1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5746594

Besoekers aanlyn

Ons het 66 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

JAAP MARAIS – MAN VAN BEGINSELS (Finaal)

In hierdie laaste aflewering van die huldeblyk aan mnr. Jaap Marais staan ons onder andere stil by die raad wat hy gehad het oor hoe om die krisis waarin ons volk hom bevind te hanteer en hoe om die pad vorentoe aan te pak.

4.Die uitleef van sy beginsels.

Mnr. Jaap Marais was nie maar net ‘n prater van beginsels nie. Nee, hy was inderdaad Jaap Marais Foto‘n doener van dit waarin hy geglo het. Daarvan getuig sy lang politieke loopbaan waarin hy onverskrokke nooit een keer sy politieke beginsels versaak het nie, daarom kon in ‘n huldeblyk van hom gesê word:

“Mnr Jaap Marais se politieke verlede lê in een reguit lyn. Niemand kan hom daarvan beskuldig dat hy dinge verdedig wat hy vroeer verdoem of dinge verdoem wat hy vroeer verdedig het nie. Dit is die maatstaf van eerbaarheid.”

Hy was ten tye van die moord op dr. H.F. Verwoerd reeds ‘n gerekende politikus en debateerder in Nasionale Party geledere en was bestem om groot hoogtes in die politiek en regering te bereik. Hy was egter nie bereid om terwille van hierdie verwagte voordeel sy beginsels prys te gee toe adv. John Vorster, dr. Verwoerd se opvolger, die beginselpad van Verwoerd verlaat het nie. Dit het hom gedurende die volgende sowat 33 jaar in die sogenaamde politieke woestyn gelaat, vanwaar hy met suiwer beginsels bly voortveg het vir die behoud van die Afrikaner nasionalisme en sy volk. Dit het hy onverskrokke, met ywer, entoesiasme en ‘n vlymskerp intellek gedoen.

In ‘n huldeblyk na sy dood sê mnr. Willie Marais:

Vir Jaap Marais was die Afrikanersvolk sy hele lewe. Hy het sy alles in diens van sy volk gestel. Geen dag was te lank nie. geen nag te kort nie; elke greintjie krag wat hy gehad het. het hy aangewend om die stryd van die Afrikaner. So was dit dan ook dat hy 77 somers ten spyt, nooit die geringste teken getoon het dat hy moedeloos of afgemat geword het nie.

Hy het homself nooit gespaar nie. Maar ook die wat hy as vyande van die Afrikanervolk geëien net het hy nooit gespaar nie. Hulle het dit behoorlik ontgeld. hetsy dit vanaf die verhoog was, hetsy uit talle geskrewe dokumente wat hy met sy skerp intellek en uitstaande redenasievermoë die lig laat sien het.

En wanneer hulle nie antwoord gehad het nie het hulle gesê Jaap Marais is verbitterd of hardkoppig. Daar was egter niks daarvan by hom te bespeur nie. Wanneer rotsvaste beginsels onverskrokke en kompromisloos deur horn verdedig is, was die gerieflike dog powere antwoord: hy is hardkoppig. En wanneer hy uitgewys het hoe Afrikanerleiers hulle volk verraai het, was dit die skamele stottering: hy is verbitterd. Het ons volk maar meer sulke hardkoppige Bittereinders gehad!”

Daarom kon mnr Kosie Erasmus die volgende van hom sê:

“Hy sal onthou word as die Boereleier wat stoer en onbeskaamd die tydlose waardes van Afrikaner volksnasionalisme beklemtoon, vertolk, verwoord maar ook prakties uitgeleef het. Hy het nie net onwrikbaar geglo in die uitleef van beproefde Afrikaner-volkswaardes nie maar was ook bereid om daarvoor selfloos te stry al kos die stryd ook seerkry en opoffering. Sy onroerbare beginselvastheid en onkreukbare openbare lewe sal die Afrikanervolk in tye van nood herinner aan 'n groot man wat nie gebuig het toe buig deur ons vyande mode gemaak is nie.”

5. Ons huidige situasie en die pad vorentoe

In die geskrifte van mnr Jaap Marais is daar baie riglyne en beginsels waaruit ons vandag steeds wysheid kan put in ons stryd teen die huidige oorheersing.

  •        Praktiese raad

In tye van moedeloosheid kyk terug na die leiers van die verlede:

Ek wil by u pleit, moenie die dag van kleine dinge vergeet nie. Die volksintuïsie van manne soos Kruger, Steyn, De Wet, De la Rey, Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd was deurgaans suiwer. Hulle voorbeeld is die van regop loop, reguit praat en trou wees aan waarheid en aan waarvandaan jy kom. Daarin is suiwerheid en krag.

Moet nie ingee, oorgee of moed verloor nie:

Die Afrikaner sal nie buk of oorgee of weghardloop nie. Dit kan hierdie bang mense van die ATKV en die Voortrekkerbeweging maar weet. Ons is gewoond daaraan en ons weet dat as 'n mens pal staan vir jou volk word jy van voor aangevat deur die volksvyande en van agter deur die volksverraaiers. Maar selfs dit sal ons toewyding en ons strydvaardigheid vir ons volk en ons taal en ons vaderland nie verdof nie.

Pak die uitdagings van die toekoms aan deur telkens die regte keuse te maak nl. die keuse vir die regte beginsel en keuse vir die ideaal van ‘n vrye Afrikanervolk:

“Voor 'n uitdaging beantwoord kan word, moet 'n keuse gedoen word - die keuse van beginsel en die keuse van ideale. Deur die twee vaste punte word die riglyn van elke strewe getrek.

Die keuse van beginsels verg kennis. want beginsels is afgelei uit kennis. En die keuse van ideale vereis meelewing in n volk se kontinuiteit, want ideale is eweseer deel van die verlede as van die toekoms.

Die wat beginsels het, sal vastheid hê, ondanks alle woeling. Die wat ideale het, sal rigting hê, ondanks alle verwarring. Dit is te alle tye betekenisvolle faktore. maar des te betekenisvoller vir jong mense in 'n onrustige en gevaarvolle tyd soos die.”

Mense, dikwels die wat die nuwe bestel aanvaar het maar ook die wat van die suiwer beginsels van die Afrikaner nasionalisme afgewyk het, is lief om die beskuldiging te maak dat ons niks doen nie of geen planne en antwoorde op die toekoms het nie. Die vraag is dan gewoonlik wat is julle antwoord op die toekoms?.

Mnr Jaap Marais se antwoord hierop is as volg:

“Om in die toekoms te sien. is om in skemerte te kyk; en daar is net een grondslag waarop die gang van sake met redelike vertroue voorspel kan word: dit is 'n begrip van die waarheid. Daardeur kan 'n mens verby die onmiddellike sien en in 'n berekening van oorsaak en gevolg tot 'n slotsom kom wat in breë trekke reg is.”

“Die pad van die Afrikanervolk loop nie deur die Carlton Hotel of die Goeie Hoop nie. Dit loop nie deur konstitusionele kontrepsies van 'n veelrassige parlement en kabinet nie. Dit loop nie deur die kronkelgange van die VVO en die Amerikaanse State Department nie. Die pad van die Afrikanervolk loop deur Bloedrivier en Amajuba en Magersfontein en Vereeniging se vrede. Die pad loop saam met generaal Hertzog, dr Malan, advokaat Strijdom. Dit loop deur die bloedplas in die parlement waar dr Verwoerd gesterf het omdat hy "Nee" gesê het vir verandering van sy volk se beginsels en waardes; "nee" vir onderhorigheid aan Brittanje en Amerika; "nee" vir valse vrede met Afrikastate; "nee" vir rassevermenging; "nee" vir broederskap met die geldmag. Dit is waar die spoor van vryheid weer opgevat moet word, waar hy doodgeloop het op 6 September 1966.”

Hierop kan ons met vrymoedigheid byvoeg: Die pad van die Afrikanervolk loop nie deur Afriforum se leë skermutselinge met ANC die regering terwyl hy die huidige grondwet en olitieke bestel omarm nie. Die pad van die Afrikanervolk loop nie deur die VVK en die HNP se futiele politieke speletjies en gesprekke met die marksistiese ANC regering nie. Die pad van die Afrikanervolk loop nie deur die Vryheidsfront wat voorgee dat hy Afrikaner belange dien terwyl hy lynreg teen die beginsels van die Afrikaner nasionalisme, pens en pootjies binne hierdie Godlose bestel sit nie.

Rol die moue op. Laat ons die stryd met toegewyde ywer voortsit, klink na goeie raad:

“Miskien het dit tyd geword dat ons vir onsself sê dat dit tyd geword het dat ons sal ophou om onsself jammer te kry, dat ons sal ophou om te vertel hoe ons mislei is. Is dit nie beter om maar liewer op te staan, die moue op te rol en ‘n slag tot die stryd toe te tree nie? Te lank het te veel Afrikaners te aanhoudend kritiek gehad op die vegtende minderheid wat die stryd gevoer het met beperkte middele en wal gegooi het terwille van die volk. Laat ons dit maar ook 'n slag sê: kritiek is aanvaarbaar van 'n medestryder, nie van 'n onbetrokke mens wat kritiseer om homself daardeur te verontskuldig nie.

Die tyd en geskiedenis is aan ons kant, daarom mag ons nooit vrees of misoedig word nie want die vyand kon die Afrikaner nie in die verlede vernietig nie en hy sal dit ook nie Jaap Marais Sketsnou regkry nie. Dit is die woorde van ‘n wyse, beginselvaste man. Die woorde van ‘n Jaap Marais wat tot ons spreek as hy sê:

Laat ons dit tog weet: die SAKP-ANC, aangespoor en gesteun deur die Engelse en Amerikaanse geldmag, sal die Afrikaner nie met rus laat voordat hulle ons nie begrawe het nie. Hulle het dit in die verlede nie reggekry nie en laat ons dit ook vir mekaar sê, hulle sal dit nou ook nie regkry nie. Laat ons ons geledere sluit, laat ons in geloof, in vasberadenheid en volharding die stryd voortsit en weer 'n slag vir die wêreld wys dat baie van die sogenaamde groot magte wat teenoor ons staan, net op papier indrukwekkend is.”

“Hierdie onheilige bestel is nie volhoubaar nie en sal in duie stort”

“Ds CR Kotze was tog reg toe hy gesê het volk. vaderland en nasionalisme is van God en empires is van die duiwel. Daarom het geen empire ooit duursaamheid nie. Geen empire kan standhou teen volksnasionalisme nie; geen internasionalisme kon natuurlike grense uitwis nie. Daarom: laat ons glo en werk!”

  •       Die verlede en die toekoms roep ons op tot die stryd

Mnr Marais stel dit aan ons dat ons geroep word deur die smekende oproep van die nageslag en gedring word deur die voorbeeld van ons voorgeslagte:

“Anderkant die vernedering van vandag, anderkant die herinnering van môre, roep die ongebore geslagte van jou en my kinders. Hulle roep tot ons as die skakel wat hulle moet bind aan wat agter lê. "Moet ons nie laat losdryf van ons voorvaders nie. Bind ons aan hulle deur julle dade."

   En agter ons staan die silhoeëtte van 'n Voortrekkervrou met twee velskoenkinders voor haar, 'n Boerekryger met sy perd en sy geweer; 'n padwerker met sy pik en graaf; 'n mynwerker met sy staalhelm en sterk stewels; 'n boer met twee harde hande vol sagte Suid-Afrikaanse aarde. Hulle sien die vyand van vandag. Hulle herken hom. Op ons vraende blik knik hulle bevestigend.

   Afrikanerskap dwing weer tot groot dade. Die as word weer afgeblaas van die rooi kole van die geskiedenis. Die vergesig van 'n vrye volk glim weer deur die newels. Die gloed van liefde vir wat eg en sterk uit hierdie aarde gegroei het, slaan weer om die hart.”

Op hierdie roepstem kan ons nie anders as om JA te antwoord nie! Kan ons nie anders as om die kole van patriotisme, idealisme en volksnasionalisme rooi te blaas totdat dit ‘n soos ‘n verterende vuur oor ons volk brand en hom oproep tot oorwinning en herwinning van sy vryheid in hierdie pragtige land wat ons enigste vaderland is.

Ek wil afsluit met ‘n aanhaling uit die gedagteskat van mnr Jaap Marais:

“Die nasionalisme het nie plek vir papbroeke en vroompraters nie. Wie sy vertolkers wil wees, moet reguit loop, moet duidelik praat, moet bereid wees tot onvriendskap met sy vyand en moet sy man kan staan selfs wanneer hy alleen staan.”

Dit is die beeld en woorde van ‘n man wat waarlik ‘n man van beginsels was.

Ons is dikwels geneig om van ‘n groot figuur by sy heengaan te sê: “Stilte daar gaan ‘n man verby”. Ek wil egter vir u vandag sê dat sy herrinering nie stilte vra nie, want sy woorde en beginsels leef voort in die geskiedenis van ons volk. Hy roep ons luid op tot die stryd en sy wekroep is: “Stryd is lewe”.

U kan die vorige aflewering van hierdie huldeblyk lees by:

http://www.afrikanervolksparty.org/index.php/afrikaner/7115-jaap-marais-man-van-beginsels-deel-2.html

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie