Afrikaner

DIE REëN BOG NASIE

WAT 'N BOGSPUL

By die punt van de Klerk se reënboog was daar toe nie ‘n pot goud (vryheid, vrede en voorspoed) Klaas Waarseggernie, maar ‘n plas bloed op ‘n boer se plaas. Die “almal saam” regeringsorgie (regering van on-nasionale nasionale eenheid) het toe nie uitgewerk nie. Die probleem met de Klerk se reënboog is dat hoe nader jy aan hom beweeg, hoe verder beweeg hy weg van jou. Sy nasiebouprojek (eenheid in verskeidenheid) het uitgeloop op ‘n onenigheid in gesamentlikheid. Die brug van die reënboog (tussen swart en wit) was te groot.

Soos ek dit het bestaan nasies al vir duisende jare.Om ‘n reëboognasie te bou beteken dan sekerlik die skepping van ‘n basternasie. Wie kon raai en wie kon weet waarom die wet met betrekking tot die verbod op gemengde huwelike afgeskaf is deur de Klerk se on-nasionale party. Nou hoor ek die kleurlinge kla, eers was hulle nie wit genoeg nie en nou is hulle nie swart genoeg nie. Die ANC se oplossing is om maatreels in te stel (diskriminasie) dat witmense kan emigreer sodat pigmentasie nie meer ‘n probleem sal wees nie. Afrika vir die Afrikane is die wekroep. Malema sê hulle sal nie nou al die witmense doodmaak nie (wie vermoor die boere op die plase?) maar eers later.

‘n Wind van waansin (winde van verandering) het nou die seggenskap van die parlement verplaas na Luthuli huis - die nuwe parlement van die nuwe Suid-Afrika. In ‘n helder oomblik het de Klerk onlangs gesê hy het hom misgis, apartheid was nie ‘n sonde teen die mensdom nie, net om homself weer te misgis dat apartheid wel ‘n sonde is. Ek wil nou nie woorde in sy mond sit nie, maar ek sou dit as volg reggestel het: die afskaffing van apartheid was ‘n sonde teen die mense van Suid-Afrika. Viva apartheid viva.

Intussen het die reënboog (almal saam gemeenskap) sy glans en bekoring verloor. In Luthuli-huis het die westerse demokrasie narkose gekry vir ‘n radikale transformasie. Die transformasie het te doen met die wit padda in die pot kookmetode. De Klerk se Martin Luther King droom (colour of my skin) was toe altyd net op swartmense van toepassing. Die reënboog sweef. Dit sal sweef en nooit ‘n konkrete eenheid word nie. Wil iemand tog nie ‘n skildery van de Klerk met ‘n reënboog aan die anti-apartheids museum skenk nie.