1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5746580

Besoekers aanlyn

Ons het 42 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ONS ANKERS IS GETREK!

Ons plaas graag ‘n artikel van mnr jaap Marais van die destydse HNP waaruit die AVP sy ontstaan het. Ten einde die beginsels waarvoor die HNP uit die NP vaJaap Maraisn de Klerk in 1969 weggebreek het en deur die HNP tydens en na die dood van mnr. Willie Marais begin versaak het, te kon bly handhaaf, is die AVP die enigste politieke party wat vandag nog daarby staan!

Handhaaf die beginsels van Afrikanernasionalisme (2002 Jaap Marais)

‘n Party wat beginsels het waarmee sy lede en ondersteuners hulle vereenselwig, se eerste plig is om die beginsels te handhaaf. Die verval van die Nasionale Party tot die politieke skroot van vandag het begin toe hy nie sy beginsels wou handhaaf en verdedig nie en daarvan afgewyk het.

Dr. Albert Hertzog en Jaap MaraisDie HNP het toe die beskermer en handhawer van die beginsels van Afrikanernasionalisme geword. Geen groep Afrikaners is al ooit om die beginsels so belaster en beswadder en met soveel boewery en gemeenheid beveg as die HNP-mense nie. Dit was een van die grootste en taaiste toetse wat aan mense gestel kon word wat deur hulle beantwoord moes word. Die doel van die aanslae was om die party van sy beginsels af te dwing.

Die stryd van die HNP in die tyd was in wese om teen die aanslae te staan en trou aan die beginsels van Afrikanernasionalisme te bly.   Dat die party dit reggekry het teen 'n ongeëwenaarde haatveldtog, is een van die merk-waardigste feite van die Afrikanergeskiedenis.

Beginsels gee aan mense vertroue

Waarom dit belangrik is, is dat 'n party (of 'n mens) wat beginsels het, vertroue gee, omdat politieke ontwikkelings uit beginsel benader en beoordeel word en sy standpunt dus voorspelbaar sal wees. Dit was die mees opvallende kenmerk van die Nasionale Party tot 1966. Dit was 'n party van beginsel en integriteit. Dit is wat verheffend op die openbare lewe inwerk, en wat 'n korrupsielose, openbare sektor tot gevolg gehad het. 'n Politieke stryd waarin die element ontbreek, is 'n blote proses van uitoorlêery met die oog op mag en persoonlike voordeel.

Beginsels laat 'n mens reg oordeel

Die politieke stryd is 'n harde stryd. Hoewel dit nie gepaard gaan met dood en verwoesting nie, stel dit eise van moed en durf en volharding om teen 'n oormag te veg, ooreenstemmend met wat in 'n wapenstryd geverg word. Nie net dit nie, maar ook 'n vermoë om die stryd te lees en reg te beoordeel. Dit is die hoedanighede waaraan die HNP getoets moet word. Sy beoordeling van die politieke verwikkeling is in terugblik so reg en waarheidsgetrou dat dit aan heldersiendheid grens. Die verklaring daarvoor is eenvoudig die partyleiding se begrip van die waarheid en die vermoë om by die waarheid te staan toe derduisende daarvan weggevlug het.

Omdat politieke verskille inhou dat daar botsing en stryd sal wees, is dit noodwendig dat daar aanvalle van albei kante gemaak sal word. En, soos in 'n wapenstryd, word die swak plek van die vyand aangeval. Dit beteken in politieke terme

kritiek teen die ander kant se doen en late. En in die politieke stryd is die eerste opdrag aan 'n opposisieparty om die regering te opponeer. En dit beteken: aanval.

Hoe beter hy in staat is om die regering se beleid en optrede te ontleed en te kritiseer, hoe beter vervul hy sy opdrag as opposisie.

'n Afwysendheid teen 'n ander se beleid en optrede is nie net eie aan 'n politieke stryd nie. Die Tien Gebooie is op enkele uitsonderings na nie bevele om reg te doen nie, maar verbieding van verkeerde dinge. Dog, uiteraard, het elke verbod as teenhang die versweë opdrag om reg te doen. Kritiek teen 'n teenparty in die politieke stryd het uiteraard die implikasie dat as 'n sekere standpunt of aksie as verkeerd of verwerplik aangedui word, die teendeel daarvan as aanneemlik moet geld. Die kritiek op die beleid van rassevermenging impliseer byvoorbeeld natuurlik voorkeur vir rasseskeiding.

Of 'n party in staat is om sy beginsels in praktyk te stel, is 'n vraag met vele kante. Dit hang nie net af van die party se inherente wil en vermoë nie, maar ook van die gedurig wisselende omstandighede en die toestande wat die ander kant skep.

Die eerste feit van die huidige situasie is dat ons in 'n voortgaande revolusie betrokke is waarin wat bo was na onder gedwing moet word, en wat onder was na bo gestoot moet word, soos die letterlike betekenis van revolusie of omwenteling is.

Die tweede feit is dat die Afrikaners weens bedrog en verraad van NP- en ander Afrikaanssprekende leiers vir die derde maal 'n verowerde volk geword het. Dit het op 'n wyse geskied wat van alle eer ontdoen is en in hoë mate die volk se selfrespek en waardigheid geknou het.

Die derde feit is dat die Afrikaners polities erg verdeeld en gefrustreerd en verward is.

Die vierde feit is dat net die HNP se oordeel oor die politiek reg bewys is en dat daar steeds langs verskeie weë geprakseer word om die party uitgeskakel of van sy beginsels af weg te kry.

By al die verandering gaan die stryd egter steeds om die HNP "te vernietig" en "uit te wis" soos wyle Ben Schoeman van die NP in 1970 en wyle Connie Mulder van die KP in 1983 gesê het.

Die HNP se standpunt is duidelik

Dit is die gegewe waarbinne die HNP staan as die enigste egte verteenwoordiger van Afrikanernasionalisme. Sy uitgangspunte is volkome duidelik:

             Ons berus nie in die bedrogvolle en verraderlike verlies van ons vryheid nie.

             Afrikanernasionalisme moet weer die magnetiese krag word wat Afrikaners moet saambind en aandryf tot stryd.

             Ons moet trou sweer aan mekaar dat ons, soos die voorgeslagte, sal stry tot ons vryheid herwin is.

Om by 'n eindpunt aan te kom, moet die eerste tree gegee word. Dit het die HNP reeds gedoen. In 'n rede wat op 2 Desember 1995 deur my gehou is, is die HNP se beskouing volledig gestel. Geen ander party het enigiets van die aard om daarteen te stel nie.

Die basiese standpunt is dat die HNP die stryd van buite die bestel voer. Die wagwoord is: Verset, sodat die nie-berusting tot aksie herlei en 'n gees van verwerping gevestig kan word.

 

Weer verset teen deelname

Die benadering stem grotendeels ooreen met die optrede na die 1877-anneksasie van Transvaal deur Shepstone. Daar is egter ook ooreenkoms met die Nasionaliste se optrede na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, teen genl. Smuts se meedoening aan Brittanje se kant — wesenlik verset teen die deelname aan Brittanje se oorlog.

Teen 1948 het die politieke stryd heeltemal anders daar uitgesien, en was, soos dr Malan twee dae voor 26 Mei 1948 gesê het, die NP (destyds HNP) "teen die toestand van rassevermengdheid". Dit was nie 'n nuwe beleid nie, maar 'n verandering van prioriteit in die ontwikkelende geskiedenis.

Die geskiedenis is ons geheue

Die geskiedenis is 'n volk se geheue. Dit stel hom in staat om te weet wie hy is en vanwaar hy kom. Sekere gebeurtenisse in 'n volk se geskiedenis staan uit bo ander, soos byvoorbeeld die Groot Trek, die moord op Retief en sy manne, Bloedrivier, Amajuba, die Engelse Oorlog, die menseslagting in die Konsentrasiekampe, die Rebellie, die 1948-verkiesing, Republiekwording, die moord op dr Verwoerd.

Dr Verwoerd was nie net die uitnemendste staatsman wat Suid-Afrika ooit opgelewer het nie, maar hy moes Suid-Afrika lei teen die diplomatieke, ekonomiese en militêre veldtog van die hele konstellasie van die Britse Statebond, die Amerikaanse imperialiste, die Kommunistiese magsblok, en die Afro-Asiatiese versameling. Nie net het hy Suid-Afrika staande gehou teen die aanslag nie, maar het dit so skitterend gedoen dat op elke gebied van staatsbestuur daar ongekende hoogtes van sukses bereik is. Dit is te betwyfel of daar in die geskiedenis van die wêreld 'n gelykwaardige prestasie was.

Dr Verwoerd is vermoor om hom te verwyder waar hy tussen sy volk en die vyande gestaan het. Sy diens aan sy volk en die omstandighede van sy dood verhef hom tot die heldedom.

Op sigself is dit genoeg rede vir 'n volk se hulde aan hom. Wat dit egter meer aktueel maak, is die veldtog wat die Kommuniste, die Britte en die Afrikaner-verraaiers voer om dr Verwoerd se naam en nagedagtenis in oneer te bring — opsigtelik om Afrikanernasionaliste skepties of vyandig te maak teen 'n groot heldefiguur.

Die band met die verlede dui koers aan

Dr Verwoerd het niks verteenwoordig wat nie verteenwoordig was deur adv. JG Strijdom, dr DF Malan, genl. JBM Hertzog, pres MT Steyn, pres Paul Kruger, Andries Pretorius, Piet Retief, Andries Hendrik Potgieter en Gert Maritz nie. As die Afrikanervolk vervreem word van dr Verwoerd, word die proses aangeskakel om die volk te vervreem van die hele Afrikaanse heldedom. Die doel is om die Afrikaners se vertolking van die geskiedenis af te stem op die van sy vyande en hulle sodoende los te maak van hulle ankers.

Die band met die verlede rem nie 'n volk of 'n party nie. Dit verskaf nie net begeestering nie, maar is ook 'n rigtinggewende mag.

Daar is derhalwe meerdere redes waarom die Afrikaners se verbondenheid aan dr Verwoerd en wat hy verteenwoordig het, lewend gehou moet word.

Die HNP hou die band met die geskiedenis

Die HNP is die enigste party in Suid-Afrika wat die band met die geskiedenis volledig handhaaf. Alle ander partye het dr Verwoerd in meerdere of mindere mate verloën. En met die vyandige veldtog van die ANC-SAKP en Afrikaner-verraaiers

teen die nagedagtenis van dr Verwoerd word dit 'n verleentheid vir sommige Afrikanerbemande partye. Hulle wil hulle nie met die HNP vereenselwig nie, en hulle kan hulle nie vereenselwig met die Kommuniste en liberaliste nie.

Om uit hulle verleentheid te kom, wil hulle hê die HNP moet hom losmaak van dr Verwoerd, en word ter rasionalisasie gesê die HNP se verbondenheid aan dr Verwoerd en wat hy verteenwoordig, laat die party in die verlede leef — 'n bewering wat gemaak word by gebrek aan enige geldige argument in die verband. Die feit dat die HNP al die openbare veldtogte en al die geheime en onderduimse planne teen hom oorleef het, is nie in geringe mate te danke aan sy onvoorwaardelike trou aan 'n voorgeslag nie.

Een van die grootste probleme van die ander Afrikanerbemande partye is dat daar geen historiese figuur aan Afrikaans Nasionale kant is waarop hulle vir byvoorbeeld die "volkstaat-ontvlugting", kan steun nie. In plaas van hulle dwaling te erken, wil hulle die HNP ook kry waar hulle is. Die HNP sal hom nie daartoe laat beweeg nie; hy sal die skakeling met die verlede lewend hou.

Die HNP het telkens die toekoms reg voorspel

Wat die bewering oor leef in die verlede veral in 'n bedenklike lig plaas, is die feit dat die HNP van al die partye die een is wat die toekoms die suiwerste ingesien het. Dit beklemtoon die verskynsel dat die band met die verlede ook bydra om 'n party in staat te stel om die toekoms beter te peil as ander, en gevolglik beter in staat is om te stry teen gevaarlike en verwerplike verwikkelings. Dit is in elk geval die mees elementêre vereiste wat aan 'n party gestel kan word as hy sy verantwoordelikheid moet nakom om leiding te gee.

Die geskiedenis van ons tyd leer weer dat nasionalisme ʼn onstuitbare mag is. Daarom is dit 'n lewensvoorwaarde vir die Afrikanervolk om dit te vertroetel en te versterk deur die beroep op volkskap, vryheid, vaderland, heldedom.

Nasionalisme en "globalisme"

Die Amerikaanse gesaghebbende staatkundige, Michael Lind, het in die blad Foreign Affairs van Mei-Junie 1994 geskryf oor wat hy "the enduring power of nationalist sentiment" genoem het. Hy het daarop gewys dat "die nasionalistiese ideaal een na die ander universalistiese aanval oorleef het". Die waarheid is ter sake in die lig van die gepraat oor "globalisme", wat voorgee dat nasionalisme uitgewis sou kan word.

Lind voeg by: "That all attempts at world conquest have failed,
has nothing to do with technology, and everything to do with
the determination of divers peoples not to be ruled by the
conquering   nation   of   the   day".
Hiervan   is   die

Afrikanergeskiedenis 'n aanskouingsles, net soos die eietydse geskiedenis van Joegoslawië, die Sowjet-Unie, Indië, Ciprus, Ierland en verskeie ander getuig.

Volk, staat en vryheid

ʼn Uiters belangrike stelling deur Lind is: "Oppressed nations should not be told that they will be free to vote on everything except their independence". Dit is letterlik toepaslik op die Afrikanervolk in die huidige staatsbestel, en dit is bedoel om Afrikanernasionalisme in te bind en te beperk, en om deelname aan verkiesings uit 'n nasionalistiese oogpunt 'n oefening in futiliteit te maak.

Dit sluit aan by wat Lind elders sê: "To identify primarily", lui dit, "not with a historic linguistic-cultural nation, but with a possibly transient government or paper constitution, would be

the height of irrationality". Dit is feitlik letterlik 'n verwoording van die HNP se standpunt van verbintenis tot Afrikaner-nasionalisme en afsydigheid van die huidige regime en grondwet.

