1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4348739

Besoekers aanlyn

Ons het 77 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

‘N VRUGBARE WINGERDSTOK OF NUTTELOSE RANK?

BybelEségiël 15:1-8

“Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout – die wingerdrank wat onder die hout van die bos is? Word daar hout van geneem om vir ‘n stuk werk te gebruik? Of neem ‘n mens daar ‘n pen van om allerhande goed aan op te hang? Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; ...” (:2-4).

Daar is gereeld debatvoering tussen (regsinnige) teoloeë en wetenskaplikes oor verskeie aangeleenthede. Dit is dan opvallend asof wetenskaplikes dit wil laat oorkom asof daar geen “logika” agter die Bybel is nie, maar dat die waarheid daarvan uitsluitlik berus op ‘n geloof in onsigbare dinge. So ‘n siening getuig van mense wat geen kennis van God het nie, want diegene wat Hom waarlik ken, weet dat logika, wysheid en verstand van die wese van God deelvorm. Hy het deur wysheid die aarde gegrond en was die Skepper van wet en orde. “Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.” (Jer. 10:12).

Die Woord leer ons uiteraard om God te ken en sodoende Sy Skepping beter te verstaan. Op hierdie manier is dit vir my moontlik om vas te stel waar ekself in die groter prentjie van Sy Skepping inpas. Wanneer ek myself daarteen verset, is dit asof die ganse Skepping (wat aan God behoort) my vyandiggesind raak. Wanneer ek my in nederigheid aan Sy verordeninge onderwerp, is dit asof die lewenslig vir my helder skyn. Hierdie logika is sekerlik nie te moeilik om te beryp nie?

Dit is egter nie net wetenskaplikes wat nie aldag voor-die-hand-liggende logika kleinkry nie. My eie volk, soos soveel ander volkere, sukkel ook maar gereeld hiermee. Allermins probeer ek te kenne gee dat ek die antwoorde op al ons volk en wêreld se probleme ken, maar een van die kernprobleme in ons bestaan is egter nie so moeilik om te begryp nie. Dit is dat die mens nie voorspoed, vreugde en vrede hier op aarde kan verwag terwyl die Skepper en Koning daarvan teëgegaan word nie. Is dit logies dat ‘n sakeonderneming te gronde sal gaan as die werknemers daarvan die eienaar en bestuur daarvan heeltyd ondermyn en probeer om hom uit sy eie handelsaak te verdryf?

In teenstelling wat vrysinnige teoloeë verkondig, is die realiteit dat daar hier op aarde ook bepaalde grense bestaan wat God self geskep het. Ons as mense veroorsaak geweldige probleme hier wanneer ons daardie grense oorskry, hetsy dit volksgrense of morele en sedelike grense is.

Dit was in Desember 1838 dat manne soos Sarel Celliers en Andries Pretorius moes dink aan die grense van die volk wat op daardie stadium onder hul leierskap opsoek was na ‘n Vaderland. Hulle het met versigtigheid daardie bepaalde deel van ons volk aan God Drie-Enig opgedra in die Gelofte van 16 Desember 1838 waarin ons volk se voortbestaan van Hom afgepleit is. Hierdie leiers was nie seker van waaheen hierdie volk moontlik sou groei nie, maar ten minste het hulle kennis gedra van Wie die besluit hieroor sou neem. Hierdie verstandige handeling van daardie leiers het daartoe aanleiding gegee dat ‘n wingerd (volk) ook op die bodem van Suid-Afrika ingeplant is met ‘n logiese doel om ‘n goeie oes op te lewer en goeie vrug te dra. “En Hy het dit omgespit en die klippe uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.” (Jes. 5:2).

Ons volk het immers beloof dat ons ‘n volk sou wees wat vir God sal leef – m.a.w. dat ons vir Hom vrug sou dra deur ‘n volkslewe wat Sy deugde sal verkondig. Wanneer ons moet vasstel hoe reg ons volk vandag aan hierdie roeping en doel voldoen, moet daar natuurlik ‘n maatstaf wees waarteen die prestasie gemeet kan word. Dit is tog logies dat die onfeilbare Woord van God ons enigste maatstaf moet wees, want die Een wat die verwagte prestasie neerlê, bepaal tog ook hoe die prestasie beoordeel sal word. Die maatstaf in Gal. 6 stel dit vir ons duidelik dat God ons lewens wil sien oorloop van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing om ‘n goeie prestasie te behaal.

Wanneer die volgende kenmerke egter verskyn, weet ons dat ons prestasie nie aan die verwagting voldoen nie en dat daar dringende werk nodig is om die saak reg te stel. Hierdie kenmerke sluit in owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge.

Die logiese redenasie sou natuurlik wees dat die kerke en geestelike leiers hierdie wanprestasies onder ‘n volk sou uitwys en aanspreek, maar ons weet dat die nag vêr gevorder het wanneer selfs die leraars in kerke nie meer die selfbeheersing het om hulself van verderflike lewenshandelinge soos homoseksualiteit te weerhou nie. Dit word daarenteen eerder met allerhande mooipraatjies geregverdig en die kerk ingesleep! Het jy sowaar nie eers die integriteit om ten minste jou ongeregtigheid buite die kerk te gaan bedryf nie, maar volgelinge saam te sleep op jou pad van ongeregtigheid na die verderf?! “Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; woeste golwe van die see wat hul eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.” (Judas:12&13).

Net soos wat ‘n geelhoutboom nie geplant word om daarvan druiwe te pluk of ‘n wingerd aangeplant word om meubels van te maak nie, so kan ‘n volk nie voorspoed verwag wanneer hy sy roeping ontrou is nie. Die omstandighede rondom ons is lewer getuienis van ‘n uiters swak prestasie uit ons volkslewe wat soveel hartseer, ellende en swaarkry tot gevolg het.

Die verantwoordelikheid rus op my en u om te besluit of ons ook ons roeping ontrou gaan wees en aan die wêreld met sy vleeslike begeertes gelykvormig wil raak en of ons onsself hiervan sal afsonder en sal nastreef om vrug op te lewer vir ons Landbouer in die akker van ons lewens. As die vrug van my en u hart en lewe Hom welbehaaglik is, besluit Hy dalk net om steggies hiervan te maak en opnuut aan te plant in hierdie verwoeste wildernis wat voorheen ons pragtige Vaderland geheet het en wie weet waarheen hierdie nuut aangeplante wingerd sal groei solank dit vrugbaar bly? “O God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok; en wees ‘n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het. Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.” (Ps. 80:15-17).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie