Mag jy dodelike geweld gebruik om jou eiendom te beskerm, en indien wel, wanneer? Suid-Afrikaners is onseker oor hoeveel geweld hulle mag gebruik om hulself teen misdaad te beskerm. Die verkeerde optrede in hierdie geval kan rampspoedige gevolge hê.
Wanneer mag jy skiet om jouself te verdedig?
Mag jy dodelike geweld gebruik om jou eiendom te beskerm? Indien wel, wanneer? Suid-Afrikaners is onseker oor hoeveel geweld hulle mag gebruik om hulself teen misdaad te beskerm. Die verkeerde optrede in hierdie verband kan rampspoedige gevolge hê. Terwyl die wet steeds onduidelik is, sal die konstitusionele reg op lewe waarskynlik voorkeur geniet bó die reg om jou eiendom te beskerm.
In die 2003-opname deur die Instituut vir Sekerheidstudies getiteld National Victims of Crime het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrikaners vandag ‘n groter vrees vir misdaad het as wat hulle in 1998 gehad het.
Hierdie groeiende angs het aanleiding gegee tot ‘n wye reeks self-verdedigingsmaatreëls, met baie mense wat vuurwapens aanskaf ingeval hulle met misdaad gekonfronteer word. Daar was onlangs verskeie goed gepubliseerde gevalle waar dodelike geweld gebruik is om eiendom te beskerm. Dit was vergesel van media-uitsprake wat daarop neerkom dat dit aanvaarbaar is ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing om iemand te dood ten einde eiendom te beskerm.
Hierdie situasie kom met sy eie gevare. Sedert die debat rondom die gewysigde wetgewing oor die gebruik van geweld om ‘n misdadiger te stop in koerantopskrifte verskyn het, is Suid-Afrikaners onseker oor hoe hulle hul vuurwapens mag gebruik om hulself te beskerm.
Indien hulle té versigtig optree, kan hulle hul lewens verloor. Indien hulle egter die geweldsopsie sou volg, kan hulle hul vryheid verloor.
Ingevolge die gemenereg is “proporsionaliteit” die hoofbeginsel wat geld ten opsigte van die reg om geweld te gebruik om jouself of jou eiendom te beskerm: die verdedigende optrede mag egter nie meer skade aanrig as wat nodig is om die aanval af te weer nie.
Alhoewel daar geen vaste reëls is nie, weeg die howe gewoonlik die belange wat beskerm word deur die geweldadige optrede op teenoor die belange wat geskend word deur die onwettige aanval.
Wanneer daar bepaal moet word of ‘n slagoffer van misdaad redelik opgetree het, sal die hof elke saak op meriete beoordeel. Daar sal sekerlik nie van ‘n eienaar wat deur ‘n rower gekonfronteer word verwag word om van sy eiendom afstand te doen nie. Hy het die reg om sy eiendom te beskerm en die hof sal al die omstandighede oorweeg wanneer daar besluit word of the wyse waarop hy sy eiendom beskerm het redelik was.
Hierdie reg op self-beskerming kan dien as ‘n verweer teen ‘n aanklag van geweld of selfs
moord. Ons wetgewing laat jou toe om jouself, iemand anders, jou eindom of die eiendom van
iemand anders te beskerm teen ‘n onmiddellike of dreigende onwettige aanval.
Hierdie gemenereg-verweer word dikwels verwar met die statutêre belang in artikel 49 van die
Strafprosesreg, soos gewysig, wat voorsiening maak vir die gebruik van geweld om ‘n
misdadiger te stuit.
Ten spyte van sekere ooreenkomste, behoort hierdie tipes verweer nie met mekaar saamsmelt
nie aangesien hulle vir verskillende doeleindes gebruik word en aan verskillende vereistes
onderhewig is.
Daar moet aan verskeie vereistes voldoen word voordat sodanige optrede as wettig beskou sal
word.
Die aanval moet:
- reeds‘n aanvang geneem het of dreigend wees;
- teen ‘n erkende wettige belang gemik wees; en
- onwettig wees
Die optrede ter verdediging moet:
- noodsaaklik wees om die aanval af te weer;
- redelik wees in terme van die mate van geweld wat gebruik word; en
- gemik wees op die aanvaller.
Jou optrede moet dus in reaksie op ‘n dreigende aggressiewe aanval wees en die
wetgewing sluit pertinent enige optrede van ‘n voorkomende aard of “wraakneming”
uit.
Wat sê die reg soos deur hofuitsprake ontwikkel?
In die saak van die Staat vs. Van Wyk, het ‘n winkelier by wie daar herhaaldelik ingebreek is
‘n haelgeweer op so ‘n wyse gestel dat die inbreker die sneller sou aktiveer wanneer hy by
die winkel inbreek. Een nag tydens ‘n inbraak is die sneller toe geaktiveer en die inbreker is
noodlottig gewond.
Op die aanklag van moord, het die winkelier staatgemaak op die privaatheidsverweer en
die hof het dit aanvaar en hom onskuldig bevind op alle aanklagte.
Die hof het geredeneer dat ‘n persoon in buitegewone omstandighede dodelike geweld
mag gebruik om sy eiendom te beskerm wanneer daar geen ander manier is waarop hy sy
besittings kan behou nie.
Die enigste beperking wat die hof hierop plaas is dat die waarde van die goedere nie
minimaal moet wees nie.
Hierdie uitspraak is egter byna 40 jaar gelede gelewer – lank voordat Suid-Afrika se skuif na
‘n menseregte-demokrasie. Indien die howe vandag met soortgelyke feite gekonfonteer
word sal hulle ongetwyfeld anders besluit.
Suid-Afrika se nuwe konstitusionele demokrasie het ‘n drastiese verandering in ons
regstelsel meegebring.
Die Handves van Fundamentele Regte (Bill of Rights) beskerm verskeie basiese menseregte, met inbegrip van die reg op lewe en die reg op die beskerming van eiendom. In geval van die privaatheidsverweer is dit onvermydelik dat hierdie regte opgeweeg sal moet word teenoor mekaar.
Die hof se balansering van hierdie regte sal moet voldoen aan die vereistes soos uiteengesit
in artikel 36 van die handves, naamlik: was die optrede redelik en geregverdig in ‘n oop en
demokratiese samelewing gegrond op die beginsels van menswaardigheid, gelykheid en
vryheid?
Indien hierdie toets gebruik word, is dit onwaarskynlik dat enige hof dit as geregverdig sal
beskou om iemand se lewe te neem ten einde eiendom te beskerm.
Kyk na die volgende scenario: Jy word in die middel van die nag wakker gemaak deur die
geluid van glas wat breek. Jy kyk uit jou slaapkamervenster en sien ‘n dief wat steelsgewys
met jou nuwe sportmotor wegry.
Jy skree vir die dief om jou motor uit te los maar hy ignoreer jou en ry weg. In desperasie
gryp jy jou vuurwapen en skiet na die dief. Jy tref hom en hy sterf.
Jou verweer is dat jy probeer het om jou waardevolle eiendom te beskerm en dat daar
geen ander manier was om te voorkom dat die dief die voertuig steel nie.
Verder, die diefstal was besig om te gebeur, dus sal jou verweer in lyn wees met die
vereiste dat die optrede gemik moet wees op ‘n aanval wat nog nie voltooi is nie.
Ingevolge die Van Wyk-beslissing sal hierdie verweer heel waarskynlik suksesvol wees. In lig
van die konstitusionele veranderings soos hierbo genoem, bestaan daar egter die gevaar
dat jy moontlik skuldig bevind kan word aan moord.
Andersins kan jy argumenteer dat die Handves van Fundamentele Regte ook jou reg tot
eiendom beskerm en dat die grondwet nie voorsiening maak vir ‘n hiërargie van regte nie.
Dit mag waar wees, maar onlangse beslissings het aangedui dat die reg tot lewe nie
willekeurig verontagsaam mag word nie en dat dodelike geweld slegs aanvaarbaar is in
situasies waar die lewens van onskuldige persone beskerm moet word.
In die keerpunt-saak van die Staat vs. Makwanyane – wat effektief weggedoen het met die
doodstraf in Suid-Afrika – het die hof met verwysing na artikel 49 van die Strafproseswet
gewaarsku dat indien die staat nie meer die bevoegdheid het om ‘n lewe te neem as straf
vir ‘n veroordeelde misdadiger nie, dan kan die wet ook nie toelaat dat enige persoon die
lewe neem van iemand wat hy probeer stuit nie.
Dieselfde argument moet sekerlik geld waar iemand die lewe van ‘n dief wat hul eindom
steel neem. Ontwyking van wettige arrestasie is net so ernstig, indien nie ernstiger as
diefstal.
In die onlangse uitspraak in die saak Govender vs. die Minister van Veiligheid en Sekuriteit
het die hof beslis dat dodelike geweld ten einde iemand te arresteer slegs geregverdig is
indien daar ‘n onmiddellike gevaar is dat die vlugtende verdagte lede van die publiek
ligaamlike leed kan aandoen.
Indien ons hierdie reël sou toepas op die motordiefstal-scenario hierbo dan is dit duidelik
dat jy nie dodelike geweld mag gebruik om die diefstal van jou voertuig te verhoed nie.
Jy sal gebruik moet maak van ander nie-dodelike metodes om die misdaad te verhoed.
Slegs indien die dief tydens jou wettige pogings om die diefstal te verhoed sou teenstand
bied en sodoende jou lewe of iemand anders s’n bedreig, het jy die reg om die nodige
geweld te gebruik om jouself en ander te beskerm.
Dit is belangrik om te onthou dat jy nie mag optree ter selfverdediging voordat die aanval
op jou ‘n aanvang geneem het of ten minste dreigend is nie.
By voorbeeld, indien die dief sy vuurwapen te voorskyn bring en in jou rigting mik, sal jy die
reg hê om dodelike geweld te gebruik om jou lewe te beskerm.
Jy kan egter nie die niksvermoedende dief skiet op grond daarvan dat indien jy hom sou
konfronteer, hy jou lewe in gevaar sal stel nie. Die ‘voorkomende optrede’ beginsel is nie
van toepassing op privaatheidsverweer-sake nie.
Kyk gerus na ‘n ander stel omstandighede: Jy word wakker een nag en ontdek dat daar ‘n
inbreker in jou sitkamer is. Die dief het ‘n vuurwapen en sluip rond in die huis terwyl hy
waardevolle items vaslê.
Jy weet dat as jy kom sou aanvat hy jou en jou gesin moontlik sal skiet. Mag jy hom
ingevolge die wet skiet? Moet jy jou gesin vat ek uit die huis vlug? Moet jy wag dat hy jou
en jou gesin aanval?
Anders as die scenario met die motordief, is die inbreker nou in jou huis. Dieselfde
regsbeginsel sal egter geld. Jy mag nie dodelike geweld gebruik om te verhoed dat die dief
met jou TV wegkom nie.
Inteendeel – jy en jou gesin sal in onmiddellike gevaar moet wees. Daar kan geargumenteer
word dat die feit dat die inbreker in jou huis is genoeg is om dodelike geweld te regverdig.
Weereens – elke saak word afsonderlik beoordeel, maar die veilige wettige opsie sal wees
om dodelike geweld te vermy totdat jy geen ander keuse het nie. Vermy liewer enige
konfrontasie met inbrekers. Dit kan jou lewe red en jou uit die tronk hou.
Die beginsel is eenvoudig: die aanvaller se lewe mag geneem word slegs om jouself of
iemand anders se lewe te beskerm of om ernstige besering te verhoed. Dit is onwettig om
dodelike geweld te gebruik in enige ander omstnadighede. Met ander woorde: jou
eiendom is nie die persoon wat dit steel se lewe werd nie!
Dokument opgestel deur Anton du Plessis, ‘n navorser by die Instituut vir
Sekuriteitstudies in Pretoria.