1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4352502

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WEES NIE BEVREES NIE, MAAR VERTROU OP DIE HERE

BybelJesaja 54:14”Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.”

Die angstigheid en vrees in mense se lewens is besig om kenmerkend van ons tyd te word. Hierdie is ‘n sigbare teken van die afwesigheid van God se Gees in die hedendaagse mens se hart, want ‘n hart gevul met vreesagtigheid is nie van die Here nie. “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7.

“Ja, maar ons leef in onsekere tye”, sal u seker met reg kan aanvoer. Daar was seker al meer standvastige lewensomstandighede in die lewe as vandag, maar daar was ook al veel erger tye van groot oorloë en verskriklike swaarkry. God was in al hierdie tye nie afwesig as Beskermer van Sy knegte nie. Ons dink aan die volk Israel wat deur die verskrikking van die Rooi See moes gaan, maar tog deur God se Hand op droë grond daar kon deurtrek. Hierdie volk is vir veertig jaar lank in die woestyn deur God se Hand onderhou en versorg, maar ons moenie vergeet dat hulle die straf van ‘n veertigjarige swerftog oor hulself gebring het deur hul ongeloof en vrees nie.

Ek is seker dat u ook aan lewensomstandighede uit u verlede kan dink waar u oortuig was dat dit neusie-verby is vir u, maar tog wonderbaarlik redding uit daardie moeilike omstandighede ontvang het. U kan sekerlik saam met my getuig hoedat die Here ook in u lewe van kindsbeen af getrou was om u in die lewe te onderhou en te lei. U sal dalk selfs kan bely hoedat die Here by vermoë was om slegte omstandighede wat u deur u eie ongehoorsaamheid aan God se Woord veroorsaak het, weer vir u ten goede te laat meewerk.

Wanneer raak ons diep benoud en onrustig hier op aarde? Is dit nie wanneer ons fokus in die lewe van God afgehaal word en op ons omstandighede of probleme gevestig raak nie? Petrus het daarin geslaag om op water te loop op Jesus se uitnodiging, maar die oomblik toe sy fokus van Jesus na die gevaar rondom Hom verskuif, het sy vrees hom oorweldig. “En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!” (Matt. 14:29&30).

Ons kyk rondom ons en sien hoedat mense hulself uitmergel om die pas van die lewe te probeer volhou. Daar moet so baie dinge in so ‘n kort tydjie gedoen word, want om aan die wêreldse standaarde wat daargestel word te voldoen, is ‘n uitmergelende taak! Dit is vroeg opstaan, laat gaan slaap om te sorg dat daar genoeg tyd is om my kind in die eerstespan van elke sport te kry en finansieël te ondersteun, die luukste motor in die dorp te ry en al die ander dinge te bekom wat uiterlik fraai sal vertoon. Die prys wat vir hierdie uitmergelende lewe betaal word is egter dalk die prysgawe van ‘n persoon se sielevrede wat nie monetêre waarde bereken kan word nie.

Probeer ek dan vanoggend sê dat dit ‘n sonde is om ambisie te hê? Allermins! God het aan ons die voorreg en opdrag gegee om te lewe tot Sy eer en om ‘n blote bestaan te voer en die lewe verby te wens, is ook verkeerd. Ons moet egter ons weide in die lewe uitvind om te verseker dat ons binne die grense sal leef wat God vir ons daargestel het, want ons soeke na “geluk” buite hierdie grense, is niks anders as dwaalweë wat ons in benoudheid bring wanneer ons van God vervreem word nie. “Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.” (Spr. 12:26).

As ons die tyd sal maak om noukeurig in die lewe te kyk, sal ons merk dat God vir elkeen van ons ‘n afgemete deel gegee het. Wanneer ons hierdie afgemete erfdeel verag en gaan soek na ‘n erfdeel wat by my eiesinnige en selfsugtige idees in die wêreld inskakel, moet ons nie verbaas wees wanneer ons verdwaal en verstrengel raak op hierdie weë nie, want God onderneem nêrens om ons op ons dwaalweë in die lewe te vergesel nie.

Wanneer ek egter soek en vra na die weg van die Here vir my lewe, sal ek Hom kan volg na die erfdeel wat Hy vir my berei het. Dit sluit natuurlik my erfdeel hier benede in, maar hierdie lewensweg sal ook uiteindelik lei na die onverganklike erfdeel wat vir my in Sy hemelse koninkryk berei is. As ek sê dat ek God vertrou met my ewige erfdeel, met my sieleheil, is ek ook veronderstel om Hom te vertrou vir die leiding in my verganklike erfdeel hier op aarde.

Dit is wanneer ons na God se wil in die lewe vra, na die erfdeel vra wat Hy vir ons afgemeet het, dat ons ons weide hier op aarde sal uitvind. Ons sal dan kan ophou om rond te dwaal hier op aarde op soek na vrede, na geluk, maar sal eerder tevrede wees met die erfdeel wat Hy vir my afgemeet het en sodoende rus in die lewe vind, soos die Psalmdigter dit so onverbeterlik besrkyf. “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” Ps. 16:6.

Die besef dat God vir my ‘n erfdeel hier op aarde afgemeet het waar ek Hom kan dien en verheerlik, gee sin aan my lewe hier op aarde. Dit laat my besef dat my werk nie maar net iets is wat elke dag deurgeworstel moet word nie, maar dat my arbeid ook tot voordeel van ander is en dat ek God daardeur bly maak. Dit laat my besef dat ek nie soos ‘n deugniet moet probeer om my kinders te beïndruk en ter wille te wees nie omdat ek bang is dat hulle nie van my sal hou nie. Ek besef eerder dat ek die verantwoordelikheid het om my kinders in die weë van die Here te rig en leiding te bied. Ek moet my seun leer om ‘n goeie dienskneg van God te wees, want hy gaan ook dalk eendag deur die Here die verantwoordelikheid van ‘n huis toevertrou word en dan moet hy weet hoe om vir die Here hieraan te werk en te bou. Ek moet my meisiekind leer om haar man onderdanig te wees in sy ywer en werk hier op aarde, want as hy ywerig aan die huis van die Here bou, kan sy hom van soveel hulp wees soos wat God dit van die Skepping af bedoel het!

Hoe bevoorreg is gelowiges nie om ook die geleentheid te hê om hier op aarde in die huis (koninkryk) van die Here werksaam te wees nie? As ons ons erfdeel gevind het in die huis van ons Vader is ons dankbaar daarvoor dat ons Hom ywerig en in gehoorsaamheid kan dien. Ons sal dan nie alewig in eiesinnigheid na dwaalweë wil soek in die lewe nie, maar eerder sal ons besadig wees met ons vredevolle erfdeel. “…en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.” (Ps. 23:6). Daar sal vir my geen beter plek wees as die erfdeel, die huis, wat die Here vir my afgemeet het nie. Dit is waar ek leiding sal vind, hier sal ek skuiling vind in tye van benoudheid, hier sal ek juig in tye van voorspoed en hier sal ek vrede en rus vind, omdat dit my afgemete deel is as dienskneg en kind in die huis van my Vader. “…Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.” (Jer. 54:17).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie