1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5182268

Besoekers aanlyn

Ons het 92 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Godsdiens

PAASEIERS VIR PAASFEES?

ISHTAR,  EASTER   EN  PAASFEES

Om haar seun Tammus (Nimrod) se opstanding uit die dode te gedenk,  het Semiramis ‘n groot fees ingestel.   Helderkleurige,  geverfde eiers is deur haar onderdane onder mekaar uitgeruil om  LEWE  UIT  DIE  DOOD voor te stel.

Hierdie fees is Ishtar genoem.

Dit was egter nie al wat deur die eier gesimboliseer is nie.   Daar is ook geglo dat Semiramis self voortgekom het uit ‘n groot eier wat ná die Sonvloed in die Eufraat gedryf het.   Die eier is, na bewering, deur visse tot op die wal gestoot en deur duiwe uitgebroei,  om daarmee voor te gee dat sy nie ‘n menslike geboorte gehad het nie.

Nietemin,  Ishtar het later “Easter” geword en ons ken vandag almal “paaseiers”.  

Paaseiers het niks met ons Christenfees, Paasfees, te doen nie, maar het sy ontstaan in die goddelose Babilon.

Die moeder-kind kultus is voortgesit in die Maria-Jesus verering.   In die Roomse kerk het Maria die sentrale – of hooffiguur van aanbidding geword, terwyl  Jesus op die agtergrond gebly het.   Die moeder-kind van Babilon word dus nou in die Roomse kerk onder ‘n ander naam vereer.

Ishtar, die Tammuzfees, wat altyd op 1 Mei plaasgevind het, se datum is so aangepas dat dit saam met Paasfees, ons Christenfees, gevier kon word – vandaar paaseiers tydens Paasfees.

LET  WEL:   Die hedendaagse New Age Movement lê ook klem op die viering van die “Easter” fees.

Luister ook wat sê Pous Paul V in sy gebed tydens een Paasfees:    “Bless, O Lord, we beseech thee, this thy creature of eggs, that it may become wholesome sustenance unto thy servants, eating it in remembrance of our Lord Jesus Christ.” ens…(My beklemtoning)

Gedurende die Ishtarfees, is spesifieke koeke gebak met ‘n  kruis( met sirkel bo) embleem op.   Hierdie embleem het Tammuz se naam verteenwoordig.   Later is die embleem vereenvoudig na “T”, (‘n kruis).

Herinner dit u nie aan die sogenaamde “hotcross buns” nie?   In die Babiloniese tyd is dit “Boun” genoem.

Hier is dit van belang om te weet dat die “T” (Kruis) teken wat deur die Roomse kerk gebruik word, nie sy oorsprong het by die Kruis van Christus nie, maar wel in ou Babilon, naamlik die “T” (met sirkel bo) – simbool van Tammuz se naam.   Die Roomse Kerk het selfs magiese krag hieraan toegeken en is gedurig as sulks besig daarmee.

Uit die boek van  “Elke New Age Knie Sal Buig” deur F.J. de la Guerre.

Met Paasfees, 22 April 2011, is dit belangrik dat Afrikaners ons kinders reg sal leer en die heidense en okkultiese oorsprong van gebruike in sommige van ons feeste wat God oneer aandoen , sal staak.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie