Afrikaner

GEE AAN DIE HERE WAT HOM TOEKOM

BybelSpr. 3:1-35

Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;  dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.  (:9&10).

Ons hoor gedurig van moeilike ekonomiese tye.  Ons hoor heeldag en aldag hoedat mense kerm en kla dat hulle nie met hulle geldjies uitkom nie.  Ons hoor gereeld dat mense murmureer oor die regering wat ons almal beroof met hoë belastings terwyl daar bykans geen sinvolle aanwending van hierdie belasting fondse te bespeur is nie.  n Regering wat soos n sprinkaan plaag alles opeet wat hy kan opspoor.  Dink maar hoedat hierdie heidense regering n eens florerende Evkom tot bankrotskap opgeëet het.  En die tyd sal my ontbreek as ons moet praat oor die talle ander organisasies wat op n stadium nie eens aan ekonomiese swaarkry kon dink nie en vandag bankrotskap in die gesig staar.

Daar is baie van ons volksgenote wat aanvoer dat hulle nie n tiende van hul inkomste aan God kan afstaan nie, omdat hulle alreeds nie met hulle geldjies uitkom soos dinge tans staan nie.  Ek bedoel, nadat die kinders se sport toere, ons DSTV vir die maand en al die kos en drankies vir ons partytjies betaal is, mis ons alreeds een of twee debiet opdragte by die bank wat onbetaald terugkom.  En as ek darem n R100 of R 200 in die kollekte bordjie gooi, kan ek myself troos dat ek soos die arm weduwee aan God gegee het dit wat ek gehad het om te gee. 

Ons besef dit dalk nie, maar om n tiende van ons inkomste aan God af te staan, is n geweldige voorreg.  En dit versterk ons verhouding met Hom tot n baie groot mate, omdat dit ons afhanklikheid van Sy troue sorg in ons diepste wese verstewig.  Wanneer ek met n opregte en dankbare hart my tiende aan God afstaan en vertrou dat Hy altyd in die toekoms vir my sal voorsien (soos wat die arm weduwee gedoen het) bewys ek eer aan Hom.  Ek eer Hom met dankbaarheid en ek eer Hom omdat ek my vertroue op Hom stel en nie op my eie vermoë nie. 

Ek waarborg u vandag  dat God diegene eer wat Hom eer.  Hy sal in der ewigheid, nooit as te nimmer nie, n persoon wat Hom eer en liefhet in die steek laat nie.  U kan verseker weet dat selfs wanneer u in tye waar dit noustrop gaan dit wat reg is aan God afstaan, Hy ongetwyfeld vir u in u behoeftes sal voorsien.  God stel voormelde belofte self in die woorde van Mal. 3:10: Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle n oorvloedige seën sal uitstort nie.  God nooi die mens uit om Hom op die proef te stel probeer dit en kyk of Ek n God is wat My Woord gestand doen!

Die Here spreek ook in Maleàgi 3 Sy weersin uit dat Sy volk se kinders Hom van die tiendes van hul inkomste beroof.  Let mooi op die woorde wat die belofte in vers 10 voorafgaan bring die HELE TIENDE na die skathuis.  Mag n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.  Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!  (:8&9).  Ons versuim om ons tiende aan God af te staan, is in Sy oë dieselfde as wanneer iemand iets van ons steel Hy stel dit dat ons Hom beroof deur nie dit wat reg is aan Hom af te staan nie.  En ons weet self hoe ongelukkig ons voel en hou onstuimig ons gees is wanneer iemand van ons steel.  Kan ons dan nog steeds nie verstaan dat n God van liefde toelaat dat ons land in so n chaotiese toestand verval nie?  Waarom ywer Hy nie vir ons nie?  Ek wonder met hoeveel ywer ek en u sal optree en hoeveel guns ek en u sal bewys aan n persoon wat ons beroof...

Daar is baie mense wat die g