Afrikaner

VILJOEN BROERS SE VERRAAD.

Cyril Ramaphosa met die nuwe grondwet van die RSAAs dit gaan oor "grondhervorming" (gelees diefstal!), moet ons teruggaan in die onlangse geskiedenis en nugterheid verkry oor die oorsprong daarvan. Die verwronge politieke insig van Suid Afrika se leiers na die moord op dr. Hendrik Verwoerd, laat twee sake na vore kom. Die eerste is die betrokkenheid by die beplande moord op dr. Verwoerd en die tweede is die invloed van geheime organisasies op die ontvanklike inherente  sluimerende liberale ingesteldheid van elke leier wat na dr. Verwoerd die land se leisels geneem het.

 

Dit is nie vergesog om hierdie twee sake met mekaar te verbind nie. Wat egter nou van belang is, is die gevolge van hulle onbesonne abdikasie aan die internasionale imperialistiese eise wat sedert ons volksbestaan poog om ons land van ons af te neem. 'n Oefening wat met goed en bloed deur al ons vorige volksleiers sedert Generaal Hertzog, tot en met dr. Verwoerd met standvastigheid en kundige staatsmanskap afgeweer is.          Cyril Ramaphosa holds up the newly signed South African Constitution, alongside Nelson Mandela, president at the time, in September 1996. Picture: ROBBIE BOTHA/BUSINESS DAY               

 

Nou is ons daar waar op sogenaamde "wettige wyse", gerugsteun deur die "modernste demokratiese grondwet ter wereld", 'n mosie met oorweldigende meerderheid deur die kommunistiese terroristebende, aan wie de Klerk beheer oorhandig het aangeneem is,  dat ons swaarverdiende eiendom gevat kan word sonder om daarvoor betaal te word. Wat 'n refleksie op die intelligensie van die Afrikanervolk wat sienderoe daartoe bygedra het deur die proses van rassegelykheid te aanvaar waar een-mens-een-stem jou onmiddellik onderwerp het aan die swart massas wat Suid Afrika binne gestroom het vir 'n heenkome met die moontlikheid van besitname van iets waarvoor hulle nie gewerk het of ooit op eie stoom sou kon verwerf nie! 

 

Die AVP doen 'n beroep op alle leiers van die Afrikanervolk om oor hierdie gemeenskaplike bedreiging by-een te kom vir beplanning vir die beskerming van ons eiendom en lewens wat onvermydelik ook in gedrang sal kom. Die aangewese plek sal die Voortrekker monument wees en 'n geskikte datum 31 Mei 2018. Dit is die dag waarop Suid Afrika sy grootste oorwinning ooit oor die Britte behaal het! 'n Oorwinning sonder koeels!

DRIES BRUWER INGELIG OOR BOERESAKE

                                                                   21 Januarie 1997

Mnr AAB Bruwer

President TLU

PRETORIA

Geagte mnr Bruwer

U stel aan my ‘n versoek in die naskrif by u brief van 8 Januarie 1997 waarop u seker verwag

Dat ek moet antwoord.   Ek voldoen graag daaraan:

Die versoek aan my is:

“Laat my asseblief weet hoeveel boere met u toedoen hulle plase behou het.   Ek sowel as

Die TLU is feitlik daagliks besig om boere te help om hulle skuldeisers tevrede te stel”

Dit is gemene saak dat in u hoedanigheid van hoë ampsdraer van die Transvaalse Landbou-unie (TLU) daar van u verwag word om boere tot hulp te wees, want dit is ‘n primêre veronderstelling by lede van so ‘n belangegroep.

Dit is egter nie waarom dit nou gaan nie.   Dit gaan om u betrokkenheid by Idasa se geheime Conservative Dialogue Programme, wat niks te make het met hulp aan boere om skuldeisers tevrede te stel nie, maar alles met politieke geknoei om Afrikaners te betrek te kry by die De Klerk-Slovo-Mandela-program om hulle versetloos te onderwerp aan ‘n Kommunisties-beheerde Swart regering.

As leier van ‘n politieke party spreek ek u daaroor aan, want dit gaan nie om partikuliere belange van individue nie, maar om die algemene belang van die Afrikanervolk.   U het naas u landboukundige hoedanigheid ook ‘n politieke hoedanigheid. En dit is wat hier ter sake is.

Hoewel ek nie lid van ‘n landbou-organisasie is nie, het ek in my politieke hoedanigheid my wel deeglik betuig oor boere-belange.

In 1971 het die Vorster-regering die aanbevelings van ‘n komitee van ondersoek na landbou-aangeleenthede aanvaar.   En volgens die destydse Minister van Landbou, mnr Dirk Uys, het dit beteken dat 30 000 boere van die plase verwyder moes word.   Hy is ondersteun deur die destydse Direkteur van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, mnr Chris Cilliers, wat onder andere gesê het: “In landsbelang sal boere hulle moet onttrek.......Dit is in landsbelang dat daar minder boere moet wees”.   (Kyk Die Afrikaner van 14 Januarie, 1 Maart en 5 Mei 1972).

Ek het in daardie jaar talle openbare vergaderings toegespreek oor dié verraderlike beleid teen boere.   Maar u en ander het die NP gesteun en hierdie aanslag op die boere van Suid-Afrika stilswyend gadegeslaan of goedgekeur.

Daarby het Die Afrikaner op my aandrang ‘n volgehoue veldtog gevoer teen die transaksie waardeur landboukoöperasies ingeloop is deur kunsmisvervaardigers toe Triomf-kunsmis aan hulle verkoop is.  (Kyk Die Afrikaner 31 Maart, 26 Mei en 23 Junie 1972).   Geen ander politieke party se leiers het hulle hieroor betuig nie.

Dit is afdoende om te toon dat ek my nie onbetuigd gelaat het waar dit op algemene boerebelange aangekom het nie, omdat ek weet hoe belangrik die boere in die volkshuishouding en die maatskaplike orde is.

Ná de Klerk se Rooi Vrydag-toespraak van 2 Februarie 1990 het ek my beywer vir die totstandbrenging van ‘n volksfront om De Klerk na die stembus te dwing en die volksverraad op dié wyse te stuit.   Só sou nie net boere gered gewees het van die huidige rampsoed nie, maar sou die Afrikanervolk ook politieke mag in sy vaderland kon behou het om die verloop van sake te beheer.

U het egter meegedoen aan ‘n sameswering, waarby die ANC-SAKP ook betrokke was, om Afrikaners tot vredesonderhandelings met die ANC-SAKP te beweeg en hulle vryheid en vaderland sonder verset prys te gee.   Dit het niks met boerebelange te maak gehad nie, en was uitsluitend in belang van die linkse knoeipolitiek teen Afrikaners, waarvan Idasa blykbaar ‘n kroonrat uitgemaak het.

U het langs dié weg nie net nie boerebelange gedien nie, maar u het téén boerebelange gewerk deur die Afrikanervyandige oogmerke van Idasa te bevorder ten einde die De Klerk-regering se verraad te laat slaag.   Dit is waarom dit gaan en waarom ek u betrokkenheid by die Idasa-sameswering verfoeilik ag.

Dit sal nie help om te sê dat my inligting vals of ongetoets is nie.   Ek het die saak in briefwisseling opgeneem met dr Van Zyl Slabbert, en hy het reeds aanvaar dat die inligting reg is.   My aanbod staan nog dat ek die betrokke dokumente sal voorlê as u bereid is om my voor die TLU se gesagsliggame te konfronteer met die bewering dat die inligting vals sou wees.

‘n Saak waaroor u ook verantwoording moet doen, is die herhaalde verwysing deur genl Constand Viljoen se broer Abraham na “die herverdeling van grond”, as een van die projekte wat die Conservative Dialogue Programme (CDP) klaarblyklik bevorder het.   Prof Abraham Viljoen het by dié saak opgetree as die spreekbuis van die ANC-SAKP, wie se samewerking hy al vroeg in 1992 vir die CDP gekry het (soos ek reeds onthul het).

Wat het Idasa met “die herverdeling van grond” te maak, as dit nie is om boere ontvanklik te stem vir die Kommunistiese eise van Derek Hanekom en ander vyande van die boere nie?   Wat het u in dié geselskap gemaak terwyl dit gevloek het teen wat van u as president van die TLU verwag was?

Aangesien u my heeltemal ontersaaklik vra wat ek vir individuele boere gedoen het, wil ek die saak van moorde en rowery op boereplase aanroer, omdat u so pas aangekondig het dat u ‘n spesiale kongres daaroor wil belê, en ek u wil vra wat u sedert 1992 gedoen het om dié verskynsel te beëindig.

Dit is nou 1997, amper vier jaar ná die groot boerevergadering op Potchefstroom op 7 Mei 1993 waar u die orkestrasie gedoen het om genl Constand Viljoen verdiensteloos tot politieke leierskap te verhef, as deel van Idasa se Conservative Dialogue Programme.

Daar het u kollega, dr Piet Gous, belowe: nog een boer vermoor, en daar sal vergelding wees.   Hoeveel boere en hulle vrouens is sedertdien vermoor sonder dat daar iets meer was as praatjies?

En ná die bedrogvolle verkiesing van April 1994 het u in die openbaar verklaar dat u u aan die politiek onttrek en u gaan toelê op die beveiliging van boere.   In plaas daarvan klim u op die politieke soustrein as ‘n senator!

Beloftes, mnr Bruwer, het te maak met moraliteit.   En beloftes van ‘n openbare figuur wat gebreek word, vreet aan die sedelike waardes van ‘n samelewing.

Waar dit veronderstel was dat u daadwerklik sou optree om die ernstige probleem van moorddadigheid op boerplase aan te pak, stoot u dit opsy, en is u prioriteit om op die politieke soustrein te reis.

Dit is selfs nie die ergste nie.   Want u was reeds vanaf 1992 diep betrokke by Idasa se sameswering om die ANC-SAKP-belange te bevorder ten koste van die Afrikanervolk, soos ek in my briewe aan u en ander geskets het op grond van dokumente uit die leggers van Idasa.

So, in plaas van boerebelange te behartig, het u meegedoen aan Idasa se knoeiery om die boere uit hulle vaderland te bedrieg.   Om hulp teen skuldeisers aan enkel boere te gee, maar tegelyk vyande van die Afrikanervolk te help om die hele land bloedloos te verower, sal op enige waardeskaal ‘n verdoemende oordeel verdien.

Met agting, die uwe

J A MARAIS

LEIER VAN DIE HNP