Afrikaner

VERDERE BEELD EN GESKREWE BEDROGVOLLE MISLEIDING VAN DIE AFRIKANERVOLK.

FAK embleemConstand en MandelaIn ‘n vorige artikel waarin ‘n relaas van die FAK oor die 1994 verkiesing geskryf is, word verwys na genl. Constand Viljoen. Hy sou dan ’n opstand beplan het waaraan meer as 150 000 man sou deelneem. Die doel was nie om die regering omver te werp nie, maar om ’n stuk van die land te beset en te probeer behou. Op die laaste oomblik is die plan laat vaar nadat die regering en die ANC op 23 April ’n akkoord oor selfbeskikking onderteken het. Aldus die FAK.

Die vraag wat die FAK moet beantwoord, is waarom verswyg hulle bekende en geskrewe feite asof die “heroïse” rol van Viljoen die aller tersaaklike inligting is in verband met die mandaatlose bedrogvolle 1994 verkiesing

In ‘n berig wat verwys na mnr. Dries Bruwer, voormalige President van TLU se oorlye op 28 April 2009, skryf Cobus Claassen:

  “Bruwer het van 1993 tot 1996 gereeld met ANC-hoës soos mnr. Jacob Zuma en oud president Thabo Mbeki vergader.”

Constand en onderhandelingDie eerste vergadering is in November 1993 by ‘n wedvlugduiweklub in Lynwood, Pretoria, tussen Bruwer, genl. Constand Viljoen (voormalige VF-leier), mnr. Piet Gous (destydse president van die Vrystaatse Landbou-unie en KP-LP, vir Parys) en Zuma-hulle gehou.

Bruwer het in 2005 in ‘n onderhoud aan Beeld gesê die ongewone vergaderings is destyds gehou in ‘n poging “om brûe tussen regs en links te probeer bou”, aldus die berig.

So was dit met Idasa se Conservative Dialogue Program, waarvan die selferkende doel was om deur middel van die bewerking van gesprek, (onderhandeling) tussen ver links en ver regs, Suid Afrika uit die hande van die Afrikanervolk te onderhandel. Die oordrag aan ‘n kommunisties-beheerde swart meerderheidsregime by KODESA is suksesvol deur daardie oefening bewerkstellig en word nou nog voortgesit ten einde die verdere vlot verloop van die eerlose oorname te verseker.   Politieke partye, vakbonde, landbou-organisasies en die media, wat die beeld voorhou van dienstigheid aan die Afrikanervolk, moet die onderhandeling propageer en aan die gang hou om as teenvoeter vir moontlike konfrontasie en ontsporing van wat deur onderhandeling bereik is, te dien!

In ’n ander berig van Beeld word geskryf dat Dries Bruwer en Constand Viljoen gesê het dat na dié geheime vergadering in die duiweklub, hulle “amper maandeliks” met Zuma en Mbeki vergader het tot in 1996! Die doel van dié vergaderings was om brûe tussen regs en links te probeer bou.

Terwyl daar in ’n vorige berig van Beeld slegs die name van mnre. Bruwer, Gous en Constand Viljoen genoem is as aandeelhouers in die komplot om regsgesinde Afrikaners by die verkiesing van 1994 te betrek deur middel van die “Conservative Dialogue Program” (CDP), is na ander betrokkenes net verwys as “prominente Afrikaners”. Ten minste nog een “prominente Afrikaner” se naam word egter in die berig genoem, naamlik dié van dr. Ferdi Hartzenberg, leier van die gestorwe KP en Afrikaner Volksfront (AVF).

Gaandeweg is ook van Van Zyl Slabert, Alex Boraine en Jurgen Kögel blootgelê as betrokkenes, ten spyte van aanvanklike ontkennings.

Nou bepleit Constand Viljoen met die aanbeveling van nog ‘n bedenklike Duitse genoot, ‘n “dr Klaus Baron Von der Roppe in `n skrywe aan die Orania Beweging dat die organisasie die inisiatief moet neem om Afrikanerselfbeskikking te bevorder.

“ Die skrywe was in reaksie op `n Duitse kennis van die generaal, Dr Klaus Baron Von der Roppe, wat in `n artikel sy steun aan Orania toegesê het. Generaal Viljoen sê dat daar `n dringende behoefte is om `n nuwe inisiatief te neem ten opsigte van selfbeskikking. "Soos dit seker bekend is het ek deur middel van die Vryheidsfront tydens die 1994-onderhandelinge probeer om vir ons volk selfbeskikking eerder te beding as die staatsvoorstel van 'n unitêre staatseenheid. Dit was nie aanvaar nie vir vele redes onder andere omdat daar nie genoeg steun van binne ons volk daarvoor was nie. Na ek uitgetree het uit die politiek het die konsep al hoe meer vervaag en is van binne ons volk nie genoeg stoom ontwikkel nie en dit ten spyte van die onaanvaarbare ervaring met die unitêre staatsformule.

My vriend uit Duitsland (Baron Von der Roppe) is 'n stoere ondersteuner en toon groot belangstelling vir die idee van heroorweging van die Afrikanervolk en veral ook selfbeskikking. Sy vrees is dat hierdie strewe binne die volk sal kwyn as daar nie gou uit die volk groter druk kom nie. As ek jonger was sou ek self bereid gewees het om weer te help maar my gesondheid is na 'n konkussie-ongeluk nie sterk genoeg nie. Ons twee wil voorstel en ernstig vra of Orania kans sien om in ag genome ons volk se netelige posisie in die unitêre bedeling 'n nuwe inisiatief te begin om ons volk 'n nuwe entoesiasme vir selfbeskikking te laat groei," skryf Generaal Viljoen.”( Uittreksel uit Orania se omsendskrywe.)

Die feit dat genl. Viljoen by twee geleenthede moes erken dat die Afrikanervolk nie belangstel om Suid Afrika prys te gee aan ‘n bende terroriste nie, poog hy steeds om Afrikaners te beweeg om ons land prys te gee! Sy verraderlike optrede as hoof van die weermag en daarna in die politiek laat ‘n mens duisel oor sy volgehoue pogings om Suid Afrika in die hande van die Kommuniste waarteen hy ons moes beskerm het, te probeer behou! Dit blyk dat die konkussie-ongeluk volkome was!

Die oorblywende liberales, in welke organisasies hulle ookal poste beklee waarvandaan hulle die vernietiging van ons land Suid Afrika voortsit deur enersyds ontkenning van die sigbare verval en andersyds die krampagtige pogings onder leiding van die Afrikanervolk se vyande, se tyd om hulle foute te erken raak min!

Met die totale en onvermydelike ineenstorting van die huidige bestel sal hulle dan onherroeplik in ons volksgeskiedenis as lamsakkige verraaiers opgeteken wees as nalatenskap vir hulle nakomelinge. Die tyd vir erkenning en bydrae tot herstel wat verbrou is, is nou! Nie in die vorm van ontvlugting na selfbeskikking in ‘n volkstaatjie onder kommunistiese beheer met ‘n handves van menseregte nie. Nie in ‘n federale of konfederale stelsel waar die blanke steeds in die minderheid sal wees onder ‘n oorkoepelende swart meerderheid nie.

In Suid Afrika, Afrikanerland! Óns land! Nie gesteel, nie in ‘n oorlog verloor nie, maar deur bedrogvolle uitoorlêery   deur die NP van voor 1994, uit ons land onderhandel en oorhandig aan swart Kommunistiese terroriste, wat in 22 jaar niks anders kon vermag as om ons land tot rommelstatus in die grond in te bestuur, ten spyte van hulle Internasionale bondgenote se bystand!

Dit bly egter steeds Afrikanerland en so die Here wil, sal ons dit weer beheer en dit wat nou in as vernietig lê, met harde werk en kundigheid weer opbou, terwyl Europa en sy integrasiebondgenote dit wat hulle op ons afgelaai het deur omkoop en korrupsie van swakkeling Afrikanerleiers, in dubbel mate gaan terugkry. Hulle sal nog by ons kom skuiling soek! Kom Afrikaners, kom laat ons opstaan om getel te word! Ons het ‘n roeping in Afrika! Daardie roeping is nie om te kapituleer soos wat die de Klerk’s, Viljoen’s, Buyse en andere propageer nie!