Afrikaner

‘N OPLOSSING VIR SUID AFRIKA SE FINANSIES?

Arcas van RooyenTito Mboweni minister van finansies.  Oct 29, 2018, 12:12 PM

By die aanstelling van die nuwe minister van finansies het die media, banke,georganiseerde sake en vele ander ekonome,die nuus van Tito Titus Mboweni se aanstelling nie net geloof nie maar as `n briljante stap verwelkom wat die ekonomie in  'n  "veilige paar hande" plaas.

Ons moet egter bedag wees op sy komministiese agtergrond want sy prestasielys vertel `n ander storie.Mboweni het in sy tyd aanbeveel dat die staat 40% van mynmaatsappye in besit moes neem,`n staatsbank moes begin,alle grond moes oorneem,en `n soewereine welfaartfonds moes skep, wat gefinansier sou word deur die beslaglegging op aandele van maatskappye - "sonder vergoeding."

As minister van arbeid in 1994 was hy ook verantwoordelik vir baie radikale arbeidswette wat Suid Afrika se werkloosheidskrisis veroorsaak het.Teen die agtergrond klink "veilige hande "meer soos `n paar baie gevaarlike hande.Hy moet seker `n slaafse navolger van Tito, die komministiese diktator van Joego-Slawië wees,want hy het selfs sy naam aangeneem?

Die ekonoom Dawie Roodt sê Mboweni doen reeds te min om die skuld- tot-BBP-verhouding in te kort.Onlangs was die verhouding 53%.en as staatsuitgawes nie met tenminste 11%p.j. besnoei word nie sal die verhouding groei tot 60%.Indien dit gebeur sal SA moet met die IMF onderhandel.Dit meen die IMF neem die bestuur van finansies van die land oor wat die ANC regering se onbeholpenheid aan die wêreld sal weerspieël tot nadeel van die Land in geheel.