Afrikaner

'BENADEELDES RYK OOK ‘N VERKLARING UIT!'

Helde verering van TsafendasDie gevoelloosheid van ‘n Hensopper/Joiner, Jingo en landsverraaier teenoor diegene wat deur hulle optrede benadeel word, is vir die ware Afrikaner welbekend. Ook die skynheiligheid van kastige welwillendheid teenoor die vyand van jou volk, gedryf deur vrees en gebrek aan die moed vir selfbetuiging.

Die ongeregtige benadeling van die Afrikanervolk deur verraad wat Suid-Afrika tot rommelstatus reduseer het met al die negatiewe resultate wat daarmee saamhang, sal nie by hierdie “vooraanstaande Afrikaanse Suid-Afrikaners” verbygaan, tenspyte van openbare en veragtelike kruiperigheid nie. Hulle het nog niks geleer uit die legio voorbeelde oor eeue, uit Afrika nie.

Die feit dat hulle sonder uitsondering deel was op die een of ander wyse aan die verraad teen die Afrikanervolk, onderskryf deur hierdie openbare verklaring, bevestig die gewraakte verklaring genadiglik ook die feit dat hulle nie deel is van die Afrikanervolk nie, maar van “Vooraanstaande Afrikaanse Suid-Afrikaners” teenoor wie hulle hulleself in spreekwoordelike ” slagorde” opgestel het.

Die huidige verloop van omstandighede waarin hulle skynbaar gedy tenkoste van hulle voormalige Afrikanervolksgenote, verander nie ’n snars aan die benadeling en ongeregtigheid waardeur hulle verraderlike optrede tot wasdom gekom het nie.

Die Äfrikaanses se demonstrasie van hulle wanbegrip van die bedoeling en betekenis van apartheid en sommer daarmee saam die toepassing van die gevolge van hulle begrip van moraliteit, plaas hulle in die geselskap van die Kommuniste, die Wêreldraad van kerke, die VN, die Afrika-Unie en onteenseglik ook saam met die vyande van Nasionalisme!.

Die onverbloemde klap na hulle eintlike bondgenoot, FW de Klerk en sy Stigting is sekerlik die duidelikste blyk van hulle eie verraderlike ingesteldheid, gebore uit angstigheid om punte aan te teken by die swart regime ten koste van dié man wat hulle wanstaltige politieke insig verwesentlik het in 1994! Dit geheel en al sonder begrip vir die ontnugtering waarheen hulle op pad is.

Laat ons wat sedert 1994 deur die “bevoordeelde Afrikaanses” en hulle huidige verklaring benadeel word, hulle nie vergeet nie! Emeritus professor Willie Esterhuyse, 'n lid van die raadgewende raad van die Thabo Mbeki-stigting, prof. Wannie Carstens van Potchefstroom, Barend la Grange, bedryfshoof van South Africa Day, dr. Lindie Koorts, 'n historikus aan die Universiteit van die Vrystaat, Cobus Bester, 'n aanbieder en joernalis, Truida Prekel, 'n inno-vasie-konsultant en gemeenskapsaktivis, dr. Andre Bartlett, moderator van die NG Kerk se Hoëveldsinode, Ferdi Engelbrecht, entrepreneur, stigter en direkteur van die Privilege-stigting, Dawie Jacobs, 'n voormalige ambassadeur in verskeie lande, en Foeta Krige, joernalis, skrywer en voormalige regisseur van RSG se nuus aktualiteitsprogramme. By hierdie tien name van Afrikaanses en hulle organisasies moet Dan Kriek van Agri Suid-Afrika bygevoeg word.

Die AVP versoek hierdie “bevoordeeldes van apartheid” om terwille van die ongelykheid waaraan húlle landsgenote deur apartheid blootgestel is, hulle eiendomme, besit en sommer hulle dogters en seuns met die arme ongelykes deel terwille van die wellustige genieting van die ryk diversiteit van die Reënboognasie en daarmee voorgaan om die “öngeregtigheid” reg te stel! Julle maak genadiglik nie aanspraak dat julle namens die Afrikanervolk praat nie. Julle verklaring sou dan ‘n onuitwisbare en veragtelike bloedvlek op die geskiedenis van die Afrikanervolk verteenwoordig het! Nou neem ons net met misnoë daarvan kennis komende van karakters wat Afrikaans magtig is.