Afrikaner

Sal hierdie revolusie ons louter?

wapenrusting teen die aanslag op die mennsHierdie jaar het vir die Afrikaner afgeskop soos elke een sedert die nuwe bedeling van 1994 deur bedrog en verraad op ons afgedwing is. Ons toestand versleg jaarliks. Op die oog af is daar min om oor opgewonde te raak. Hoe dan gemaak om die Afrikaner weer op koers te kry?

 

Wat is die feite?

 

Pas het die Wêreldbank bekendgemaak dat Suid-Afrika se groeikoers maar sowat 1,1% gaan wees hierdie jaar.   Die resultaat sal toenemende werkloosheid en armoede wees met gepaardgaande hoër misdaad. Voorwaar nie iets wat mens tot opgewondenheid stem nie. Daarby is die kans dat die geldeenheid se waarde sal verbeter uiters skraal. Waar die Rand se waarde immers sterk deur beleggersvertroue beïnvloed word, is die kans eerder dat die Rand verder sal verswak. In 1982 was die Rand nog sterker as die Amerikaanse dollar en in 1994 was dit R3,42 vir 'n dollar. Waar die olieprys boonop ook deur die VSA en Saoedi-Arabië gemanipuleer word en alles daarop dui dat die olieprys sal aanhou styg in 2018 met gepaardaande styging in brandstofpryse en die pryse van voedsel en verbruikersgoedere, lyk die prentjie maar taamlik droewig vir Jan en Alleman.

 

Te midde van hierdie realiteite gaan  Netwerk 24 en die ander liberale skoothondjies en nuttige idiote van die geldmagte voort om die waarhede van die nuwe Suid-Afrika opsetlik aan mense te verswyg. Dit maak hulle natuurlik mede-aandadig aan die moord op ons volk. Moord? Wat anders kan mens dit noem as 'n doelbewuste beleid van verguising, vernedering, vertrapping  en uitwissing teen ons gevolg word? Dit skreeu ten hemele dat mense met Afrikaanse name en vanne meewerk om ons volk te vernietig!

 

Onlangs het die Konstitusionele Hof gedoen wat min mense van die begin af ingesien het en dit is om gevolg te gee aan die ideologie wat agter die Grondwet sit. Daardie ideologie wil die Afrikaner uit hierdie land dryf en dié wat oorbly vergruis. Daarby het die hoofregter (so geliefd onder sommige Afrikaners?) sy haat vir Afrikaans baie duidelik laat blyk. As die taal dan gans die volk is en ons word nie eers die reg gegun om in Afrikaans by universiteite onderrig te word nie, wat soek ons nog hier? Enkeles van ons het sedert 1994 gesê dat die Grondwet juis ons grootste vyand is juis omdat dit voorgee om ons regte te beskerm. Ek wonder waar is diegene wat onlangs nog die heil van die "regstaat" besing het?

 

En toe gaan die nuwe politieke superster van die links-liberales, ene Cyril Ramaphosa  en verklaar dat grond sonder vergoeding onteien moet word want dit sal die land dan in 'n Tuin van Eden verander. Die liberale idiote van Naspers het seker swaar gesluk aan daai een, maar hulle hoef nie te vrees nie, die krokodil sal hulle laaste eet. Intussen sal die nasionale Afrikaner dit moet ontgeld, Soos George Orwell in Animal Farm dit gestel het: "All animal are equal, but some are more equal than others", of hoe? Ramaphosa is 'n pion van die geldmagte wat sy eie ondersteuners moet paai met populistiese uitsprake soos hierdie, maar selektief te werk sal gaan met grondonteiening, want dit mag nie die belange (en plase) van die geldmagte raak nie. Die gemiddelde konserwatiewe Blanke sal dit moet ontgeld.

 

Ramaphosa  se opmerking dat hierdie onteiening nie die ekonomie nadelig mag raak nie beteken eintlik die "ekonomie van die superrykes"; sy meesters. Daardie ekonomie het ten doel die verdere verryking van die superrykes ten koste van die gepeupel. Enige persoon met 'n basiese kennis van die ekonomie weet dat grondonteiening die landsekonomie nadelig sal raak — die bewyse is daar sedert 1994. Ramaphosa speel natuurlik 'n speletjie met die swart massas om hulle steun te behou terwyl ingeligte persone weet dat hy geen duit vir hulle omgee nie. Sy hanteerders en meesters het in die Slagter van Marikana die ideale kandidaat om hulle plan vir hierdie land deur te voer.

 

Wie sit daaragter?

 

Wanneer mens dan na die toekoms kyk moet die waarheid van die huidige toestand tot op die been oopgevlek word, al maak dit mens baie bekommerd en selfs neerslagtig. Want dit is juis hierdie gesus en gepaai wat ons in 'n toestand van beswyming hou. En nou moet 'n beroep gedoen word op daardie Afrikaners wat so graag verkondig dat alles sal regkom, want die Here sal op sy bestemde tyd ingryp. Dit mag hard klink, maar dit moet gesê word: Dit is loutere onsin! Die Here gryp nie in die lewe van 'n volk in wat met gevoude handjies sit en toekyk en meedoen aan hulle volk se ondergang nie. Die Here gryp wel in waar 'n volk hom geestelik staal sodat hy met vertroue kan sê: Hier staan ons!

 

Ons lewe in 'n toestand van voortgaande revolusie waar die Joods-beheerde geldmagte daarop uit is om nie slegs die Afrikanervolk nie, maar ook elke ander volk te onderwerp deur sy identiteit uit te wis. Die Grondwet van hierdie land met sy humanistiese inslag is deel van daardie ontwerp. Sedert veral die Russiese Revolusie het dit duidelik aan die lig gekom dat die revolusie Joods-beheerd is met die volgende kenmerke:

-           dit is 'n permanente revolusie;

-           dit vernietig die identiteit van volkere;

-           dit vernietig die soewereiniteit van nasies;

-           dit ondergrawe die Christelike geloofsbasis van die indiwidu.

 

Vernietiging is dus die doel. Hierdie revolusie word gestook deur wat op-die-oog-af lyk soos twee opponerende magte, maar wat in werklikheid vanuit een sentrale magsbron opereer. Hierdie magte is kommunisme (vandag eerder bekend as sosialisme) — die mag van die gepeupel, en Sionisme, die mag van geld. Die een stook die gepeupel aan om state omver te werp; die ander koop politici om om die gepeupel te paai. Die sentrale magsbron is gesetel in die Joodse Sionisme met sy setel in New York en Jerusalem. Die vernietiging het een voorbehoud — die Joodse identiteit moet behoue bly, ten alle koste beskerm word en ten koste van alle ander identiteite uitgebou word.

 

Jacob Zuma het gekies om eerder pion van Indiese, Russiese en Chinese geldmeesters te wees as van die Joodse Sionisme. Daarom moes hy ten alle koste verwyder word. Ramaphosa weer is lankal deur die Joodse geldmagte omgekoop. Hy moet nou begin terugbetaal! Maar wat hy nie weet nie, is dat ook hy, soos elke ander pion op die ashoop sal beland as hy sy nut verloor het.

 

Vandag ontken mense ten ene male dat daar 'n sameswering is wat hierdie bose plan ten doel het. Die ganse Bybel is deurtrek van sameswerings; die bekendste seker die sameswering van die Fariseërs om Jesus om die lewe te bring. Daarna het sameswering op sameswering gevolg, maar skielik in die 21e eeu mag ons nie meer daarin glo nie! Wat hierdie naiëwe mense nie besef nie is dat die liberale idiotiese pers juis opdrag het om die identiteit van die samesweerders te verberg. Die blouprint vir hierdie sameswering is deur Adam Weishaupt se Illuminati in 1776 verskaf; 'n organisasie wat daarna die Vrymesselaars geïnfiltreer het. Daarin word duidelik gestel dat die sameswering se doelwitte verberg moet word omdat geheimhouding die greep daarvan sal versterk. Sedert veral 1776 is die metode, die werkswyse en die doel van die revolusie steeds dieselfde — vernietiging.

Tog, te midde van hierdie feite wat beskikbaar is vir elkeen wat daarna soek, ontken mense dat so-iets bestaan. Thomas Jefferson het oor hierdie liggelowiges die volgende gesê:

            I really look with commiseration over the great body of my fellow citizens, who reading      newspapers, live and die in the belief that they have know something of what has been     passing in the world of their times.

 

Vernietiging van die Christendom

 

In die Protokolle (gepubliseer in 1905) verskyn die verdere bloudruk van die revolusie. En ongeag die omstredenheid rondom die outeurskap daarvan, is dit 'n onomstootlike feit dat elke metode en doelwit daarin, vandag nog haarfyn uitgevoer word. Daarin word onder meer gestel dat die gepeupel gebruik sal word om die Christendom te vernietig. In Suid-Afrika word gesien hoe betogings en optogte (dat alles moet "val") deur die liberale idiotiese media as lofwaardig uitgebeeld word. Hierdie gepeupel word dan ook as die "people" beskou, as sou dit 'n goed-bedoelde demokratiese inslag het. Maar niemand vertel ons wie agter hierdie betogings sit nie en deur wie dit gefinansier word nie. Die mag van die gepeupel is blind, redeloos en barbaars en uitgelewer aan die een wat die hardste kan skreeu, soos wat die Protokolle dan ook voorspel het.

 

Wanneer 'n volk sy binding verloor — iets wat die Christelike geloof aan hom gegee het, sal hy sy identiteit verloor. En wat laaste in die slag sal bly is juis sy Christelike geloof. Die Afrikanervolk se binding is erg gekraak die afgelope 20 tot 30 jaar. Sy Christenskap sal ook in die slag bly omdat die vrugte daarvan, naamlik nasionalisme, patriotisme, heldemoed, historiese bewustheid, en erkenning aan die heroïse stryd van voorgeslagte, reeds in 'n groot mate tot niet is.

 

Hoe sal ons gelouter word? 

 

'n Mens word gelouter deur gevare wat jy beleef het en wat jy behoorlik geïdentifiseer het. Jy kan nie gelouter word as jy jou nie vergewis van die ware bedoeling van die magte wat teen jou opgestel is nie. Kennis gaan loutering vooruit. Die Voortrekkers was gelouter deur die smartlike gebeure wat 16 Desember voorafgegaan het. Dit het hulle menslik weerbaar gemaak. Hulle was boonop diep gelowig en wanneer gelouterde Christene die vyand aandurf met geestelike weerbaarheid, is daar alle kans op sukses.

 

Ons volk het die prooi geword van 'n papbroek kultuur. Hipnoties vasgevang deur 'n oppervlakkige daaglikse spyskaart wat sy vyand aan hom opdis, is die Afrikaner tans nie in staat om hom af te sonder en so deur middel van die gawe van onderskeiding dinge raak te sien vir wat dit werklik is nie. Maar ons is te arrogant om dit te wil erken. As ons nie bereid is om soos ons voorouers opofferings te maak om die waarheid te ken, ons taal te beskerm, ons kultuur uit te bou en ons afsonderlikheid te behou nie, sal ons hierdie aanslag nie oorleef nie. Die magte teen ons slaag omdat ons hulle láát slaag. Sonder ons medewerking kan hulle nie slaag nie. As die lig in ons donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

 

Ons verstaan nie God se volle raadsplan nie en dit sal ook nie aan ons geopenbaar word in hierdie aardse bedeling nie. Maar daar is dinge wat verstaan kán word, maar deur mense se arrogansie nie verstaan wíl word nie. Daardie kennis en inligting is tot ons beskikking.

 

Ons word gevange gehou deur 'n barbaarse bygeloof wat sy oorsprong het by die voorgangers van die Fariseërs in Babiloniese gevangeskap. Daardie ongeloof wil dit hê dat die afstammelinge van Juda (wat vandag nouliks meer bestaan, maar sogenaamde "Jode" is van Oos-Europese afkoms) die uitverkore volk van God is. Hulle het Jesus verwerp omdat hy hulle uitverkorenheid nie wou bevestig nie. Hulle verwag nie 'n Messias (soos wat oningeligte predikante verkondig) nie, maar het klaar besluit en verklaar dat hulle God is. In daardie ongeloof is daar geen ruimte vir ander volke nie en is die Christendom (juis vanweë Jesus) hulle grootste vyand.

 

Ons kan nie in ons toekoms glo en vertrou as ons nie toegerus is met die kennis van die vyand nie. Kennis gaan vertroue vooruit. Mag ons hierdie jaar iets van die vyand se bose planne met ons besef sodat die vure van nasionalisme weer aangesteek kan word.