1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5904126

Besoekers aanlyn

Ons het 62 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAAROM GEHEIME ORGANISASIES VERMY MOET WORD

BroedertwisIn die eerste plek omdat die Woord van God sê in MARKUS 4:22 “Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.” JOHANNES 3:21 “Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.”

As jy gelowig is sal jy dit glo en daaraan gehoorsaam wees. As jy egter “slim” is sal jy dit ook glo maar omseil deur allerhande akademiese praksasies van waarom so ‘n geheime organisasie tog noodsaaklik is. Beaumont SchoemanFeit bly egter dat ‘n geheim iets is wat jy nie wil hê sommige moet weet nie en dat slegs ander uitverkose “sommiges” dit mag weet wat geheim is. Die onderskeid wat hier gemaak word is of dit wat jy geheim hou, in jou medemens en/of jou organisasie se belang gaan wees, al dan nie. Wie gaan hierby baat vind?

Kom ons kyk van naderby hoe dit in die praktyk in ons Afrikanergeskiedenis uitgewerk het met die Afrikaner Broederbond, bekend as die AB. EK gaan aanhaalings uit ‘n boek van B.M. (Beaumont) Schoeman, “ Die Broederbond in die Afrikaner-politiek”  (1982), 'n Afrikaanse joernalis en onder andere voormalige redakteur van die Herstigte Nasionale Party se mondstuk, Die Afrikaner, gebruik om my punt te staaf.

Die Broederbond het op twee belangrike grondslae tot stand gekom: dit sou 'n nie-politieke organisasie wees wat agter die skerms onbaatsugtig en in groot vertroulikheid sou werk om aan die Afrikaner sy regmatige plek in sy vaderland te gee. Politieke verbintenisse van sy lede sou geen rol speel nie en volksdiens, sonder om openbare erkenning daarvoor te verwag, sou sy wagwoord wees. Aan 'n lid sou nie gevra word "watter politieke party ondersteun jy" nie; suiwer en opregte Afrikanerskap sou die enigste maatstaf wees.

Sowat 'n maand na die stigtingsvergadering van die AB is op 2 Julie 1918 'n grondwet vir die Broederbond aangeneem. Artikel 16 daarvan het gelui: "Die vereniging is beslis nie-polities en dit word verwag dat politiek buite ons werksaamhede en vergaderings gehou sal word." Op 21 September 1920 is die grondreëls van die Bond opgestel en in artikel 9 daarvan word die verhouding van die Bond tot die politiek weer duidelik soos volg gestel: "In verband met die werksaamhede kan die vergadering enige volksvraagstuk of geskiedkundige punt bespreek met die doel om op onpartydige wyse uit te vind wat die beste is vir die sedelike, intellektuele, maatskaplike en staatkundige vooruitgang van ons volk. G'n spreker mag egter optree as propagandis van die een of ander bestaande politieke party of partypolitiek as sodanig nie. Die voorsitter sal streng let op die handhawing van hierdie bepaling."

In die grondwet word die grondslag van die AB aangedui as Christelik-nasionaal en die doel soos volg:

"(a) Die bewerkstelliging van 'n gesonde en vooruitstrewenale eensgesindheid onder alle Afrikaners wat die welsyn van die Afrikanernasie nastreef;

(b) die opwekking van 'n nasionale selfbewussyn by die Afrikaner en die inboeseming van liefde vir sy taal, godsdiens, tradisies, land en volk;

(c) die bevordering van alle belange van die Afrikanernasie."

By die instelling van 'n nuwe lid word in die formulier wat gebruik word, baie sterk klem gelê op die voortbestaan van die Afrikanernasie. Een van die vereistes vir lidmaatskap is dan ook dat 'n persoon "skoon van karakter en vas van beginsel, ook in die handhawing van sy Afrikanerskap", moet wees. Altyd het dit gegaan om die belange van die Afrikaner in sy onderskeidenheid van enige ander bevolkingsgroep en om die feit dat die Afrikaner 'n eersgeboortereg op hierdie land het. Dit is ook waarom bepaal is dat partypolitiek nie in die AB bedryf mag word nie.

Binne die AB het egter nog ‘n geheime organisasie ontstaan, naamlik die Uitvoerende Raad, kortweg die UR genoem. Vanuit die UR is die oorspronklike grondbeginsels en reëls van die AB op subtiele wyse begin omseil en is partypolitiek op bedekte wyse binne die AB die hoof oogmerk van verandering geword.

Politiek

 Dit was veral in Vorster se bewindstermyn dat die Uitvoerende Raad hom al hoe meer in die rol van beleidsformuleerder geplaas het. Dit het, om maar een van die moderne terme te gebruik, 'n soort dinkskrum vir die Rege­ring geword. Die oorsprong van bepaalde beleidsrigtings in hierdie tyd kan tot in die binnekamer van die Broederbond-leiding nagespoor word.

In hierdie tydperk het ook 'n nuwe ontwikkeling begin intree. In toenemende mate is die Broederbond deur die Regering gebruik as middel om eers die volk voor te berei en te kondisioneer vir veranderings en beleidsafwykings wat in die politiek beoog is. En wanneer die veranderings aangebring is, is die Broederbond weer gebruik om dit in die beste voeë aan die volk voor te lê. Hiervoor is in eie kring omsendbriewe, studiestukke en andere middele aangewend. Na buite is weer van senior Broederbondlede gebruik gemaak om deur middel van toesprake, referate, lesings, ens., 'n groter deel van die volk te bereik. Die klaskamer, universiteitskateder, staatskantore, staatsgesubsidieerde institute, kultuurorganisa-sies, koerante, sinodesittings — ja, selfs die kerk — is berekend en in toenemende mate hiervoor ingespan. Alles waarop die Broederbond sy hand kon lê, is inderdaad hiervoor gebruik.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie