1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4315330

Besoekers aanlyn

Ons het 22 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

SO IS ONS VERNEUK!

Prof. Sampie TerreblancheEk het onlangs die boek van professor Sampie Terreblanche, Lost in Transformation: South Africa's Search for a New Future Since 1986 aangekoop. Nie dat ek enige bewondering vir die man het nie; inteendeel. Hy is 'n onrehabiliteerbare liberalis en klaarblyklik sal nie eens die sigbare verval en agteruitgang in hierdie land hom van daardie kwaal kan genees nie. Die boek het in 2012 verskyn en bevat baie belangrike inligting juis omdat Terreblanche van belangrike gebeure kennis dra en selfs deel van daardie stuk geskiedenis was. Opnuut word ook besef hoe die Blanke in die 1992-referendum verneuk is.

Die skrywer merk tereg op dat die uitstaande kenmerk van die tydperk 1994 tot 2012 die intensifisering van die sosiale probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid is. Hierby moet natuurlik gevoeg word geweld, misdaad, onstabiliteit, wanorde en gepaardgaande vrees en onsekerheid. Hy skryf dit toe aan die feit dat Suid-Afrika (en by uitstek die swart ANC-elite) voor die 1994-verkiesing permanent gekoöpteer is as 'n satelliet van die Amerikaanse neo-liberale wêreldryk. Die gevolg daarvan was dat 'n nuwe swart elite geskep is in Suid-Afrika wat hulle aangesluit het by die bestaande wit elite en tot uitsluiting van die res van die bevolking. Hierdie elite werk nou saam met die korporokrasie van die VSA.

Volgens hom is sedert veral 1986 druk uitgeoefen op die NP-regering deur die minerale energie kompleks (met aanhitsing vanuit die VSA en Brittanje) om 'n nuwe bedeling te implimenteer geskoei op die voorskrifte van die Amerikaanse globale ryk. Sowat 40 000 transnasionale maatskappye van die VSA gee wêreldwyd die pas aan en het deur gesamentlike druk daarvoor gesorg dat daar geen beperkings op hulle imperialistiese strewe gestel word nie.

 

Die groot gevaar vir die korporokrasie in 1994 was 'n Nelson Mandela wat sou staan by sy sosialistiese strewes soos ook verwoord in die Freedom Charter. Gevolglik is geen steen onaangeroer geraak om Mandela (en uitgesoekte ANC-leiers) Oppenheimeronmiddellik te betrek by geheime onderhandelinge wat deur Harry Oppenheimer te Little Brenthurt en later ook by die Ontwikkelingsbank gehou is. Inderwaarheid het die eintlike onderhandelinge hier, eerder as by KODESA plaasgevind. Die KODESA-onderhandelinge is uitgerek om die korporokrasie die geleentheid te bied om die ekonomiese model in plek te kry. Nadat dit in plek was, het die NP (snaaks genoeg!) skielik afstand gedoen van sy voorheen "onverbiddeilke" eis vir 'n minderheidsveto en magsdeling. Nou word ook verstaan waarom 'n liggewig soos Roelf Meyer by KODESA was — die res was seker almal by Little Brenthurst!

 

Hierdie swart elite (Mandela en sy trawante) is inderwaarheid omgekoop om die voorskrifte van die korporokrasie te aanvaar. Terreblanche stel prontuit dat alle soorte onheiligheid ("unholiness") daar moes plaasgevind het ten einde Mandela te oorreed om van 'n suiwer sosialistiese strewe te beweeg na 'n uitgangspunt waar die Amerikaanse neo-liberale dogma aanvaar is. Toe die Tussentydse Oorgangsraad wat Suid-Afrika vanaf 1993 tot en met 1994 regeer het, dringend 'n lening van $850 miljoen nodig gehad het, het die IMF (Internasionale Monetêre Fonds) toegesien dat 'n dokument onderteken word wat die ekonomiese beleid van die nuwe Suid-Afrika uitgespel het voordat die lening toegestaan is. Dus, die gepeupel het geen sê hierin gehad nie! So is Suid-Afrika verbind tot die Amerikaanse model van neoliberalisme en markfundamentalisme. Dit het gepaard gegaan met beloftes van investering, hoër groeikoerse, minder werkloosheid en dreigemente dat as die nuwe model nie aanvaar word nie die Suid-Afrikaanse ekonomie ontwrig sou word. Van hierdie beloftes het min, indien enige tereg gekom.

 

Met die aanvaarding van GEAR in 1996 het die ANC finaal gekapituleer voor hierdie Amerikaans-geleide aanslag. Terreblanche stel dit soos volg:

            ...the ANC was deceived on such a massive scale by false prophets who led          South Africa, not to the promised land, but into a desert in which the poorest       part of the population was doomed to live permanently in a systemic condition        of abject poverty.

 

Asemrowende ekonomiese geleenthede is vir die nuwe swart elite geskep om hulle te voeg by die bestaande wit elite; iets wat vir feitlik een en almal van hulle (behalwe moontlik Chris Hani) onweerstaanbaar was. So was BEE (swart ekonomiese bemagtiging) en regstellende aksie maar net nog 'n metode (slenter) (vanuit die wit elite) om aan die swart elite, eerder as die verarmde swart massas geleenthede te bied tot blitsrykdom.

 

Die gevolge van bostaande geheime onderhandelinge (komplot) is vandag vir almal sigbaar. Sowat 14 miljoen hoofsaaklik swartes ontvang maandeliks 'n maatskaplike toelaag. Werkloosheid het toegeneem tot 25% (dalk eerder 33%?) van die bevolking. 50% van die bevolking (waarvan 23,7 miljoen swartes) lewe in armoede en ontvang slegs 7,8% van die land se totale inkomste, terwyl die top 20% sowat 75% van die totale inkomste ontvang. Die swart elite het nou wel aangegroei tot 'n aansienlike 6,3 miljoen.

 

Wat ook besef moet word is dat die "kompromie" wat in 1993 bereik is tussen die ANC-elite en die Amerikaans-geïnspireerde korporokrasie 'n raamwerk daargestel het vir deurlopende konsultasie ten einde gemelde ooreenkoms in stand te hou. Dit verklaar dan ook waarom iemand soos Jacob Zuma verhinder word om sy eie minister van finansies aan te stel. Baie duidelik sal daar elke keer as buite die raamwerk van hierdie magsgroep opgetree word, 'n berekende aanval op die Suid-Afrikaanse ekonomie gemaak word. Duidelik is daar 'n regering agter die regering en is die parlement van Suid-Afrika maar net 'n rubberstempel vir die besluite wat in die eintlike regering (die Amerikaans-geleide korporokrasie) gemaak word. Die aanval op Zuma het baie meer te doen met die feit dat hy sy rug op die VSA-beheerde korporokrasie draai as sy onbevoegdheid en dan veral ook sy voorneme om eerder bande met veral China aan te knoop. Ramaphosa se gewildheid in die geledere van die korporokrasie (en sy rykdom) en sy steun aan hulle minister van finansies, Pravin Gordhan, verklaar ook tot welke mate Ramaphosa deur hierdie kliek omgekoop is.

 

Daar het baie boeke en artikels die afgelope 22 jaar verskyn oor die bedrog van ons huidige sogenaamde demokrasie en nog baie meer oor die verpletterende gevolge van die Amerikaanse ryk soos dit sedert veral die Reagan-jare ontplooi het. John Perkins, skrywer van Confesssions of an Economic Hitman en Hoodwinked wys op die geweldige invloed wat hierdie korporokrasie uitoefen in feitlik elke land van die wêreld.

            Almost no politician gets elected without money that flows through them and       their stockholders. They control the mainstream media, either through direct      ownership or advertising budgets.

 

In die VSA is daar sowat 30 00 betaalde stemmingmakers ("lobbyists") wat betaal word om die openbare mening sodanig te beïnvloed dat die korporokrasie se standpunte en beleid sal seëvier. Om die mees geslepe vrou in die VSA en boonop geestelik siek en fisies bedwelm voor te hou as die ideale president van die magtigste land ter wêreld, getuig van absolute onaantasbare mag en daarteenoor, verstommende oningeligtheid en tragiese onmag.

 

Dit bring mens by die vraag waarom Afrikaners, wat hieroor ingelig is en bewus is van hierdie feite — veral dan oor die regering deur die elite in ons land en die komplot om dit te kon bereik en steeds in stand te hou — daaroor swyg? Die antwoord is tog duidelik dat hulle deel van hierdie elite is en in- en omgekoop is deur die korporokrasie en geen saak het met die armoede en ellende van mede-Afrikaners nie, ondanks pretensies tot die teendeel. Ek laat my nie vertel dat hulle nie bewus is hiervan nie.

 

Met hierdie toedrag van sake sal daar voortgegaan word om lippediens te bewys aan die versugting van die armes en is die saad gesaai vir toenemende spanning, geweld en misdaad in ons land. Aan die ontvangkant is die middelklas wat in die slag sal bly sou hierdie stand van sake voortduur. Dit is die middelklas wat geteiken word deur onteiening en wat hulle sal voeg tot die bedelstand. In die res van Afrika is dit trouens opmerklik om te sien dat daar van 'n middelklas geen sprake is nie, maar wel net van 'n swart elite en 'n bedelstand wat maar te bly is vir elke krummel wat na hulle kant toe gegooi word. Ons is, terwyl baie van ons dit steeds nie wil glo nie, vinnig daarheen op pad.

 

Intussen word ons ure lank vermaak met onsinnighede soos die ''krisis'' in Suid-Afrikaanse rugby, terwyl ons vermoë om weerstand te bied elke dag verder gebreek word. Ons is klaarblyklik meer ontsteld oor gebreinspoelde beginsellose sportmanne wat te veel betaal word om swak rugby aan ons op te dis as oor die uitwissing van ons volk.

 

Mag die Afrikaner tog dringend tot kentering kom want soos gesien word uit die res van Afrika is 'n bedelstand duidelik nie in staat om weerstand te bied teen die onheil van hierdie bose geldmagte nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie