Afrikaner

Bredell Geloftefees 16 Desember 2016

Gelofte van BloedrivierGelofterede gehou deur mnr. Danie Varkevisser, leier van die AVP.

Inleiding

Die slag van Bloedrivier het op Sondagoggend, 16 Desember 1838, plaasgevind. Die oorsprong hiervoor was die onophoudelike aanvalle, verkragtings en moorde wat op ons blanke voorouers aangelê was, terwyl die engelse regering van die dag, waaronder die Afrikaner destyds verkneg was, eerder aandadig as behulpsaam was! Die Groot Trek het daarop gevolg waartydens die moord op Piet Retief en sy manne plaasgevind het. In die nag daarna is daar by Bloukrans, Wenen en Moordspruit 150 trekkers wreedaardig vermoor. Dit is nou 178 jaar sedert 16 Desember 1838 en die toestand wat Bloedrivier vooraf gegaan het bestaan nou weer! Dieselfde verdrukking, sluheid, barbaarsheid, moorddadigheid en dieselfde wreedheid!

By die Owerheid........dieselfde onge-ergdheid oor die onreg ons aangedoen, dieselfde aandadigheid!   Wat by ons geslag bygekom het is verraad, misleiding, wantroue en verdeeldheid. Daar is egter iets wat hier bygesê moet word! In teenstelling met ons voorsate, 'n bykans totale gebrek aan geloof! Maar tog, dieselfde verwagting om vry te wees!....... terwyl die voorbeelde van God van waar ons hulp moet kom, in die Bybel en uit ons eie geskiedenis, vervang is met die VN en ander menslike hulpbronne wat elke keer in die sand uitloop! Selfs by Zuma word gepleit vir ‘n stukkie van ons eie grond vir ‘n volkstaatjie!

ONS IS IN ‘N OORLOG!

Daar is nou weer ‘n oorlog teen ons aan die gang! Dit is egter nog ‘n eensydige oorlog! Ons noem dit ‘n oorlog sonder koeëls! In die kerk, in die skool, in die media! Dít, geagte volksgenote, noodsaak ‘n hegter band van begrip en vertroue in ons verskeurde en verdeelde geledere terwille van ons veiligheid en oorlewing, maar ook en veral vir die welstand van ons geestelike lewe, want diè oorlog se oogmerk is onderwerping,......so nie, etniese suiwering! Begryp ons die betekenis vriende? Volksuitwissing!

WAT IS ONS VERWAGTING?

Hebreers 11:1 Die Geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie! Om te hoop vriende, is om ‘n positiewe verwagting te koester. Die Bybel sê, geloof weer, is ‘n vaste vertroue, maar dit is ook ‘n bewys van die dinge wat jy nie kan sien nie, maar waarvoor jy ‘n positiewe verwagting koester.

Wanneer ons dus die gelofte van Bloedrivier herdenk en die uitkoms daarvan opnuut in oënskou neem, bevestig dit sonder enige twyfel dat die hoop wat ons vandag koester, se uitkoms setel in ons geloof in God soos wat Andries Pretorius en Sarel Celliers en die vierhonderd burgers wat saam met hulle was, se geloof nie in hulle eie vermoë gevestig het nie maar in God, soos in die dae van Josua van die Bybel!

Nou, wat is die verwagting van ons Blankes en in besonder ons Afrikaners van Bloedrivier wat in Suid Afrika oorgebly het vandag hier op 16 Desember 2016? Om te versoen? Of om weer vry te wees om onsself te wees? Was dit nie in wese die gevolg van die besluit van die trekkers om ‘n strafekspedisie teen Dingaan en sy moordbendes van stapel te stuur na die veragtelike moord op Piet Retief en sy manne, en dit nadat hulle die ooreenkoms met Dingaan om sy beeste wat gesteel was deur die Matabeles terug te besorg, nagekom het nie. Die slagting by Wenen, Moordspruit en Bloukrans was dan ook die laaste strooi!

WAAROP HOOP ONS?

Ons verbondenheid aan die geskiedenis vriende, gerugsteun deur 'n grondige kennis en begrip van die ontplooiing daarvan, wat nou nie meer in die skool aan ons kinders geleer word nie, word dan nie alleen die uiteindelike riglyn vir my Lewens-en-wêreldbeskouing nie, maar ook my beskerming teen die verdraaiings, die wanvertolkings en doelbewuste misleiding deur die dienstiges van die magte wat ons wil vernietig! Verdraaid en verwronge, stel dit die wat nie die waarheid ken nie, bloot aan misvatting en misleiding wat so iemand in botsing bring met sy volkseie Christelik-Nasionale waardestelsel. Dit vertroebel die riglyne om uit te kom by ons verwagting! By die dinge waarop ons hoop! Laat ons hier net in gedagte hou dat dit nie hier net om politieke vernietiging gaan nie, maar ook en veral ons geestelike vernietiging waarmee ons vyande groot sukses behaal het tot vandag toe.

Geloofsgetrouheid in 'n tyd waar die aanslag se intensiteit en omvang ongeëwenaard is in die roemryke geskiedenis van ons Afrikanervolk, het ‘n bepaalde en onontbeerbare waarde vir die behoud van ons volk!

HOU SY VERBOND

Josua 23:1-16

“As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle daarvoor neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.”

Is dit waarom ons vandag hier bymekaar is, vriende? Uit vrees omdat ons kan sien dat ons besig is om uit ons land verdring te word? Of is ons hier omdat ons uit geloof getrou wil wees aan die gelofte wat ons voorgeslag met God gesluit het en ons besef dat ons daaraan gebonde is? Waar lê die klem in die gelofte wat ons so pas herhaal het?

Gelofte

Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee. (Toe was die geveg nog lank nie begin nie!)

JOSUA 23:1-16

1   ’n GERUIME tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was, 2  het Josua die hele Israel laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en sy opsigters, en vir hulle gesê: Ek is oud, ek is ver op my dae; 3   en julle het self gesien alles wat die HERE julle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry. 4  Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af — met al die nasies wat ek uitgeroei het — tot by die Groot See in die weste. 5   En die HERE julle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem soos die HERE julle God julle beloof het.

6  Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie; 7   dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie; 8   maar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het. 9  Die HERE tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref — niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie. 10  Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het. 11   Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om die HERE julle God lief te hê; 12   want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,

13  weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik wees en ’n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het. 14   En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

15  Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het. 16  As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.

IS DIE GELOFTE DUS BINDEND OP DIE NAGESLAG?

Ek neem as afdoende antwoord op hierdie vraag die standpunt van Pres. M.T. Steyn in ‘n debat waarin diè vraag aan hom gestel is. Ons hoef nie eers verder daaroor te praat nie, het hy gesê,“want wanneer wij de Gelofte niet meer voor bindend houden, dan kunnen wij niet denken om God in duistere dagen aan onze zijde te hebben” En die opkomende geslag, voorsitter, ? Het ek en u nie ook ‘n verpligting, om nie alleen ‘n opkomende geslag te voorsien nie maar ook ‘n lewensruimte te verseker waarin hulle instaat sal wees om ongehinderd hierdie dag te gedenk deur die eer en die roem van oorwinning aan God te gee, sodat Sy Naam verheerlik kan word?   Of voorsien ons nie duistere dae wat vir ons voorlê nie, voorsitter, vriende? Is die verandering van die naam vir hierdie dag na versoeningsdag nie al duister genoeg nie? Die doel is om die inhoud van Geloftedag te verskraal na ‘n gewone vakansiedag sodat daardie mylpaal in ons geskiedenis verlore moet gaan! Deur hierdie oorlog sonder koeëls!!

WAARMEE MOET DIE AFRIKANER VERSOEN?

SO WAT moet ONS VIER? Kom ons kyk wat is versoening en weeg dit op teen die gelofte

Volgens die HAT is versoening om teenstellinge tot niet te maak; die strydige ophef en jou te verenig met iets. of daar vrede mee hê.

As die versoening horisontaal bedoel word, naamlik tussen mense en omdat versoeningsdag deur die regime ingestel is, meer spesifiek tussen blank en swart, kan ek u ’n week lank besig hou met teenstrydighede en teenstellings waarmee geen gelowige vrede kan hê of hom mee kan verenig nie. Wat vanoggend se rede dan aan betref, en elke 16e Desember , sal ek telkens met u oor die plegtige vrywillige belofte aan God en nie oor versoening praat nie.

As dit oor versoening wat die gelofte wil vervang moet gaan, is dit die verraad van Vorster, Botha en die de Klerkregerings waarmee ons ons moet versoen?

Is dit die volgehoue pogings van verloopte Afrikaners wat koers verloor het en ons volk by onderhandelinge met die Regime en sy stelsels wil betrek oor dit wat regmatig ons s’n is, waarmee die Afrikanervolk hom moet versoen, Of is dit die verdraaide teologiese begrippe wat nou van kansels af verkondig word .

Die wanstaltige brugbouery in die skole, op die sportvelde en deur die vermaaklikheidswêreld wat ons blanke vrouens, dogters en seuns openlik onderwerp en blootstel aan onsedelikheid en immoraliteit, moet ons daarmee versoen?

Is dit die meer as seshonderdduisend moorde sedert 1994 of is dit die verkragting van ons vrouens en dogters deur Swart Barbare waarmee ons ons moet versoen?

Wat van die miljarde rande se korrupsie in staatsdepartemente, die gebrek aan verantwoordelikheid, die lui en traak-my-nie-agtigheid van Swart amptenare wat ons ganse land se infrastruktuur laat verval en die gebrek aan dienslewering? Kan ons daarmee versoen?

Vriende,het ons dan totaal die pad byster geraak? Wat se waansin is dit waarmee sommige mense hulle besig hou? Die feit is ons is op ‘n pad van totale selfvernietiging waar ons nog boonop deur die strukturering van die stelsel, ons eie ondergang finansier!   Het ons dan nou totaal waansinnigbgeword?

Die groot vraag is, Sal ons ons eendag hiervoor kan verantwoord?

OORSPRONG VAN 16 DESEMBER

Dit is juis die geskiedkundige en politieke oorsprong van 16 Desember en die onge-ewenaarde vooruitgang daarna, wat die doring in die Afrikanervyandiges se vlees is.   Die feit dat God ons wonderbaarlik tot hulp gekom en verlos het van ‘n Moordende en Barbaarse Swart aanslag wat die doel gehad het om ons uit te wis, plaas juis die aksent op wat nou wéér besig is om met die Afrikanervolk te gebeur!   In terme van Moorddadige Swart Barbaarsheid, het niks verander sedert 1836 nie en kan menige van ons wat daaraan blootgestel was sedert 1994 getuig! Vandaar die benadering om op hierdie dag die gebruik om die Godsdiens en die politiek, wat onlosmaaklik aan mekaar verbind is deur twee voorgangers, ‘n Geestelike voorganger wat die essensie van die politiek verstaan, en ‘n politieke voorganger wat die essensie van die Godsdiens verstaan, te vra om volgens die opdrag van die Gelofte, hierdie geskiedkundige gebeurtenis en die betekenis daarvan weer in herinnering te roep sodat dit en die rigting wat daaruit bepaal kan word, nie verlore sal gaan nie.

Dit was Dr. D.F. Malan wat by geleentheid gesê het: “Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou? Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandend hou?”

Danie Varkevisser