Die WGO bevestig dat die Covid-19-PCR-toets gebrekkig is: Ramings van "Positiewe Gevalle" is betekenisloos. Die inperking het dus géén wetenskaplike basis nie
By Prof Michel Chossudovsky Global Research, 26 Maarct 2021
Die "Real Time Reverse Transcription Polymerase Chain Reaction (rRT-PCR) toets is op 23 Januarie 2020 deur die WGO aanvaar as 'n manier om die SARS-COV-2-virus op te spoor, na aanleiding van die aanbevelings van 'n Virologie-navorsingsgroep (gebaseer op Charité Universiteitshospitaal, Berlyn), ondersteun deur die Bill and Melinda Gates Foundation. (Vir verdere inligting sien die Drosten Studie)
Presies 'n jaar later op 20 Januarie 2021 trek die WGO hulle stelling terug. Hulle sê nie "Ons het 'n fout gemaak nie". Die terugtrekking is egter noukeurig geformuleer
Terwyl die WGO nie die geldigheid van hul misleidende Januarie 2020-riglyne ontken nie, beveel hulle nietemin 'n "Hertoetsing" aan (wat almal weet 'n onmoontlikheid is).
Die omstrede kwessie hou verband met die aantal uitgebreide drempelsiklusse (Ct). Volgens Pieter Borger, et al
Die aantal uitgebreide siklusse [moet] minder as 35 wees; verkieslik 25-30 siklusse. In die geval van virusopsporing, > 35 siklusse spoor slegs seine op wat nie korreleer met 'n aansteeklike virus soos bepaal deur isolasie in selkultuur nie. …(Kritiek deur Drosten Studie)
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) erken 'n jaar later stil, stil dat ALLE PCR-toetse wat by 'n 35-siklus uitgebreide drempel (Ct) of hoër gedoen is, ONGELDIG IS. Maar dit is wat hulle in Januarie 2020 aanbeveel het, in oorleg met die virologiespan by die Charité-hospitaal in Berlyn
Indien die toets teen 'n 35 Ct-drempel of hoër gedoen word (wat deur die WGO aanbeveel is), kan segmente van die SARS-CoV-2-virus nie opgespoor word nie, wat beteken dat AL die sogenaamde bevestigde "positiewe gevalle" wat in die loop van die afgelope 14 maande getel is, ongeldig is.
Volgens Pieter Borger, Bobby Rajesh Malhotra, Michael Yeadon , et al,die Ct > 35 was die norm "in die meeste laboratoriums in Europa & die VSA".
Die WGO se Mea Culpa
Hieronder volg die WGO se noukeurig geformuleerde "Terugtrekking". Die volledige teks met skakel na die oorspronklike dokument is in die aanhangsel:
|
|
|
|