Afrikaner

DEMOKRATIESE TERRORISME

Klaas WaarseggerAs terroriste landsregeerders gemaak word sal die uitkoms noodwendig terrorisme wees. Die NP veroordeelde terroris Nelson Mandela is in 1994 deur die de Klerk regering aan die publiek voorgehou as die mesias wat al die kwale van Suid Afrika sou oplos. Soortgelyk word Ramaphosa vandag deur al die linkse koerante voorgehou as die tweede mesias wat Suid Afrika sal regruk. Die propaganda wil dit hé dat dit eintlik ‘n hemelse tereur is wat op Suid Afrika neergedaal het en waarmee ons baie tevrede moet wees.

Spreuke 10:11.

“Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddelose steek daar geweld.”

‘n Volk se prestasies word gebou op die krag, geloof, arbeid, vasberadenheid en moraliteit van die regverdige gewete en alles wat behoue moet bly moet weer aan hierdie vermoëns toevertrou word. Die vooruitgang van ‘n land word bepaal deur wie regeer.. Ons land is verpand aan diewe en terroriste. Selfs ‘n swartman soos Zondo maak erkennings wat de Klerk nie bereid is om te doen nie. Diegene wat die waarheid onderdruk terwille van politieke korrektheid het ‘n veragting vir sy eie volk, Politieke korrektheid is niks anders as ‘n erkenning om onvermoë te klasifiseer. ‘n Volk verloor alles as hy sy onafhanklikheid verloor het.

Totale aanspraak word gemaak op die witman se besit, inisiatief en arbeid in die “nuwe Suid Afrika”. Die woord demokrasie word gebruik as ‘n fopwoord vanweë die verkoopswaarde daarvan. Eie realiteit is die voldonge feit dat die nuwe Suid Afrika ‘n mislukte staat is! Elke enkele mislukking word toegeskryf aan aan die apartheid van die verlede, instede van toegepaste onvermoë en bewustelike tekortkominge. Juis daarom is apartheid onaanvaarbaar vir alle swartes omdat hulleself tot weinig instaat is. Die hele Afrika is ‘n galery van mislukte state, behalwe vir dié wat nie wil sien en dié wat nie wil hoor nie!

Na 25 jaar se diefstal, verwoesting, bedrog, korrupsie, tereur, terrorisme, intimidasie en selfverheerliking, staar die “Nuwe Suid Afrika”, na die tradisie van die state van Afrika, nou ook die afgrond in waar die donkerte van Afrika ondeurdringbaar is!

Dis die bloed op die plaas,

Dis die kapers daarbo

Almal wat in vernietigin glo

Dis ‘n vallende staat

Dis All!!