Afrikaner

‘N BRANDSTAPEL VIR DIE BRITTE?

Enoch PowellUit die April 1996 uitgawe van Impact

‘n Voormalige Eerste Minister van Brittanje, mev. Margaret Thatcher wat bekend gestaan het as die “ystervrou” het in ‘n huldeblyk na sy dood na ‘n Britse parlementariër verwys as “the best parliamentarian I ever knew. There will never be anybody else so compelling as Enoch Powell. He had a rare combination of qualities. Powell was a firebrand orator of rare analytical powers, and his speeches always drew great crowds to the House of Commons. His fearsome logic vied with deep seated romanticism, but it was the issue of race that made and broke him. ‘What’s wrong with racism?’ he asked in 1995. Racism is the basis of nationality. Nations are, upon the whole, united by identity with one another”

Dit was dieselfde Enoch Powell wat die Engelse in 1968 gewaarsku het as lid van die parlement, dat hulle liberale immigrasiebeleid toestroming van swartes en Asiërs in blanke Engeland, riviere van bloed as vooruitsig het. Hy het Brittanje se liberale immigrasie beleid beskou as die bou van ‘n brandstapel vir selfvernietiging, in ‘n onderhoud in 1996.

Sy oplossing was die repatriasie van alle nieblanke immigrante. Wat ook baie interressant was van Powell se politieke insig en vêrsig, was sy beroep op kiesers van die konserwatiewe party in 1974, om vir die Arbeiders te stem omdat die Arbeidersparty lidmaatskap van die Europese Unie teëgestaan het!

As daar nou gelet word op die onrus in Engeland sedert die vroë 1980’s in die vorm van straatgevegte tussen blank en swart, tussen Asiërs en blankes, dan was Powell se insig onbetwisbaar vêr bo die gemiddelde Britse parlementariër van sy tyd en selfs van huidig! Die bomontploffings, terroriste bedrywighede en ongelukkigheid oor lidmaatskap van die Europese Unie, is bevestiging nie net van Powell se meerdere politieke insig in Brittanje nie maar ook van die van Afrikanerleiers in Suid Afrika sedert dr. D.F. Malan se verkiesingsoorwinning in 1948.

Soos in Suid Afrika verswyg die media egter ook in Engeland hierdie botsings en gebeurde ten koste van die inheemse bevolking van die land. Dit terwyl die “brandstapel” sigbaar al groter en hoër groei! Sal die behoudende Afrikaner wat eeue lank die Engelse invloed probeer afweer terwille van selfbehoud, nou met hulle simpatie hê? Indien ja, sal dit baat as hulle wat ore het en desnieteenstaande nie wil hoor en sienderoë tog blind bly, terwille van wie weet vir wat, wonder ek?