Afrikaner

DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA ‘N ILLUSIE

Demokrasie in Suid AfrikaIn sy outobiografie verwys die historikus Hermann Giliomee na die demokratiseringsproses in Suid-Afrika as , “bekoorlik maar naïef.” In ‘n rubriek van 12 September 1991 wys hy daarop dat Suid-Afrika nie oor die meeste vereistes beskik wat volgens kenners noodsaaklik is vir ‘n goed funksionerende demokrasie nie.

 

Die helfte van die bevolking was funksioneel ongeletterd, die ongelykheid tussen die armste helfte en die rykste tiende was van die hoogste in die wêreld. ‘n Sterk middelklas wat gewoonlik as voorvereiste vir demokrasie beskou word; was onder swart mense afwesig. Volgens die meeste berekenings sou minder as 20% van die kiesers in’n volwaardige demokrasie deel vandie middelklas wees.

Oor die proses van demokratisering word drie gerespekteerde kenners se mening aangehaal. Elie Kedourie, skrywer van ‘n gesaghebbende werk oor nasionalisme het geredeneer dat demokrasie slegs werk as daar ‘n gereelde verwisseling van regering plaasvind, soos in Wes-Europa die geval is: Die toepassing van die Wes-Europese model op diep-verdeelde samelewings lei herhaaldelik tot “tirannie deur die meerderheid”.

Pierre van den Berghe, wat in die Belgiese Kongo groot geword het en ‘n invloed-ryke sosioloog in Amerika geword het, sê in 1979 in sy voorwoord by – “ The liberal Dilemma in South-Africa” dat: meerderheidsregering in plurale gemeenskappe soos Suid-Afrika die masker kan word vir rasseoorheersing. As jou kiesers deel is van die demografiese meerderheid kan rassisme maklik verbloem word as demokrasie.

Ook die beroemde professor Donald Horowitz in die regte aan die Duke-Universiteit wie wyd gerespekteer was vir sy werk oor etniese konflikte en die bedinging van ‘n nuwe grondwet in diep-verdeelde samelewings skryf in sy baanbrekerswerk, “Ethnic Groups in Conflict” dat: ‘n goed funksionerende-demokrasie iets buitengewoons is in ‘n samelewing met diep klowe tussen verskillende nasionaliteite of rassegemeenskappe.

In “Democratic South-Africa” 1991 skryf hy: “As meerderheidsregering swart meerderheidsregering en die uitsluiting van die wit minderheid beteken, het iets verkeerd gegaan” en dan het wit mense geen rede om ‘n inklusiewe demokrasie vir Suid-Afrika te kies nie.

Die nuutste meningspeiling van die verkiesing op 8 Mei 2019 teenoor 2014 bevestig die menings van die voorgenoemde gesaghebbende kenners dat die demokrasie in Suid-Afrika slegs ‘n mite is want Suid-Afrika het ‘n partystelsel waarin die gaping tussen die sterkste en naassterkste party van die hoogste in die wêreld is, soos die statistieke hieronder aandui:

                                                                                                                     Bladsy 1 van 2

KIESERS PARTY PERSENTASIES

                                               2014                           2018 peiling 19 Maart 2019

ANC    62%                             61%

                                   DA       22%                             18%

                                   EFF      6%                               10%

                                   BLF      -                                  -

                                   Gesamentlik DA uitgesluit     71%

Die kans vir bewindswisseling gedurende 20 tot 25 jaar was feitelik nul en vir die toekoms sal dit ook nul wees so, uit wat bestaan die sogenaamde demokrasie? Navorsing het getoon dat net gereelde veranderings in die regerende party, eerder as ‘n goeie grondwet, ‘n demokrasie en sy voortbestaan bepaal.

Elders in demokrasieë met ‘n enkele party so dominant soos die ANC was het die noodsaaklikheid skeiding tussen die regerende party en die staat mettertyd verdwyn. Die minderheid in Suid-Afrika het buite die Grondwet omtrent geen vermoë om die besluite van die meerderheid te temper nie soos dit alreeds herhaalde kere in die parlement gemanifesteer het.

Daar word nou politieke dwang op die Suid-Afrikaanse samelewing toegepas en hierdie dwang is om die reg van bestaan en voortbestaan van alle inheemse tale en kulture binne die grense van Suid-Afrika deur die ANC bewind te minag tot voordeel van ‘n koloniale taal, Engels. Die ideaal van die ANC is die skepping van een Suid-Afrikaanse nasie. Eers ‘n stelselmatige proses van kultuur, dan taalsuiwering en die ontwerp en uitbouing van een taal en een geskepte kultuur vir ‘n Suid-Afrikaanse nasie.

Universiteite, ander instellings soos die handel; speel saam onder hierdie dwangproses wat ‘n resep is vir botsings want taal en kultuur is baie diep en ook emosioneel. Dit het al klaar die Suid-Afrikaanse ekonomie aansienlik skade berokken wat op die rand van ineenstorting is.

Ongeag dat gerespekteerde kenners en geskiedkundiges F.W. De Klerk adviseer het dat ‘n een mens een stem nie ‘n suksesvolle demokrasie tot stand sal bring nie het hy voortgeploeter om ‘n swart meerderheidsregering aan bewind te stel wat die uitsluiting van wit minderheid beteken.

Die Afrikaner Volksparty streef daarna om ‘n volwaardige demokrasie in Suid-Afrika te vestig sodat gereelde verwisseling van regering moet plaasvind. ‘n Demokrasie kan alleen suksesvol groei as gemeenskappe mekaar en hul historiese erfenisse respekteer en almal met dieselfde aard, kultuur, taal ensovoorts in ‘n homogenese samelewing hulself regeer. Heterogene Suid-Afrika met ongelyksoortige gemeenskappe waar die meerderheid die minderheid vertrap het hopeloos misluk omdat die meerderheid die heersers oor die mense van die land geword het.

Arcas van Rooyen