1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7449293

Besoekers aanlyn

Ons het 11 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

KAN VERANDERING OOK GELYK WEES AAN VERVAL?

how did we 200x200Die liberalis se   verweer dat verandering onvermydelik en ook noodsaaklik is, is vir die behoudende Afrikaner nog altyd 'n sigbare teken van verval gewees. Dit begin by taalgebruik en vloei oor na uitspraak en gedragspatroon. Die verweer was telkens, "dit is die huidige mode".
Die internasionale invloed het met die koms van beeldsendings tot binne die sitkamers van die Afrikanervolk gevorder wat in die praktyk sigbaar manifesteer het. Die negatiewe hiervan was die botsing tussen die voorskrifte uit die Woord van God, en voortstuwende modernnisme waarin verval die norm geword het tot in die hoogste sfere van samelewing.
Geestelike verval het dus nie uitgebly nie en toenemend het die Bybelse waardes op die agtergrond geraak, verdring deur verandering wat sinoniem met verval, kleredrag, homoseksualisme, selfdegeslag huwelike, vroue op die kansels, gemeenskaplike dienste met heidense gelowe, ensovoort.
Bestaande norms, waardes en tradisies het aanvegbaar en afgewater geword  deur verguising te verduur met 'n geleidelike aanvaarding deur die massa, sodat slegs 'n klein minderheid nog koers hou. Dit bring ons by die stelling dat dit slegs nagenoeg twee-en-'n-half persent van 'n volk is wat uiteindelik sy geskiedenis skryf!
Die VP van de Villiers Graaf van die sestigs en hulle opvolgers wat ge-eindig het by die DA van vandag, het saam met die Helen Suzmans, Frederik van Zyl Slabberts, Piet Croucamps, Max du Preez's, hulle ernstig misreken met die gevolge van die verandering waarvoor hulle die Afrikanervolk ge-offer het! Só aansteeklik was hulle liberale besmetting, dat selfs die NP daarvoor ontvanklik geraak het! Erger as die "pandemie", was die gevolge van hulle politieke handomkeer!  Daar was op die oogaf ook geen  geneesmiddel wat effektief was om die sigbare verval af te weer nie.
Iemand het daarin geslaag om enkele teenoorstaande verskille in beeld vas te lê wat die verandering baie duidelik as verval uitbeeld. Die AVP plaas enkele uittreksels daaruit  wat vanselfsprekend is.
 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie