1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5279531

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ISRAEL SE VRIENDE IN SUID AFRIKA KRY ‘N NEKSLAG!

Helen SuzmanDie Demokratiese Alliansie wat sy liberale oorsprong by Jan Smuts en Louis Botha gehad het in die Suid Afrikaanse Party (SAP) van wie die lede in gewone omgang as Sappe bekend gestaan het, het verskeie naamsveranderings ondergaan.Tot by die DA was dit egter deurgaans die versamelplek van die liberale faksie in Suid Afrika.

Wat belangrik was is dat dit veral die politieke tuiste van die Jode was vanwaar hulle veldtog teen Nasionalisme geloods is.

Met die oorgawe van F.W. de Klerk en sy NP kabinet van 1994 kon die DA nie anders as om sy deure wawyd oop te gooi vir nie-blankes wat geleidelik die party oorgeneem het en nou sterk standpunt inneem teen Israel se beleid teenoor die Palestyne.

Dit is ‘n voorspelde nekslag vir die uiters liberale blanke lede van dié party wat nou sal moet kant kies en indien hulle in die oë van hulle swartgenote verkeerd kies, as rassiste uit die party geskop sal word!

Wat hulle ookal kies, hulle lot is verseël deur die verskil inpigment teenoor dié van hulle hand-om-die-blaas partygenote, wie se verdraagsaamheid hoe langer hoe minder word. Selfs Zille se rieldanse met Zuma saam kon haar nie vrywaar van die albatros van rassisme nie!

DA wys anti Israel sentiment

June 13, 2018 - Nuus

http://www.dievryburger.co.za/wp-content/uploads/2014/05/Israel-12-300x210.jpg" >

Die DA het met die skorsing van Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Mpho Phalatse, weens ‘pro-Israeliese uitsprake’, gewys dat hy kant kies teen Israel in dié Midde-Oosterse-grondkwessie tussen Israel en Palestina.

Johannesburg se DA-burgemeester, Herman Mashaba, het Mpho geskors nadat sy glo gesê het Johannesburg is ʼn ‘vriend van Israel’. Die EFF het Mpho se skorsing verwelkom en dring daarop aan dat sy sonder meer afgedank moet word.

VF Plus sê die DA sluit hom hiermee by die ANC-regering aan wat ook reeds openlik kant gekies het in dié konflik deur sy ambassadeur aan Israel verlede maand te onttrek.

Waar Suid-Afrika moontlik nog ʼn versoenende rol kon speel om ʼn oplossing te help vind vir die Israel/Palestynse-kwessie, het hy dit met hierdie optrede totaal vernietig en die DA het nou in dieselfde slaggat beland.

Die VF Plus, wat ʼn koalisievennoot van die DA in Johannesburg is, sê hy stem nie saam met Mashaba se optrede nie. “Die VF Plus se siening oor die kwessie is dat dit uiters kompleks is, en dat daar nie kant gekies kan word in enige poging om versoening en vrede te bewerkstellig nie.

“Israel is ʼn soewereine staat met bestaansreg en dit moet eerbiedig word soos met enige ander land in die wêreld. Belangegroepe wat eerlik is in ʼn soeke na ʼn oplossing, moet na albei groepe uitreik en nie sy rug op een draai nie.

“Die optrede van die DA kan die indruk by Israel skep dat sy vriende al hoe minder word in Suid-Afrika,” sê VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie