1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5799055

Besoekers aanlyn

Ons het 38 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Kongres Banier 2 2019

Afrikaner

IDENTITEIT (JOU ”KLEUR” MENEER)

Klaas WaarseggerJa, ek praat met jou! Dit wat in jou identiteitsdokument staan beïndruk my nie. Die mens is ‘n biologiese sowel as ‘n geestelike wese. Jou identiteit is die somtotaal van jou voorkoms en denke. Jou velkleur alleen is nie die volle prentjie nie.

Graag stel ek ‘n paar vrae aan jou. Met wie en wat assosieer jy? Het jy jouself sowel as jou konteks in die samelewing al gevind? Is jy trots om ‘n Afrikaner genoem te word? Is die voortbestaan en soewereiniteit van jou volk vir jou belangrik? Is jou doen en late in lyn met die vryheidstrewe van jou volk? Het waardes en patriotisme vir jou enige betekenis, of glo jy aan die bedrogvolle reënboognasie?

Dit is altyd tragies om mense te ontmoet wat onseker is oor hulle eie identiteit. Hy of sy wat wil wees wat hulle nie is nie. Wat wil voorgee om alles vir almal te wees en daarom niks vir niemand, nie eers vir hulleself kan wees nie. Hulle konteks is gekontamineer. Die resultaat van hulle optrede en intensies is ‘n verborgenheid vir hulleself! Die realm van volksgebondenheid is vir hulle onbegryplik. Hulle kan nie insien dat beginsels en sentiment ‘n positiewe krag is nie.

Assosiasie is ‘n ingesteldheid van van eer en respek en daarom kies jy kant. Die volheid van identiteit is die dinamika van eiesoortigheid. ‘n Godgeskapenheid wat onherroeplik is. As jy nie gemaklik voel in jou eie vel nie, ly jy beslis aan ‘n identiteitskrisis.

Praat jy steeds Afrikaans terwyl jy veragtend dink en doen teenoor jou volk? Het die propaganda van die nuwe Suid Afrika jou denke gevange geneem? Het die denke van verbastering ook vir jou die volle evangelie geword? Vind jy inspirasie in die onderdrukking van die Afrikaner? Wou jy eintlik swart gewees het? Besef jy dat jy in groot mate jou eie woord en daad bepaal, wat op sy beurt jou identiteit verraai? Het jy Afrikaan geword instede daarvan om Afrikaner te bly in jou denke? Het die skoonheid van jou volk vir jou verlore geraak? Is demokrasie en integrasie vir jou sinoniem? Want as die skoonheid van jou eie ras nie meer vir jou mooi is nie, dan het jy reeds jou identiteit verloor.

Dit is tyd om te heroorweeg! Kan jy die diaboliese spel van die DA en die VF+ met die Afrikaner raaksien? Die eenvoudige waarheid is dat eie identiteit wesentlik belangrik is, want dit raak jou hele bestaan. Vergeet van ‘n “maskerbestaan” van verskuilde identiteit. ‘n Identiteitsverloëner is karakterloos. Slegs as jy weet wie jy is kan ons saam ‘n toekoms bou. ‘n Gesonde selfbeeld is die fondasie van identiteit, integriteit en geregtigheid.

Hiermee laat ek jou met rus vir introspeksie na die waarheid.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie