1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7464617

Besoekers aanlyn

Ons het 29 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

BLOED IS DIKKER AS WATER!

Bloed is dikker as water Kwa Zulu NatalAnders as die huidige geslag Afrikaners wat verskeurd en verdeeld in opponerende faksies, na die sluipmoord op dr. Verwoerd steeds agteruit gedwing word, is die voorspelling van wyle mnr. Jaap Marais dat geweld onder die etniesverdeelde swartes sal uitbreek, besig om in vervulling te gaan.

Hoewel die moorde op blankes toeneem, is die oplaaiende spanning tussen hoofsaaklik die Zoeloevolk aan die eenkant en die ander swart etniese leiers en hulle volgelinge aan die anderkant, sigbaar besig om tot ‘n klimaks te ontwikkel.

Die stryd tussen die openbare Beskermer wat ‘n Zuma aanstelling was en Ramaphosa die Venda, is betekenisvol. Ace Magashula en die adjunk president wat beide Zumamanne is, se teenkanting teen Ramaphosa binne die uitvoerende komitee van die ANC dui duidelik daarop dat Zuma en die Zoeloes nie hulle politieke nederlae gaan aanvaar nie.

Zuma se standpunt toe hy nog “die president” was dat getallemeerderheid die sê het en hy daarom in beheer is, is duidelik steeds hulle standpunt en in Afrikapolitiek, ‘n geldige standpunt! Hier geld meriete, integriteit, kundigheid, intellek en ervaring nie ‘n snars nie. Jy moet net kan regop loop, met ‘n klip kan gooi en ‘n kruisie kan trek. ‘n Sommetjie wat mense soos Pik Botha, FW de Klerk, Roelf Meyer en al die liberaliste, humaniste en charismate nie kon maak nie!

Die Zoeloes is besig om te groeppeer en slim genoeg om te weet dat die beste manier is om die ANC te kaap as voertuig vir hulle beleid van parasitisme. Hulle sal dus Ramaphosa se uitdagende houding as oorlogsverklaring sien en alles binne hulle vermoë doen om hom te onttroon.

 

Ramaphosa het die voordeel dat die Afrikanerbond (Broederbond) alias Vrymesselary, geldmag, die Weste en Illuminatie, sy rugsteun is wat nog altyd daarin geslaag het om die swartes in Afrika te uitoorlê. Die opkomende Nasionalisme regdeur Europa, mag dalk hulle kaarte deurmekaar krap.

In Suid Afrika sal die Hensoppers, Joiners, Hanskhaki’s, saampraters, volkstaters en ander volksverdelers egter nog groter skade moet verduur voordat die besef van die waarde van eensgesindheid rondom beginsel en beleid ons dwing om laer te trek. Die waarskuwing van Matthéüs 12:25 “Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.”, het nog nie ingesink nie!

 

Die postmoderne jong politici, wat terloops ook gelowig voorkom, maar hulle oë en ore sluit vir die verval wat die teenhang van Afsonderlike Ontwikkeling tot gevolg gehad het, desnieteenstaande poog om deur deelname in teenstelling met verset teen die ongeregtigheid, ‘n vreedsame veelvolkige samelewing te skep, het die grootste vyand van ons volk se vryheid geword. Daar vloei kosmopolitaanse bloed in hulle are! Bloed soos water waar daar nie ruimte is vir homogene volk en ‘n eie vaderland nie. Alles vir almal sonder begrip vir die gevolg daarvan en die offers wat gebring is vir die vrede en voorspoed tot en met 6 September 1966.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie