1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6533759

Besoekers aanlyn

Ons het 17 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE AARD VAN MEERDERHEIDSREGIME IN AFRIKA.

Zuma se begrip van die betekenis van meerderheidsregering, is bepaald meer nugter as de Klerk, sy stigting, Solidariteit, Afriforum, VF Positief en elke ander liberalis wat hulle beywer het om só 'n swart meerderheid Kommunistiese rampokkers op die grondslag van gelykheid aan bewind te stel in Suid Afrika!

Die onderstaande artikel in die Citizen van Maandag 15 Februarie 2021, is die tweede waarskuwing van die Zoeloes dat hulle met geweld hulle belange sal beskerm, selfs teen die ANC regime as dit moet. Die eerste was hulle koning Goodwill Zwelithini wat in verband met grondgryp sonder vergoeding, gewaarsku het dat sy "impi's gereed staan in geval hulle die Ingonyama Trust sou wou kom vat, omdat dit aan hom behoort.

Goodwill Zwelithini

Prince Mangosuthu Buthelezi and President Jacob Zuma with Zulu King Goodwill Zwelithini.

Die koning het gedreig om vir 'n onafhanklike Zoeloe-tuisland te veg as die regering op aanbevelings optree om die Ingonyama-trust te ontbind. Koning Goodwill Zwelithini sê as die Wet op Ingonyama Trust deur die regering se plan geraak word om grond sonder vergoeding te onteien, sal hy veg om KwaZulu-Natal as 'n aparte Zoeloe-tuisland te laat verklaar. Zwelithini het by 'n saamtrek in Zoeloe in 'n video wat deur eNCA verfilm is, gesê: "Ons moet nie uitgelok word nie. Daar is geen rede dat die Zoeloes deur hul tesourie misbruik word nie, want dit sal my dwing – en die wêreld sal met my saamstem – wanneer ek verklaar dat ek wil hê ek en my nasie moet op ons eie leef en op ons eie ontwikkel, want in Suid-Afrika is ontwikkeling selektief."

eNCA berig dat in dieselfde toespraak, die koning voorgestel het dat die tyd "miskien aangebreek het vir KZN se grense om gesluit te word en vir hom om sy eie provinsie te bestuur". Vir dit om te gebeur, sal KZN van Suid-Afrika moet afskei. "Ek belowe jou ek sal niemand toelaat om die lewe en siel van die Zoeloe-nasie weg te neem nie. Ek het mnr Ramaphosa – as die regerende party – gewaarsku hulle moenie die fout maak om die land van die Zoeloes weg te neem nie, want die hele hel sal losbreek," het Zwelithini gedreig.

MKMVA (Umkhonto weSizwe Military Veterans Association)WAARSKU TEEN ENIGE 'DWASE POGING' OM ZUMA IN HEGTENIS TE NEEM

Thapelo Lekabe

MK vets Nkandla 744x391

Lede van die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane Vereniging (MKMVA) buite oudpresident Jacob Zuma se opstal in Nkandla, KwaZulu-Natal. Foto: @AdvoBarryRoux / Twitter

As hierdie twee artikels saamgelees word met uitlatings van Zuma toe hy nog in die parlement was oor die waarde van getallemeerderheid, besef jy opnuut dat hulle krag in hulle getalle setel! Dít, soos dr. Verwoerd by herhaling verduidelik het, plaas die blanke Afrikaner in 'n onmagtige politieke posisie waarin hy verkneg sal wees solank as wat die swartes in beheer toegelaat word.

Die ge-ykte Afrika patroon van geweld, miskenning van gesag en wet en orde word telkens deur die getalrykste etniese volk gebruik om beheer te verkry, te behou en te misbruik! Alle maatreëls van onderhandeling, samewerking, samesprekings, ooreenkomste en watter ander gesamentlike aksie oor die kleurgrens aangewend word, koop bloot tyd vir die barbare om stewiger in die saal te sit, die rit te geniet en alles wat daarmee saamgaan te verteer totdat slegs die verskrooeide aarde vir ons oorbly!

Welwillendheid is hier misplaasen wen geen veld nie. Streng gesamentlike optrede wat gesag kan afdwing, sonder enige toegewings en onwrikbare standpuntinname is noodsaaklik vir ons voortbestaan. Waak en bid dat ons volk tot grepe kan kom met die werklikheid en weerstand begin bied wat in verhouding met die aanslag op ons is! Watter groter aanspraak het Zwelithini op Kwa Zulu Natal as wat ons Afrikanervolk op Suid Afrika het?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie