1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5237155

Besoekers aanlyn

Ons het 46 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

VF-POSITIEF WAARSKU BOERE VANUIT DIE SOUSTREIN DAT ONTEIENING SONDER VERGOEDING GEVAARLIK IS.

Wouter Wessels VF PositiefKan jy nou meer! So asof die Godlose grondwet waaraan die VF-Positief trou gesweer het nie vir Suid Afrika gevaar inhou nie. Soos wat die grondwet nou daaruit sien is daar lank reeds géén sekerheid van eiendomsreg of enige ander reg wat vir die Afrikanervolk se voortbestaan en behoud van identiteit noodsaaklik is nie.

As Wouter Wessels van die VF-Positief in sy afsluiting die opmerking maak dat “Suid Afrika ook ons land is” dan maak hy terselfdertyd die erkenning dat Suid Afrika nie net die Afrikanervolk se land is nie, maar ook die van die swart kommunistiese terroriste in wie se regime hy ‘n funksie vervul!

Instede van kragte saam te snoer met Afrikaners wat in verset was teen die illigitieme wyse van magsoordrag wat in 1994 plaasgevind het, het die VF-Positief gekies om in die stelsel in te gaan teen al die waarskuwings in dat so ‘n handeling ‘n voorheen, nie-bestaande wetmatigheid verleen aan die aansprake van die swartes.

Laat die Boere van Bothaville liewer self bymekaar kom, ‘n verdedigingskommando organiseer, kommunikasie kry, die area in ruitverwysings opdeel indien dit nie meer bestaan nie, ‘n opskamer inrig en optree in mekaar se belang, soos een man! Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort, was dr. DF Malan se wekroep! Ons gee nie ‘n duim prys nie! Mag God ons bymekaar bring in vaste vertroue en onwrikbare geloof teen die onreg en ongeregtigheid wat besig is om hier plaas te vind en waaraan sommige van ons volksgenote ‘n reuse aandeel het!

 

Hoewel die regime kan en sal voete sleep met hulle geprojekteerde retoriek van grondgryp sonder vergoeding, sal die verwagting wat geskep is en deur die EFF gestook word sporadiese aanvalle tot gevolg hê. Effektiewe afweer deur goedgeorganiseerde onmiddellike optrede, kan en sal toekomstige opportuniste tweekeer laat dink! Geen verdere onderhandeling of gesprekke met die grondrowers nie! Slegs positiewe onwrikbare gesamentlike verset. Laat ons ophou om agter randeier beginselversaker politici aan te loop wat ons volk tot nou toe oneindige skade berokken het!

BOTHAVILLE HOOR VAN GEVARE VAN ONTEIENING SONDER VERGOEDING

by Armand Cloete | Mar 25, 2018 | Nuus | 0 comments

Die gemeenskap van Bothaville, waar ‘n sterk boerderygemeenskap bydra tot die kosmandjie van Suid-Afrika, is die afglope week ingelig oor die gevare van die beplande onteiening sonder vergoeding.

Wouter Wessels, VF Plus-LP, het aan die boere tydens ‘n inligtingsessie gesê die beginsel van onteiening sonder vergoeding maak die deur tot totale anargie oop.

Wessels sê dit is tans ‘n baie gevaarlike verkiesingsveldtog wat die EFF en die ANC dryf.

Hy sê dié partye en die ander wat ten gunste van die mosie in die parlement gestem het, propagadeer die mite dat grondonteiening die armoede en werkloosheid krisis sal oplos.

“Ons moet die mites rondom grond weerlê en ons moet die boodskap uitdra dat geen regering met almal se eiendomsreg vertrou kan word nie.

“Dit skep gevaarlike verwagtinge wat reeds tot onwettige grondbesetting gelei het.”

“Ons moet nie onder die illusie verkeer dat die vriendelike, gawe president Ramaphosa nie onteiening sonder vergoeding sal toelaat nie.

“Al sou Ramaphosa in sy tyd as president dalk keer dat onteiening onverantwoordelik plaasvind, sal die wysiging van die grondwet om onteiening sonder vergoeding toe te laat, die deur oopmaak en kan toekomstige regerings en presidente dit anders as Ramaphosa benader. Ons moet nie dieselfde fout nou maak as wat tydens die onderhandelings voor 1994 gemaak is nie. Ons kan nie weer op een man se goedgunstigheid soos destyds die geval met Mandela was, vertrou nie,” het Wessels gesê.

Wie kom na Ramaphosa? David Mabuza? Julius Malema?

Wessels het gesê Suid-Afrika kan djt nie bekostig om slegs aan die korttermyn te dink en kompromieë maak wat ons dalk hier en nou beskerm, maar toekomstige geslagte vir die wolwe gooi nie.

“As ons privaat eiendomsreg verloor, word almal in SA benadeel – die ekonomie, banksektor en voedselsekerheid word bedreig.”

“Ons moet almal alles in ons vermoë doen om die grondwetwysiging te keer. Teken die VF Plus se petisie, ondersteun ons onteieningsregfonds; ondersteun ons internasionaliseringsprogram en neem deel aan die proses en openbare debat,” het Wessels versoek.

Wessels sê ons moet die mite dat witmense alles wat hul besit, gesteel het, onomwonde teenstaan.

“Ons moet die mites rondom grond weerlê en ons moet die boodskap uitdra dat geen regering met almal se eiendomsreg vertrou kan word nie.

“Ons boere verkeer onder geweldige druk en moeilike omstandighede – plaasmoorde wat buite beheer is; onstabiliteit; droogte en die feit dat hul die “villians” gemaak word wat alles wat verkeerd loop blameer word. Ons moet ons boere koester wat onder hierdie omstandighede steeds kos produseer en volhard.”

Wessels het ‘n beroep op almal gedoen om saam te staan.

“Kom ons neem standpunt in. Ons hoort hier. SA is ook ons land. Ons is van Afrika en mag nie sonder die nodige teenstand uit ons eie land verjaag word nie,” het Wessels afgesluit.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie