1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7436661

Besoekers aanlyn

Ons het 50 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HY WAT KALM IS VAN GEES

BybelSpreuke 17:1-28

Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is n man van verstand. (:27).

Ons almal het seker al iets in oorhaastigheid gedoen waaroor ons dan later spyt gekry het. En nog meer van ons het al dinge in oorhaastigheid gesê waaroor ons dan ook later spyt gekry het. Dit laat ons opnuut dink aan die suiwer lering uit Jakobus 3:2: Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

 

 

Daar is die bekende Afrikaanse gesegde wat lui Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. n Liggaam wat n onrustige gees huisves, sal sekerlik gekenmerk word aan oproerige en opvlieënde optrede en gesprekke. Daar is ook dan geen tekort aan oproeriges en twisgierige mense in ons tyd nie. Daardie mense wat rede soek om oor iets te baklei omdat hulle nie vrede in hul hart koester nie, maar eerder deur onrus en twisgierigheid aangevuur word. “’n Opvlieënde man verwek twis, en n driftige man is ryk aan oortreding. (Spr. 29:22).

Wanneer ek praat van twisgierige en opvlieënde mense wys die vinger ongelukkig nie net na mense wat in die wêreld is nie, maar ook na gelowiges. Daar is talle gelowiges wat hulself oor n neteligheid kan vererg. En wanneer n mens nie daarop let en hierteen waak nie, raak dit kort voor lank sommer n lelike gewoonte. Hierdie lelike gewoonte sal later verdedig word deur te beweer dat dit is wie jy is en as mense jou nie op hierdie wyse wil aanvaar nie is dit hulle probleem. En as God u nie so wil sien nie moet Hy dit ook maar so aanvaar? Of is die woorde in Jakobus 1:19&20 net vir ander gelowiges geskryf en nie ook vir u nie?

 

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word. Want die toorn van n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.

Benewens die feit dat gelowiges in geen onduidelike taal deur die Woord aangespreek word om oor ons humeur en emosies beheer uit te oefen, word ons ook gemaan om die vrugte van die Gees voort te bring. Ons moet onthou dat die vrugte van die Gees nie verniet vrugte van die Gees genoem word nie.

 

Ons is uit onsself, deur die vlees, onmoontlik daartoe in staat om die vrugte van die Gees voort te bring. Wanneer ek egter in my eie lewe al minder word sodat God deur Sy Heilige Gees in my hart kan woon en werk, sal die Heilige Gees hierdie vrugte in my lewe voortbring. Ek moet my lewe en werke voortdurend beoordeel om vas te stel of ek in die Gees of in die vlees wandel. My lewe, besluite en optrede sal die getuienis lewer. Wanneer ek die werke van die vlees raaksien, moet ek weet om na God terug te keer! En wanneer ek die vrugte van die Gees uit my lewe en optrede sien spruit moet ek nie roem nie, maar God dank vir sy genade in my lewe.

 

Ons leer uit Galásiërs 5 dat vyandigheid, twis, toornigheid en dergelike dinge werke van die vlees is. En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. (:19-21). Daarenteen is lankmoedigheid en selfbeheersing kenmerke van n lewe wat deur die Heilige Gees beheer word. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. (:22).

Wanneer u in die toekoms in n situasie beland waarin u normaalweg opvlieënd sal optree en opslag u humeur sal verloor, vra uself die vraag af of u die Heilige Gees hierdeur op die agtergrond in u lewe wil stel om uself op die voorgrond te plaas? Óf sal u eerder uself op die agtergrond skuif sodat Hy voortdurend op die voorgrond kan wees om in u lewe te wil en te werk na Sy welbehae?

Onthou, Hy is ons lewe en vrede en wanneer ons gees in waarheid aan Hom onderwerp is, sal Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan ook in ons lewens teenwoordig wees. Wanneer hierdie vrede in my hart is, sal ek kalm van gees wees. En n man wat kalm van gees is, is n man van verstand.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie