1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6574175

Besoekers aanlyn

Ons het 52 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE 2021 PAD VAN SUID AFRIKA

Lig op die regte padIn die lig van die afgelope 26 jaar van Swart Meerderheidsregering, saamgestel uit Kommunistiese Terroriste wat die "Freedom Charter" as bloudruk vir hulle regeringsdoelwitte gebruik, is Afrikanerbesinning dwingend noodsaaklik!

Hierdie noodsaak vir Afrikaners het sy oorsprong in die duidelik uitgesproke en sigbare afwyking van die eens algemeen aanvaarde beleidstrewe van Genl. Hertzog, naamlik " Suid Afrika Eerste", na "Black First Land First" wat neerslag gevind het in Continuous Black Hand First!

Met die begin van die aftakeling van die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling deur die NP na die sluipmoord op dr. Verwoerd, is die pad oopgemaak vir die oorwinning van Barbaarsheid oor Beskawing. 'n Beleid wat voor 1652 wêreldwyd die norm was en eers in 1948 deur die Nasionale Party as noodsaaklike politieke beleid aanvaar en toegepas is, het die blanke Afrikaner instaat gestel om Suid Afrika op 'n pad van vooruitgang, voorspoed, veiligheid en vrede te lei. 'n Staatkundige voorbeeld van groei en ontwikkeling wat die wêreld verstom het!

Mnr. Jan Botha, hetin sy boek "Verwoerd is dead", dr. Verwoerd só beskryf: “Teen die tyd toe hy gesterf het, het hy sy eie monument gebou gehad wat daar vir almal was om te sien: die Republiek van Suid Afrika. Die blankes is saamgesmee tot eenheid, die land was militêr sterk en veerkragtig, die polisie en die veiligheidsmagte was besig om doeltreffend te werk met alle pogings tot ondermyning en infiltrasie, die land se ekonomie was dinamies, uitdyend en het grotendeels selfonderhoudend geword.... In die geskiedenis sal sy naam altyd voortleef as die leier wat, toe sy land bedreig was deur binnelandse onlus en ekonomiese sanksies, boikotte en openlike agressie van oorsee, gestaan het as ‘n simbool van weerstand en die wil en vasberadenheid om te oorleef. Sy fisieke en geestelike moed het hom ‘n lewende legende gemaak vir die wat hom gevolg het.”Aldus Botha

Die Rand Daily Mail het op 30 Julie 1966 van Suid Afrika en dr. Verwoerd op hulle beurt só geskryf: “The nation is suffering from a surfeit of prosperity...”“He can claim that South Africa is a shining example of peace in a troubled continent, ...”

Dít is waar ons was! Dit is die pad van Suid Afrika waarmee ons Afrikanervolk in die sestigs vorentoe beweeg het onder die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling! Onder die swak leiding in opvolging van dr. Verwoerd van Vorster, Botha en de Klerk, het hulle "slimmigheid" egter ons land in 'n Afrika Rommelhoop verander waar daar vir die Afrikaner nie meer plek is nie! Daarom is besinning nou noodsaaklik indien ons wil voortbestaan.

Hoe lyk Suid Afrika se pad nou vorentoe?

Behalwe dat die Kaap wil afskei, wil hy hom ook losmaak van die oneffektiewe kragvoorsiener. Nou het Durban in Natal ook tekenne gegee dat hy onafhanklik van Eskom wil raak! ' n Seker bewys van verval.

Die staatsveiligheidsagentskap se waarnemende direkteur-generaal, Loyiso Jafta, het Dinsdag onthul dat 'n ondersoek ná sy aanstelling in 2018, aangedui het dat miljarde rande, hetsy in kontant of in bates, nie deur die SVA verantwoord kon word nie. Die staatsveiligheidsagentskap (SVA) se voormalige direkteur-generaal, Arthur Fraser, het in Julie 2020 vrywaring versoek indien hy gedwing sou word om voor die Zondo-kommissie te getuig. Van die oortredings het natuurlik plaasgevind voordat Fraser in 2016 deur Zuma aangestel is, maar nietemin het die kommissie gehoor van beginbedrae kontant wat uit die SVA se hoofkwartier in Pretoria gekarwy is, veral in Desember 2017.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, wat Dinsdag hardop uit Jafta se verklaring gelees het, het begin om bedrae te lys wat gedurende daardie tydperk aan "bedrywighede" deur die SVA toegewys is. "R19 miljoen op 15 Desember 2017, dan verwys dit na R5 miljoen', R1,9 miljoen, R900,000, R360,000. Op 18 Desember, R2,5 miljoen, R2 miljoen, R2.4 miljoen, R1 miljoen, R13,000, R1.3 miljoen! Kontant word net uitgedeel!" Sê Zondo. Jafta het bygevoeg datt R9 miljard se vaste bates nie gevind kon word nie en dat R125 miljoen nie in die 2017/18-boekjaar verantwoord kon word nie.

Mufamadi het gesê getuienis is verskaf dat Zuma se minister van staatsveiligheid, David Mahlobo (wat in 2016 aangestel is), kwitansies vir sowat R80 miljoen in kontant onderteken het, tussen 2015 en 2017 uit die SVA uitgegee is, en na bewering vir Zuma se gebruik óf persoonlik óf polities bestem was. Mufamadi het gesê die kontantspoor het by Mahlobo doodgeloop, wat steeds in diens van die SA regering is as adjunkminister van menslike nedersettings, water en sanitasie, en daar was geen konkrete bewyse dat die geld aan Zuma oorgedra is nie.

Net 'n kort oorsig van die handelswyse met binnelandse belastinginkomste deur die ANC Regime wat lig werp op die gebrek aan fondse vir instandhouding, dienslewering en verval van infrastruktuur.

As die Internasionale Monetêre Fonds se waarskuwingsligte weer eens flits oor Suid Afrika se openbare loonrekening en ondernemings in staatsbesit, is dit duidelik dat hulle bekommerd is! Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het weereens Suid-Afrika se onvolhoubare openbare loonrekening en wanfunksionele ondernemings in staatsbesit (SOE's) as hoofoorsake tot kommer aangemerk. Vraag is, is ons bekommerd?

Met 'n duidelik totaal onbevoegde klomp rampokkers in beheer van Suid Afrika wat in beheer geplaas is en deur magte van buite Suid Afrika beheer word, Kan die Brexit van Brittanje en ongelooflike korupte afgelope verkiesising in die VSA, ingrypende gevolge hê wat vir ons Afrikanervolk veel kan beteken in die tyd wat voorlê.

Dat 2021 die jaar is waarin ons land se ekonomie totaal in duie gaan stort, is waarskynlik 'n groter moontlikheid as wat dit in enige van die vorige jare was. Indien die "viruspandemie" steeds aangewend gaan word om ons verder in te perk, is nog groter werkloosheid, bankrotskappe,laer staatsinkomste, voedsel tekorte en algemene onlus ons voorland. Dat gesamentlike Afrikanerbesinning dus noodsaaklik is, is onafwendbaar!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie