1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5005219

Besoekers aanlyn

Ons het 123 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

OUDREGTER BESKRYF AFRIKANERS AS “BOERBARE”

Regter Johan van der WesthuizenHierdie artikel wat in Beeld veskyn het, het ‘n bepaalde betekenis! Behalwe dat dit Beeld en in besonder Netwerk 24 se gesindheid teenoor die Afrikanervolk ten beste uitbeeld, beskryf dit ook die karaktersamestelling van hierdie regter wat op een of ander wyse daarin geslaag het om ‘n posisie te beklee vanwaar hy uit die hoogte, ander kon be-oordeel en vonnis.

11 Mei 2018 skryf netwerk24. HOE LYK ‘N BOERBAAR?

In seker die benouendste tyd in die geskiedenis van ons volk daal hierdie, genadiglik afgetrede “regter” in sy artikel oor “boerbare”, laer as enige van die tipe persone wat hy as ‘n boerbaar bestempel!

Sy onvermoë tot deernis vir sy eie verraaide, verflenterde en verguisde volksgenote, vir wie hy juis vanuit sy “verhewe status” as regter die verantwoordelikheid het tot opheffing, dui op ‘n ernstige defek in veral sy geestelike opvoeding.

Die werklike betekenis van die woord baar, is onder andere: onkundig, onervare, ongeskoold en dom! Eienskappe waarvan sommige ook duidelik in hierdie regter se betoog oor sy volksgenote by homself sigbaar is!

Van der Westhuizen se poging tot versagting van sy ongevraagde en uiters kru veroordeling van die Afrikanervolk as barbaars in sy opvolg artikel van 12 Mei 2018, slaag nie daarin om sy liberale “onderrok” wat op die grond sleep, te verberg nie!( Die regter verwys na: “Nie net Boere is tot baarheid en barbaarsheid geneig nie.” Sy woordgebruik sluit dus alle boere in!)

Sy stelling dat: “Boerbare bestuur ook Mercedesse. Hulle dra modieuse pakke, Ray-Ban-sonbrille en duur parfuum in hul professionele praktyke en waar hulle in lesinglokale en rondom blink konferensietafels transformasie predik en ons demokratiese Grondwet aanbid.” Is heeltemal in teenstelling met sy eintlike beskrywing van Liberale Afrikaners 2wat hy as boerbaar beskou, maar beskryf wel duidelik die liberale Afrikanerverraaier!

Daar is ‘n spreekwoord wat lui dat mense wat in glashuise woon nie met klippe moet gooi nie! Veral nie na ‘n paar Black Labels wanneer jy die volksgenote wat jy so verguis se intelligensie heeltemal onderskat nie!

Dit sal dalk goed wees dat diésulke “hoogverhewe en intelligente” lede van ons volk, vd Westhuizen se professorvriend ingesluit, wat vir sy kind leer van “boerbare”, ook maar soos Koos Kombuis bedank as Afrikaners! Hulle hoort nie meer nie want hulle ken hulle plek nie meer nie!

Daarmee ontken die AVP nie dat daar oral en in elke volk sommige ongepoetstes voorkom nie!

 

Van der Westhuizen beskryf Boere en Afrikaners só in sy artikel:

Dalk eet ’n Boerbaar boerewors en drink hy Klippies-en-Coke of Black Label, totdat hy ver gekom het in die lewe en Chivas Regal op verjaardae ontvang. Wanneer hy per abuis ’n vegetariër na ’n vleisbraai nooi, sê hy: “Moenie bekommer nie, daar sal genoeg slaai wees”, asof hy met ’n slak praat. Die kos is egter onskadelik en word ook deur talle nie-Boerbare geniet. Dit is die dieper boosheid wat saak maak.

’n Boerbaar is agter die tyd, weens stompsinnigheid, gebrekkige opvoeding, of hardkoppige opset. Hy dink simplisties, vrees dat sy verstand sal uitval as hy oopkop is en haat twyfel omdat dit hom verwar. Derhalwe is sy besluite vinnig, finaal en verkeerd. Sy gesin wil hy volgens die wil van die Here kragdadig regeer en dissiplineer, soms met die hulp van ’n sopie of twee. Op die oog af is hy “ ’n man wat sy man kan staan”, met “ ’n oog wat nie wyk” en “ ’n bars kan kyk” . . . minstens totdat ’n ferm oog terugkyk.

Onseker, weerloos en wondbaar in die wye wêreld wil ’n Boerbaar meerderwaardig voel oor iemand. Rassisme is die maklikste pad daarheen, omdat mense volgens velkleurkodes uitgeken kan word sonder om hulle te leer ken en te probeer verstaan.

Hy geniet dit om halfnaakte, geraamtedun swart kinders wat op straat bedel te verneder. Dit doen hy egter ook met oulike jong blonde kelnerinne wat sy sewende bier saam met sy man-size biefstuk, tjips en uieringe op sy restauranttafel neerplaas. Soms rand hy plaaswerkers aan – natuurlik net wanneer hulle dit verdien. Wanneer een doodgaan het hy nie die opset gehad om moord te pleeg nie, óf omdat hy nie besef het wangevoede mense gaan so maklik dood van ’n pak slae nie óf omdat hy nie seker was hulle is mense nie.

BOERBAAR:

Nog leliker as ’n Trumper? Beeld 12 May 2018

Dadelik versoek ek sommige lesers mooi om eers klaar te lees voordat hul my weer ’n Boerehater noem. Ek haat nie Boere nie, net Boerbare.

Dié term kry ek by ’n bekende geskiedenisprofessor en vriend. Toe sy seun, wat jare gelede saam met myne krieket gespeel het, hom een Saterdagoggend verwonderd uitvra oor ’n luidrugtige fris ouer met ’n baard, jagtershoed, Bloubulhemp en kakiebroek, antwoord hy vaderlik: “Toemaar seun, hy is maar ’n bietjie van ’n Boerbaar.”

Nie net Boere is tot baarheid en barbaarsheid geneig nie. Mens kry Germanobare, Spanbare, Portubare, Uganbare, Indobare en Arabare. Australobare is van die ergstes. Engelbare het Boerevroue en -kinders in konsentrasiekampe gestop en glo glasstukke in mieliepap gevoer. Maar Boerbare is my naaste naastes.

Dalk eet ’n Boerbaar boerewors en drink hy Klippies-enCoke of Black Label, totdat hy ver gekom het in die lewe en Chivas Regal op verjaardae ontvang. Wanneer hy per abuis ’n vegetariër na ’n vleisbraai nooi, sê hy: “Moenie bekommer nie, daar sal genoeg slaai wees”, asof hy met ’n slak praat. Die kos is egter onskadelik en word ook deur talle nie-Boerbare geniet. Dit is die dieper boosheid wat saak maak.

’n Boerbaar is agter die tyd, weens stompsinnigheid, gebrekkige opvoeding, of hardkoppige opset. Hy dink simplisties, vrees dat sy verstand sal uitval as hy oopkop is en haat twyfel omdat dit hom verwar. Derhalwe is sy besluite vinnig, finaal en verkeerd. Sy gesin wil hy volgens die wil van die Here kragdadig regeer en dissiplineer, soms met die hulp van ’n sopie of twee. Op die oog af is hy “’n man wat sy man kan staan”, met “’n oog wat nie wyk” en “’n bars kan kyk” . . . minstens totdat ’n ferm oog terugkyk.

Onseker, weerloos en wondbaar in die wye wêreld wil ’n Boerbaar meerderwaardig voel oor iemand. Rassisme is die maklikste pad daarheen, omdat mense volgens velkleurkodes uitgeken kan word sonder om hulle te leer ken en te probeer verstaan.

Hy geniet dit om halfnaakte, geraamtedun swart kinders wat op straat bedel te verneder. Dit doen hy egter ook met oulike jong blonde kelnerinne wat sy sewende bier saam met sy man-size biefstuk, tjips en uieringe op sy restauranttafel neerplaas. Soms rand hy plaaswerkers aan – natuurlik net wanneer hulle dit verdien. Wanneer een doodgaan het hy nie die opset gehad om moord te pleeg nie, óf omdat hy nie besef het wangevoede mense gaan so maklik dood van ’n pak slae nie óf omdat hy nie seker was hulle is mense nie.

Hoe lyk ’n Boerbaar? Dikwels groei baie hare op sy pienk aartappelvormige gesig met brandewynare op ’n geswolle rooi neus. Soms is hy byna so blas soos dié waarop hy neersien. Hy dra ’n kakiehoed, -hemp, -broek en -kouse, maar soms stoot hy ’n trollie kaalvoet in ’n supermark. Sy kinders gaan soggens skool en saans bed toe met baie vuil voetjies. Hy bestuur dikwels ’n bakkie en teel duiwe.

Wees egter versigtig. Die Engelsman het ons geleer: “Dount jats ’n boek baai iets kawwer.”

BarbareSensitiewe liefdevolle Afrikaanse omies en seuns, wat soos Boerbare lyk, dra by tot ons demokrasie en werk dikwels vir Indiërs saam met die plaaslike bevolking, vir wie hulle ook bedien, in plattelandse winkeltjies waar vrede en harmonie in die bont mengelmoes heers soos wat ons graag oor die hele land wil sien. Ander behandel hul werkers beter as miesiese van enige kleur in Sandton en Waterkloof.

Boerbare bestuur ook Mercedesse. Hulle dra modieuse pakke, Ray-Ban-sonbrille en duur parfuum in hul professionele praktyke en waar hulle in lesinglokale en rondom blink konferensietafels transformasie predik en ons demokratiese Grondwet aanbid.

Toe ek laas jaar voorstel dat ons Afrikaans geniet en bevorder deur onder meer die mooiste Afrikaanse gedigte deur middel van ’n populêre kompetisie aan te wys, het geleerde Boerbare die idee afgeskiet omdat die taalstryd nie ’n “Sondagskoolpiekniek” is nie. Volgens hulle moet ons eerder veg tot in die hoogste hof. Wanneer ons verloor, soos gereeld gebeur, vra ons goedgelowige lede van vakbonde en kultuurorganisasies om meer van hul karige geldjies te skenk om iewers in wêreldhowe voort te stry.

Dus put ek nou maar self wysheid uit Afrikaanse poësie en musiek, waarop ek trots is. Valiant Swart sing: “Die meeste mense is maar zef.”

Wanneer ons ’n behoorlik bose Boerbaar wil uitken, moet ons N.P. van Wyk Louw se “Ballade van die Bose” lees. Die ou Duiwel is altyd met elkeen van ons. Hy “loop in jou spoor soos ’n goeie hond”. En hy sê: “Ken jy my nou? Het jy die spieël gesien en ken jy jou?”( Praat jy wat tande het! Beklemtoning van die AVP)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie