1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5836249

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE “OU” LANDSVLAG HAATSPRAAK? NOU WAT VAN DIE NUWE “LANDSVLAG” EN DIE SAKP VLAG?

Ou LandsvlagDie beginsel wat hier aangelê is geld ook bepaald vir albei bo-vermelde vlae en behoort hulle dan albei summier beperk te word vir dieselfde rede as wat die partydige regter se bevinding oor die “ou” landsvlag was.

Vir die Afrikanervolk was daar nog nooit ‘n vlag wat meer aanleiding gegee het tot kwetsende, haatdraende, vernederende en vernietigende benadering as wat huidiglik deur ons ervaar word by die aanskouing van die nuwe vlag nie. Selfs die Union Jack waaronder die Afrikanervolk veel moes ly en verduur, het ons egter terwille van die Nuwe Landsvlaggeskiedenis nie uit die ou Landsvlag verwyder nie.SAKP vlag

Dit wat deur die vlag van die Kommunisme verteenwoordig word, skep wêreldwyd ‘n gees van teenkanting aangsien volksmoord, verwoesting en barbaarsheid tekenend van Kommunistiese oorheersing is.

Die verval, vernietiging, korrupsie, moord, onveiligheid, onbevoegdheid en openlike diefstal van wat die Afrikanervolk oor eeue opgebou het, kan nie deur die krete van rassisme en verontregting van die “agtergeblewenes” wat steeds brand en verwoesting as oplossing vir waaroor hulle verontreg voel,weggesteek of weggepraat word nie!

Om te bevind dat die waai van ‘n vlag haatspraak verteenwoordig is absurd! ‘n Vlag verteenwoordig wel die organisasie wat daarop aanspraak maak dat dit sý vlag is, en dienooreenkomstig dit waarvoor daardie organisasie staan! Of dit nou goed of sleg is! Die suksesvolle of wanprestasie van só ‘n organisasie kleef onlosmaaklik aan sy vlag wat hy vertoon en waardeur hy ge-identifiseer kan word! Om daardie reg te probeer wegneem is om verset te ontketen. Dit verteenwoordig die identiteit van die Afrikanervolk en elke ander volk wat 'n vlag vertoon! Die Afrikanervolk neem aanstoot aan die nuwe vlag en die van die SAKP en behoort dit oor dieselfde kam geskeer te word!

Die regime se vrees vir die patriotisme wat deur die vertoon van ‘n volk se vlag aangewakker en versterk word, is waarskynlik die grootste rede vir die uitspraak! Van geregtigheid en onpartydige regspraak is hier géén sprake nie en maak van die hof in Suid Afrika ‘n klug!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie