Afrikaner

VERRAAD KWEEK HAAT EN NIE LIEFDE NIE

De Klerk vra verskoningFw de Klerk se poging om darem nie apartheid as ‘n misdaad te laat beskryf nie, het feitlik al sy begunstigdes, bankvas teen hom laat draai. Sy onverkwiklike posisie is nou dat nie net sy volk nie, maar ook die vyande van sy volk, wat deur hom ten koste van sy volk bevoordeel is, ook teen hom gedraai het!

Die ondeurdagte gevolge van sy politieke “oortuiging”, is nou besig om in die voeë te val wat onvermydelik daarvoor bestem was. Dat sommige van sy genote noual die lewe gelaat het, sodat hulle die beskaming misgeloop het wat hulle onbesonne politieke oordeel, soos voorspel was, teweeg gebring het, nou op de Klerk en sy oorgeblewe genote se skouers sal moet rus.

Die ongeblykte Afrikadonkerheid slaan nou ooral soos vetkolle uit. Die EFF, Desmond Tutu, Tony Leon, die ANC, Ramaphosa, die SAKP die DA, die hele kaboedel vir wie de Klerk sy volk opgeoffer het, val hom nou aan en ban hom selfs uit die parlementsgebou uit omdat hy die stelling gemaak het dat apartheid nie noodwendig ‘n misdryf teen die mensheid was nie.

Vir dit wat hy gedoen het wat verkeerd was het sy volk hom afgeskryf as ‘n verraaier en vir dit wat hy nou kwytraak wat reg is, verkwalik sy begunstigdes hom. In Suid Afrika is de Klerk ‘n ongewenste persoon en sal hy nooit weer hier tuis voel nie. Niemand het hom lief nie, waarskynlik nie eers hyself nie!

Van die name wat hy genoem word en uitsprake wat gemaak is vanuit die geledere van die swart en blanke liberaliste is: belydende Apartheid apologeet, de klerk het nie die vryheidsbeweging ontban, politieke gevangenis en Mandela vrygelaat nie. Dit word beaam deur Ramphosa wat sê dat: “ He said the release was a victory for the people and not an act of kindness from De Klerk. "It was not [done] out of the kindness of FW de Klerk's heart. It was not because he felt sorry for Nelson Mandela; it was not because he was a kind-hearted man.”

“Skuus my baas, ek trek alles terug.” Apartheid was dus ‘n misdryf teen die mensheid! De Klerk is as leier van die Afrikanervolk geweeg en te lig bevind deur die geskiedenis. ‘n Bietjie druk en hy kapituleer. Sy vermoë tot selfstandigheid ontbreek en is ondergskik aan omstandigheid, selfs in die geval waar geregtigheid aan sy kant is. Hy het in die openbaar verskoning gemaak vir sy uitlating dat apartheid nie noodwendig ‘n misdryf teen die mensheid was nie en dit teruggetrek!

Soos Solidariteit en Afriforum se Buys en Kalie Kriel wat tog so graag polities “korrek”wil wees agter die FW Stigting aan, sal elkeen van hulle wat hierdie twee perde gelyk wil ry, soos de Klerk in die middel deurval en deur albei perde raak getrap word. Die wonde en pyn wat daardeur veroorsaak word is gewoonlik blywend en duur tot diep in jou nageslag. Die haat wat dit genereer is aansteeklik, versprei soos 'n veldbrand en word nie maklik geblus nie omdat wat vir ons reg is is vir hulle verkeerd en andersom. Meriete en geregtigheid het oor eeue nog nooit hier gewerk nie! Dit is net die Humaniste en Liberaliste wat anders glo en as dit nie realiseer nie, kop in die sand verberg. Hoor nie, sien nie en erken ook niks nie.

TENSION IS MOUNTING OVER APARTHEID PRESIDENT FW DE KLERK'S COMMENTS THAT APARTHEID WAS NOT NECESSARILY A CRIME AGAINST HUMANITY, with South Africans, political parties, activists and the FW de Klerk Foundation adding their voices.