1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5836288

Besoekers aanlyn

Ons het 48 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE NAGTREIN NA RIVONIASTASIE

Klaas WaarseggerGéén parlementêre party kan die nagtrein stop wat volstoom oppad die donker in storm, want hulle is almal passasiers. Die saamryery van die DA en VF Positief met ‘n swart plus, is ten beste ‘n verleentheid vir die Afrikaner en ten slegste verraad teenoor alles wat fatsoenlik is. Een van die vele probleme met die nagtrein is dat die wiele nie mooi pas op die tweespoor van landsregering nie. Die integriteit van die waens is ook aangepas toe die binne afskortings afgebreek is vir geïntegreerde saamryery sonder geldige bloupas.

Trein na RivoniastasieVoor op die wa-passasiers word natuurlik onder die wiele gegooi soos wat met Helen Zille gebeur het. Haar meesterlike uitvoering van die “Azanian Jive” kon haar nie red nie. Sy het die sonde van haatspraak gepleeg toe sy die “vlag” van kolonialisme gewaai het deur te beweer het dat alles van kolonialisme nie sleg was nie. Plundering van dit wat deur witmense opgebou is het ‘n lewenswyse geword vir die swart regime en terselfdertyd is ‘n klimaat geskep waar die witman die skuld moet dra vir al hul mislukkings terwyl hulle kriminaliteit moreel besing en aangeprys word.

Die trein vleg deur rommelbestrooide stasies, armblanke plakkerskampe waar wit kinders bakhand staan vir ‘n aalmoes. ‘n Getuigskrif vir die beleid van Afrikanerhaat. Kan jy vir my sê waar witmansland lê?

Na 25 jaar is die trein erg gehawend. Die meeste trokke het onder brandstigting deurgeloop en reparasie kan nie meer gedoen word nie omdat al die wit tegnici in die pad gesteek is en die wit monopolistiese kapitaal opgeraak het. Oral is die apartheidspoorstawe verwyder en veruil vir ‘n pot lensiesop. Slegs die apartheidsmomentum stu nog die trein oor die klippe soos wat die randwaarde HOP na benede. Selfs die Rip van Winkels (laatslapers, geldbeneweldes) soos Johan Rupert waarsku nou, dit is tyd om ‘n stok in die wiel te steek as jy jou lewe en besittings lief het.

Die sinjale werk nie meer nie. Die kabels is gesteel. Eishkom het dit nog nie vervang nie, hulle geld is gesteel. Weet Eishkom dan nie dat elektrisiteit ‘n mensereg is nie? Geen “ordentlike” munisipaliteit is in elk geval bereid om vir ‘n kragvoorsieningstelsel te betaal wat in die apartheidsera opgerig is nie. Wat verbeel die rassistiese witmense hulleself! Daar is nog altyd die opsie van kerskrag en Zuma se kernkrag.

Rivoniastasie is nou om die draai. Daar wag die openbaring van realiteitsbekenning. Wit is nie swart nie en swart is nie wit nie, ook genoem die K-faktor. ( K vir Kaleidoskoop). Fluit, fluit, die ore gaan tuit!

NS. Nou wie de drommel het die bom geplant??

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie