Wat 'n tragiese verloop in die Afrikanervolk se geskiedenis!
Hierdie droom nou aan flarde?
Willie Esterhuyse, Stellenbosch
Gedurende die einde van die vorige eeu was ek bevoorreg om as boodskapdraer en informele tussenganger tussen die destydse Nasionale Intelligensiediens en ANC-leiers, soos Thabo Mbeki, op te tree.
Tussen alles staan een herinnering soos 'n groot paal bo water in die gespreksproses uit: Die onkreukbare integriteit van dr. Niel Barnard en sy span en die integriteit, begrip en welwillendheid van Mbeki se span.
Die rede?
Ons soek kollektiewe vrede in die land.
Samewerking. Maatskaplike samehorigheid.
Nie “integrasie” nie, maar “communion” (aldus Mbeki)
'n Voorreg, noem hy dit. Onkreukbare integriteit van ons volk se verraaiers!
Integriteit, begrip en welwillendheid van ons vyande wat hyself nou erken, "steal from all", asof hy nooit die vermanings en waarskuwings gehoor het dat dit presies is waaroor dr. Verwoerd by herhaling gewaarsku het, selfs in die Statebond nie! Hierdie mense is met kranksinnigheid begeester!
Géén woord van erkenning van dwaling nie! Geen verskoning aangebied vir die onberekenbare skade berokken nie! Slegs die bevestiging van politieke waansinnigheid ten koste van ons volk se lewe, se besit se vryheid en veiligheid! Jy is die benaming Afrikaner nie waardig nie, Willie Esterhuyse, jy beklad ons volk se geskiedenis saam met jou deelgenote!