1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5005218

Besoekers aanlyn

Ons het 127 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HET DIE AFRIKANERVOLK BONDGENOTE IN DIE BUITELAND?

Immigrante in EuropaNamate die politieke klimaat in Europa besig is om drasties te verander, word daar nou met groter belangstelling na die dilemma waarin die Afrikanervolk ons bevind, uit verskeie oorde gekyk.

Die vraag wat ontstaan is wat is die motivering vir hierdie belangstelling. Gaan dit werklik oor simpatie met die ellendige toestand van blankes in Suid Afrika, of is dit vreesgedrewe weerstand vir verwagte soortgelyke ontwikkeling waar die toestroming van volksvreemdes onbeheersd in Europa toeneem?

Hoe dit ookal sy, word daar nou uit verskeie oorde bemoeienis gemaak deur opnames van die toestand al hier, met die oog op filmmateriaal om mense in Europa bewus te maak van wat werklik in Suid Afrika aan die gebeur is. Saamgelees met die brutale optrede van die immigrante en assielsoekers wat Europa instroom, is daar ‘n ontwakende gees van Nasionalisme wat as gevolg daarvan nou oral opvlam.

Die antwoord op die vraag of ons bondgenote in die buiteland het, is dus ‘n versigtige ja. Versigtig omdat dit nog beperk is tot die enkele begeesterde enkelinge wat besig is met die opnames.

Name wat hier opduik is: Lars Jonas Nilsson, Boerprojek, Stefan Molyneux, Lauren Southern, Faith Goldy, Katie Hopkins.

Die tragiese verloop van die opnames is egter die kandidate wat gekies word om gesprek mee te voer, wat in ‘n sin reeds Suid Afrika prysgegee het en bloot ‘n probleem het met die huidige regime se hantering van die Afrikaner se behoefte.

Die besprekings rondom die korrupsie, misdaad, moord en grondgryp sonder vergoeding, is alles slegs die simptome van wat polities verkeerd geloop het en wat Europa eintlik behoort te hoor en voor gewaarsku te word!

In die onderhoud van Wynand Boshoff van die FV Positief en Jonas Nilsson van Swede gee Boshoff te kenne dat die meerderheid Afrikaners tevrede is met die nuwe Suid Afrika en bloot ongelukkig is met die wyse waarop ons in ons behoeftes benadeel word. Watter loutere onsin! Dieselfde in die onderhoud van Paul Kruger van die VVK met Nilsson.

Paul Kruger verwys net na enkele plekke in Suid Afrika waar Afrikaners nog in redelike getalle voorkom as ‘n moontlikheid vir volkstaatjies vir die Afrikaner en nie een van hierdie twee here wat geleentheid kry om namens die Afrikanervolk vir die wêreld daarbuite te sê dat die Republiek van Suid Afrika die Afrikanervolk se land is en dat dit onregmatig deur politieke geknoei van ons afgeneem is , maak daarvan gebruik nie.

Die tyd is ryp om Europa en aan almal wat wil luister en nie wil luister nie, op die hart te druk dat hulle afwyking van die beginsel van nasionalisme, uiteindelik hulle dood gaan beteken! Die bewyse is legio en hulle was feitlik deur die bank aandadig aan wat hier met ons Afrikanervolk besig is om te gebeur!

Nog niks positiefs vir die Afrikanervolk se vryheid is in die afgelope 23 jaar bereik deur watter maatreël van die oorgeërs, volkstaters, saampraters, onderhandelaars ookal probeer is nie! Inteendeel het dit net meer tyd gekoop vir ons vyande om hulle greep op ons land te verstewig!

Hierdie land is óns land! Die oplossing setel in gesamentlike verset deur buite die bestel te bly en géén toegewings te maak nie! Kom Afrikaners, hou nou op met toegee aan die eise van die internasionale imperialiste! Die vlam van nasionalisme was gedra tot waar dit geval het met die moord op dr. Verwoerd. Vorster, Botha en de Klerk het daarop getrap in hulle gretigheid om aan die wêreld gelykvormig te word. Dit was dr. Hertzog en mnre Jaap en Willie Marais wat dit weer opgetel, hoog gehou en gedra het.

Die AVP en enkele ander Afrikaners hou die vlam nog brandend en wag op u ondersteuning! Quo Vadis Afrikaner? Waar wil u heen? Kom laat ons vir die hele Europa ‘n voorbeeld wees van wat Nasionalisme beteken! Ons wag op u!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie