Afrikaner

BOODSKAP IN 2008 VAN DIE LEIER VAN DIE AVP BY DIE STIGTING VAN DIE PARTY

  • Danie Varkevisser

    In seker een van die onmagtigste tye van die Afrikanervolk se bestaan, sou dit roekeloos wees om nie indringend na die oorsprong van die onmag te gaan soek nie. As gelowige wat glo dat God die beskikker is van die lotgevalle van alle nasies, moet ‘n mens baie ver afgedwaal wees as jy dan nie eerste vra waarom God dan toelaat dat óns van Bloedrivier, Majuba en Magersfontein, nou deur barbaarse heidene in ons eie land onteer, vermoor, onteien en verarm word nie. Menslikerwys as oorwinnaars uit onoorwinbare veldslae, deur Hom gelei, om nou verkneg te word deur ‘n nasie wat ongelowig is en sonder die vermoë om hulleself te regeer.

    Dan antwoord God ons uit sy Woord vanuit Deuteronómium 28 en waarsku dat as ons sy gebooie nie gehoorsaam nie, die vreemdeling wat by ons is, hoër en hoër oor ons sal opklim en ons laer en laer sal afsak. Hy sal die kop word en ons die stert!

    God gee egter ook die oplossing in dieselfde gedeelte. As ons goed luister om al sy gebooie sorgvuldig na te kom wat Hy ons beveel het, dan sal Hy ons die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. Wat die vreemdeling aanbetref sal ons die kop wees en hy die stert, ‘n voorskrif wat natuurlik ook geld vir alle gelowiges.

    Dat John Vorster van beginsel afgewyk het met die Maori’s na die sluipmoord op dr Verwoerd en dat PW Botha daarop voortgebou het en De Klerk en sy kabinet ons uiteindelik verraai het in belang van die Imperiale moondhede se grypsug, is alles waar. As ons egter ná selfondersoek ons passiewe weerstand teen alles waarteen God ons waarsku bemerk, sien ons dan die omvang van ons sondigheid en ellende raak? Kom ons in opstand teen die onreg en bely en laat staan ons ons eie oortredings, of is die waarskuwings uit die Woord van God nie meer vir ons ‘n werklikheid nie? Selfs nie eers in die lig van wat ons nou beleef nie?

    Wanneer die riglyne uit God’s Woord en vanuit ons volkswording uit die verlede blote geskiedenis geword het, dit is dan wanneer ons vergeet van president Paul Kruger, generaal Hertzog, dr Malan, advokaat Strydom, dr Verwoerd en andere se vaste vertroue en onwrikbare geloof. ‘n Godgebondenheid wat ons die kop en nie die stert gemaak het nie, tot so ‘n mate dat ons die wêreld verstom het met die voorspoed en vooruitgang, waarby nie net óns gebaat het nie maar ook die nie-blanke volke, onder die beginsel van afsonderlike ontwikkeling.

    Dit is dus nie onderhandeling of kompromie, nie kapitulasie voor getalle of internasionale bedreiging, nie ontvlugting of prysgawe van beginsel, waarmee ons ons vryheid sal terugkry nie, maar deur gehoorsaamheid aan God en sy gebod.

    Laat ons dan teruggaan tot daar waar ons die leisels laat val het en die pad byster geraak het, hetsy deur misleiding, ditsy deur onvoorwaardelike trou aan insiglose leiers wat ons volk se verset aan bande lê deur die onderlinge wantroue en verdeeldheid wat noodwendig ‘n uitvloeisel van die afwyk van beginsel verteenwoordig en neerslag vind in integrasie.

    Samewerking in sake van gemeenskaplike belang, waarin wyle mnre Jaap Marais en Willie Marais ons voorgegaan het, geskoei op die gemeenskaplike beginsel van nasionalisme, werk onderlinge vertroue in die hand oppad na die hegte eenheid wat ons eens gehad het. Kom laat dit wat ons nou met ons oë sien en met ons ore hoor en aan ons lywe voel, ons oortuig dat dít wat in die plek van apartheid gekom het, naamlik integrasie, ontbreek aan die samestelling om te kon voorsien wat deur apartheid daar gestel was en nie kan voldoen aan die verwagtings wat geskep is nie.

    Daarom begin die Afrikaner Volksparty opnuut, met vaste vertroue en onwrikbare geloof, los van onderlinge wantroue, misleiding en bontpratery, maar op ou beproefde, suksesvol bewese beginsels, in belang van alle volke in Suid Afrika, met die vryheid en soewereine onafhanklikheid van die Afrikaner as ons doel. Daartoe roep ons elke Afrikaner op wat hierin met ons saamstem.

  • DANIE VARKEVISSER