Afrikaner en Suid-Afrikaner

"One is born into a cultural nation for life", skryf Lind, "but the state to which one owes loyalty may alter its borders, change its constitution, its name, even cease to exist". Dit beklemtoon die onsinnigheid van die argument dat 'n persoon allereers 'n "Suid-Afrikaner" is waaraan alle ander hoedanighede ondergeskik moet wees.

Afrikanernasionalisme stel Afrikanerskap voorop en burgerskap ondergeskik daaraan. Die talle veranderings in die staatsbestaan van die land — van die Brits-koloniale stelsel, tot die Unie van SA en vandaar tot die Republiek van SA in 1961 en tans die Nuwe SA — is genoeg getuienis van die verganklikheid van 'n staat en konstitusies.

Die duursaamheid van die huidige bestel en grondwet is uiters betwyfelbaar. Lind skryf:

"The evidence that democracy almost never works in societies that are highly divided along linguistic and cultural lines is overwhelming, e.g. Cyprus, Lebanon, Sri Lanka, Sudan, Soviet Union, Yugoslavia, Czechoslovakia, India".

Suid-Afrika se bevolkingsamestelling van Afrikaners, Engelse en ander Engelssprekendes, Kleurlinge, Indiërs van verskillende gelowe, Zoeloes, Xhosas, Vendas, Tsongas, Tswanas, Ndebeles, Swazi's en Sotho's is 'n oneindig meer ingewikkelde en moeiliker samestelling as enige van bogenoemdes wat reeds beproef is en misluk het.

 

Daarom se Lind tereg:

"Those who seek to promote multinational democracy and at the same time to preserve multi-ethnic entities intact will discover that in many cases these goals cannot be reconciled".

Die sogenaamde demokrasie waardeur alle volksgroepe onder een parlementêre dak versamel moet word, kan nie tegelyk deug om etniese identiteit te erken nie, want dit wek spanning en wrywing in die "eenheid".

Lind se dan:

"It would be a waste of time to hold together multi­national democracies where common national identity is lacking. This might be the case in the future South Africa".

In die lig van die talle voorbeelde hierbo genoem, is dit een van die sekerhede waarmee die Afrikaners rekening moet hou, naamlik: hierdie bestel van die Nuwe Suid-Afrika sal ineenstort.

Lind se:

"The wave of disintegrative nationalism that ripped apart the former Soviet Union and the Yugoslav Federation will not be the last. In all likelihood, the next few decades will see increasingly determined secessionist movements in the multi-ethnic... states...: India, South Africa, Iraq".

Dit is derhalwe beslis nie wensdenkery van Afrikaners dat die huidige beste! sal ineenstort nie. Die gesaghebbende beskouing van 'n onbetrokke vooraanstaande geleerde toon dat die moontlikheid van handhaafbaarheid van die huidige "demokratiese" bestel eerder wensdenkery is. Dit is die vaste basis vanwaar Afrikanernasionaliste die toekoms benader.

 

Die les van die geskiedenis van ander state is dat wanneer so 'n bestel in duie stort, dit gepaard gaan met geweld. Dit bring mee dat Afrikaners dringend aandag moet gee aan saambinding van politieke organisasies wat nasionalisme as uitgangspunt het. En sonder om selfverheerlikend te wees, moet gesê word dat die HNP homself daartoe aanwys. Deur die oproep tot selfrespek en selfbetuiging word 'n gees gekweek waardeur die Afrikanervolk in staat sal wees om te doen wat gedoen moet word wanneer die bestel ineenstort en die nuwe grense in Suid-Afrika getrek sal moet word, sy dit ook met bloed, soos 'n waardige voorgeslag bereid was toe hulle volk se vryheid op die spel was.

Die HNP sal 'n gees van verset vestig

Die algemene begeerte by baie Afrikaners is dat die pas van die geskiedenis versnel moet word om uit die huidige beknelling te kom. Dit kan daartoe lei dat mense verkeerde besluite neem. Die vereiste is tans hoofsaak 'n gees van verset wat aangewakker moet word. Dit lui tot meelewing met ander en vandaar tot betrokkenheid op 'n gemeenskaplike grondslag. Dit moet omgesit word in organisasie. Eers as daar organisasie is, kan daar effektiewe optrede wees.

GenI. Smuts het in 'n toespraak in Nederland in Junie 1948 onder andere gesê: "Die menslike aard is om nie vir altyd onderworpe te wees nie, maar om weer op te staan". Die voorwaarde vir so 'n opstaan is om die Afrikanervolk se historiese sin skerp te maak, die gees van verset te vestig, en Afrikanernasionalisme aan te wakker met die slagkreet: die stryd om vryheid en vaderland duur voort.

Maart 2000 Jaap Marais

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie