Ons staan verenig vir ‘n gesamentlike doel,
om as eenheid op te tree, wyl golwe oor ons spoel.
Ons doelwit te verwesenlik, so het ons ooreengekom,
trou aan mekaar gesweer, om gereeld byeen te kom
Ons samekoms was Afrikanerskap, ’n broederskap,
geen toeval...getrouheid aan ons herkoms, ons toekomspad
saamgevoeg in Godsvertroue want Hy het ons tot hier gebring,
Hy sal ons nie verlaat, by bloedrivier is ‘n eed gesweer wat dwing,
Wat ewig geldig is, eer van elk oorwinning aan Hom toe te bring, want uit Sy Hand
aan volk en Vaderland en nageslag, ons pad belig, so as ‘n fakkel brand!
mag ons dit waardig wees, laat ons ‘n inspirasie wees...
wat, Afrikaner-harte temper, hul kragte te verenig, één in gees
die vreemde juk te breek, met moed en eer en plig, ons Vryheid te herwin....
’n tyd van leef, ‘n tyd van sterf, terwille van ons volksrespek en lewensin
ons ysterwil, geloof en veggees sal gedy, en so voortbestaan verseker
vir hul wat na ons kom. Laat vryheid, selfrespek ons volkstrots steeds verbeter,
Ons samesyn,Dít moet ons roeping wees.