblyfsel van ons volk se harte van klip sal vervang met harte van vlees en om ons oë te open vir die waarheid.  Dit is met groot verwagting dat ons kan uitsien na die dag wanneer Hy weer Sy volk sal besoek om vir ons verlossing teweeg te bring.  Dit is met diepe ootmoed in my hart dat ek wag en waak en bid tot op hierdie dag. . .

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie