1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4349757

Besoekers aanlyn

Ons het 197 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GRATIS UNIVERSITEITSONDERRIG VIR 80% DRUIPSYFER!

studentfireMet ’n dalende ekonomie, stygende werkloosheid, onbeheerste korrupte praktyke in landsbestuur, is die “fees must fall” aanslag op opvoedkundige instellings, niks anders as nog ’n metode om heenkome te skep vir die toenemende aantal werklose parasiete wat gratis verblyf en inkomste wil afdwing vir die volgende 3 of vier jaar, waarin 80% van hulle in elk geval nie kan slaag in die vakke waarvoor hulle ingeskryf het nie. Onbeheerde voortsetting hiervan stuur op totale vernietiging van alle opvoedkundige instellings af.

Indien Kadalie se aangehaalde syfers korrek is, demonstreer dit nogeens die gevolge van die Swart Meerderheidsregime se onvermoë in beplanning, en begrip vir die gevolge daarvan. In die blankbeheerde onderwysmodel voordat standaarde verlaag, druipsyfers aangepas, onderwyskolleges gesluit en universiteitstoelating skynbaar nie meer ’n beperking het nie, het die sifting reeds by matriek plaasgevind waar universiteitstoelating deur jou punte bepaal is en voorsieningsbehoeftes bereken kon word.

Die huidige toestroming na die universiteite deur ’n kontingent onbevoegde skoolverlaters wat gewoond geraak het om te brand en te vernietig wanneer hulle byvoorbeeld nie slaag nie, is dus onvermydelik en was voorspelbaar! Dr. Verwoerd se benadering om die swartes se onderwys leerplanne op ’n peil aan te bied wat binne hulle begripsvemoë val en teen ’n tempo waartoe hulle die vermoë het om by te bly,was en is beskou as die blanke se metode om die swart ras te onderdruk en te laat agterbly.

’n Engelse stelling wat hier pas is: “This people wanted to be educated beyond their intelligence”. 80% tot 88% druipsyfer staaf dr. Verwoerd se insig en begrip vir die verantwoordelikhede waarvoor hy oplossings moes kry! Oplossings nie tot benadeling van die swart ras nie, maar tot hulle voordeel en opheffing teen ’n tempo waartoe hulle in staat was!

Afwyking van daardie beleid het nie net die blanke student benadeel nie, maar benadeel die ganse Suid-Afrika en word met veragting deur die AVP bejeen!

Daar is steeds net één oplossing! Eie skole, eie universiteite, eie woongebiede. In kort, soewereine onafhanklikheid. Elkeen in sy eie land met sy eie regering, volgens sy eie aard en eie behoefte! Afsonderlike ontwikkeling soos wat Europa besig is om te begin begryp noudat getalle vreemdes hulle aard en identiteit begin bedreig. Die toegewings van de Klerk se NP aan die eise van die Imperiale moondhede was kranksinnig en nie in Suid-Afrika se belang nie!

Kefiloe Masiteng, adjunk-direkteur-generaal van bevolking en sosiale statistiek, het gesê alhoewel die aantal werkendes toegeneem het, het indiensnemingvlakke in die formele sektor met 115 000 op ‘n kwartaallikse basis gedaal. Die grootste afname in indiensneming is in handelbedryf waargeneem.

Volgens sy verslag is 35.8 miljoen Suid-Afrikaners op werkende ouderdom, waarvan slegs 15.5 miljoen wel werk, 5.5 miljoen werkloos is en 14.8 miljoen nie ekonomies aktief is nie. Die meeste werkendes (69.8%) is in die formele sektor in diens geneem, terwyl die kleinste getal (5.8%) in die landbousektor in diens geneem is.

Die hoofredes wat aangevoer is waarkom mense nie aktief werk soek nie, is moedeloosheid (6,7%), voltydse student (16,7%), tuisteskepper (7,2%) en siek of gestremd (4,6%).

Ilze Nieuwoudt, woordvoerder van die nie-winsgewende organisasie Solidariteit Helpende Hand, het gesê die nuutste werkloosheidsyfers is uiters kommerwekkend omdat die omvattende werkloosheidsyfer (36,1%) veel hoër is.

Syfers wat in Die Voorblad van die VF+ verskyn het

SA werkloosheidsyfer styg( DIE VOORBLAD)

Bottom of Form

Details

Geskryf deur Die Redaksie

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer stoomroller vorentoe en staan nou op 25,6 persent. Hierdie toename is hoofsaaklik weens poste wat in die landbou en vervaardigings bedryf verlore gegaan het. Altesame 122 000 méér mense was teen einde Junie werkloos as in die vorige drie maande, wat die aantal werkloses op 4,7 miljoen te staan bring.

Nog 'n kommerwekkende toename is dat die aantal ontmoedigde werksoekers van die eerste tot die tweede kwartaal met 35 000 toegeneem het. In die eerste kwartaal (tot einde Maart) was die werkloosheidskoers 25,2%. In vergelyking met verlede jaar het werkloosheid in die tweede kwartaal met 5,7% gegroei.

Altesame 18 000 poste is in vervaardiging besnoei en 26 000 in landbou. Selfs in die sektor vir gemeenskaps- en maatskaplike dienste – wat die staatsdiens insluit – het 22 000 poste verloor. Konstruksie het egter 62 000 poste geskep en handel 52 000. In die mynbou is 9 000 poste geskep en in vervoer 19 000.

Die Reserwebank verwag dat ekonomiese groei vanjaar kwalik 2% gaan haal – die traagste groei sedert die 2009-resessie. Die land word ingeperk deur trae vraag uit Europa, terwyl inflasie plaaslik verbruikers se sak raak. Meer as 60% van die besteding in die ekonomie word deur verbruikers gedoen. Die regering se teiken is dat 5 miljoen poste teen 2020 geskep word, maar dit sou ’n groeikoers van minstens 5% vereis.

Rhoda KadalieDie tydbom het ontplof

Deur Rhoda Kadalie 26 Oktober 2016 00:00

Almal wat by onderwys betrokke is, weet die tydbom waarop ons al dekades lank sit, het uiteindelik ontplof. Die skokkende basiese en hoër­onderrigstatistieke was ’n klink­klare aanduiding dat iets vroeër of later sou ingee. En dit het.

’n Minderheid betogers vernietig die stelsel van hoër onderwys deur roekelose geweld wat ons nog nie voorheen gesien het nie.

Intussen het regerings- en onderwysleiers geen idee hoe om die probleem op te los nie. Hulle weet, soos ons, dit is ’n diepgaande strukturele probleem. Die oplossing moet op die vlak van vroeë kinderontwikkeling begin, maar basiese volwasse onderrig moet tegelyk gebeur.

Kader Asmal het belowe om laasgenoemde te institusionaliseer, maar het pleks daarvan die stelsel van voor 1994 met die rampspoedige uitkomsgebaseerde onderwys vervang.

Nóg ’n groot fout was die sluiting van onderwys- en beroepskolleges. Die Setas, wat veronderstel was om hul plek te vul, was gegrond op die vals veronderstelling dat die regering en die private sektor die basiese vaardighede kon verskaf wat die ekonomie nodig het.

Die meeste Setas het in hekse­ketels van korrupsie ontaard en die onderwysstelsel was sedert 1994 van begin tot einde op ’n piramide van misleidende ideologieë gegrond.

Hoe gaan ons dit alles ongedaan maak?

Die regering moet by die begin begin, verliese beperk, foute erken en al die hulpbronne tot sy beskikking aanwend om onderwys te rekonstrueer.

’n Deel van die oplossing sal wees om universiteitstudente ooreenkomstig die behoeftes van die ekonomie na beroepsopleiding te kanaliseer. Gemeenskapsdiens moet ’n integrerende deel hiervan uitmaak. Vennootskappe met NGO’s, wat suksesvol met onderwys-tot-indiensnemingsprojekte in byvoorbeeld die boubedryf of op maritieme en seevaartgebied geëksperimenteer het, moet ondersoek word.

Ondanks die astronomiese begroting vir hoër onderwys, kan geen hoëronderwysstelsel ’n 85%-druipsyfer onder swart studente hanteer nie. Voeg jy die R9 miljard vir studentesubsidies by die subsidie van R72 miljard wat aan die 26 universiteite toegewys word, vind ’n tamaai vermorsing van geld plaas in die lig daarvan dat 800 000 swart studente dit nie in 2014 gemaak het nie.

Op nagraadse vlak gaan dit nét so sleg. Die departement se eie syfers dui aan dat die druipsyfer onder MA- en PhD-studente onderskeidelik 80% en 88% is.

Universiteite laat duidelik studente toe wat hulle weet nie kan slaag nie. Dit gee aan studente ’n vals sin van hul vermoëns. Dosente weet voorts meer as die helfte van hul studente gaan uitval en het lankal in die lig van die omvang van die probleem besluit dit is buite die kwessie om individuele aandag aan studente te gee as klasse oorvol is.

Talle studente het reuse-poten­siaal, maar val om die een of ander rede uit. Die storie van ’n swart student aan ’n elite- Suid-Afrikaanse universiteit illustreer dit ten beste.

Haar ouers is albei plaaswerkers en het die belangrikheid van onderwys by haar ingeprent. Sy wou ná matriek medies studeer, maar toe die eerste keer uitgevind matriek is nie ’n outomatiese toegangskaartjie nie. Sy het vir ’n akademiese steunprogram ingeskryf en haar matriekuitslae drasties verbeter.

Daarna het sy vir medies ingeskryf en jaar ná jaar sonder ’n beurs geslaag, totdat sy in haar vyfde jaar die boerpot van ’n beurs losgeslaan het. Die verligting was tasbaar. Vandag is sy ’n dokter.

Wat van dié wat jaar ná jaar aan universiteite druip? Dit is húlle wat niks het om te verloor nie en niks voel vir diegene wat wél baie het om te verloor nie.

Kadalie is ’n menseregte-aktivis.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie