1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7445439

Besoekers aanlyn

Ons het 85 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

Brendin Hornergeval: die strooi wat die kameel se rug gebreek het?

Senekal SaamtrekDie AVP wil eerstens die boere wat by Senekal teenwoordig was en hulle gemeenskaplike gevoel sigbaar betuig het, loof vir die eerste werklike gesamentlike demonstrasie van verset.

Dit is hier waar die kaf van die koring geskei sal word wanneer die persverklarings en uitsprake van georganiseerde lanbou van nader beskou word. TLU se Bertus van der Westhuizen, verwoord by voorbeeld TLU se standpunt: “Ons wil graag saamwerk. Ons wil die land bou en help bou tot die voordeel van elke inwoner" en verder, “TLU SA ondersteun geen vorm van vandalisme nie,”

   Dit is hierdie ongelukkige politiekkorrekte standpunte wat die boere se uiting van frustrasie en demonstrasie van potensiële gesamentlike krag, ongedaan maak! Die eerste geleentheid wat vertroue versterk word daardeur ongedaan gemaak! Frustrasie gebore uit fisiese bedreiging en benadeling, sonder dat of die regime of georganiseerde landbou die wil of die vermoë openbaar om die boer op die plaas se veiligheid en algemene belang te verseker Nie eers die reg op sy plaas wat bedreig word deur onteiening sonder vergoeding, is veilig nie, dit word deur die uitsprake en gebrek aan ondersteuning van ge-organiseerde landbou en die regime geminag..

As hierdie die begin is van fisiese verset, is goeie organisasie en ge-ordende optrede die wagwoord. Daar is opgemerk dat baie van die teenwoordige simpatiseerdes doelloos rondgestaan en opmerklik nie geweet het wat om te doen nie. Logistiek, beveiliging, ontplooiing en beplande optrede is onontbeerlik vir geprojekteerde sukses. Die waarde van hierdie spontane uitlewing van reg en geregtigheid is egter betekenisvol en moet net die begin wees van totale verset teen die onwettigheid van hierdie regime en sy bende rowers wat deur nog te veel van ons eie mense ondersteun word.

Daar is nie meer ruimte vir onderhandeling en mooipraatjies met die terroristebende wat onwettig in beheer van ons land gekom het deur die verraad van die de Klerkregering nie.

Géén versekerings van hierdie onbevoegde klomp rowers is iets werd nie. Neem hulle op hulle woord wanneer daar uitsprake gemaak word dat hulle ons grond sonder vergoeding gaan vat, dat die boere nie moet kla as hulle seerkry nie volgens die "minister" van polisie en dan direk daarna kry 'n boer nie seer nie maar word gruwelik vermoor en vir almal wat kan sien aan 'n paal vasgemaak as bevestiging van Cele se waarskuwing

Malema se uitspraak dat:"Ons is in 'n oorlog met die Boere, sluit elke Afrikaner in Suid Afrika in! Issoleer die saampraters, paaiers en regime ondersteuners. Hulle beteken vir ons volk en ons vryheid absoluut niks maar bevoordeel wel ons vyande, ook ten koste van hulleself al besef hulle dit nie nou nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie